Modise-raadgewer ontken boere bied hulp aan

Foto: eNuus

Foto: eNuus

Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se politieke raadgewer ontken dat boere in Noordwes Modise met haar boerdery probleme wou help, berig Rapport.

Bejani Chauke ontken verder dat enigiemand hom oor ‘n krisis op die plaas gewaarsku het.

Chauke het reageer op Boeta du Toit, uitvoerende bestuurder van Agri Noordwes, se uitlatings dat Modise tydens ‘n vergadering gesê het dit gaan nie goed op haar plaas nie.

Die plaas Modderfontein is naby Potchefstroom. Modise was toe nog premier van Noordwes.

Du Toit het aan Rapport gesê hy het Chauke in verbinding gesit met Meadow Feeds, ‘n maatskappy wat voer verskaf.

Ferdi van Aswegen van Meadow Feeds is op 6 November 2013 na die plaas om die situasie te evalueer en vyf ton voer, wat Chauke bestel het, af te lewer.

Van Aswegen sê wat hy gesien het was “hartseer” en “skokkend” en dat ‘n plaaswerker aan hom gesê het die diere is twee weke laas gevoer. Van Aswegen het hierna vir Chauke gekontak.

“Ek het hom laat weet om vinnig nog voer te bestel aangesien dit slegs ‘n week of twee sou hou.”

Naudé Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri Noordwes, het aan Rapport gesê: “Ons het regtig die ekstra myl gestap om haar te probeer help.” – Sapa

Lees ook:
Werker vertel van laaste dae op Modise se plaas
ANC sê oor Modise se plaas
Video: ‘Ergste geval van dieremishandeling in 20 jaar’
‘Modise moet van dieremishandeling aangekla word’
Varke verhonger, vreet glo mekaar op Modise se plaas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

vuilbaard ·

TIPIES!! Nou is dit die (wit) boere om haar se skuld dat die diere dood is!
Chauke ou perd, jou stelling is ‘n laakbare “cheap trick” van jou kant en doen jy daarmee NOG meer skade aan jou beroep.

Fritz ·

Die Bybel se hoe jy jou diere behanldel spreek van die tipe mense wat jy is en jou verhouding tot God.

Jasper ·

Moenie jou pêrels voor die swyne gooi, sodat hulle dit vertrap en omdraai om jou te verskeur nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Natuurlik sal hy dit ontken dat die wit boere wou help want hulle onkunde om te boer het mos nou op die lappe gekom. Dit verbaas my dat Modise nog die vermetelheid sou he om vir haar kerel n plaas met Landbankgeld te koop.Sy moet nooit weer toegelaat word om n plaasdier te besit nie.Boerdery verg bestuur en monitering want alles spring nie net vanself in plek in nie.

Canned Phantom ·

Of die Boere aangebied het om te help of nie, sy moes van beter geweet het om die diere te versorg. Jy het nie eers skoolopleiding nodig om te weet dat alles wat leef moet kan eet en drink nie. Pleinweg net slegtigheid. Gee kans, êrens gaan apartheid weer die skuld kry.

Eben ·

Chauke ek glo jy is seker net verkeerd aangehaal via media. Moenie lieg nie wat dit gaan in jou gesig ontplof nie dat dit regtig saam maak nie. Dis so jaamer oor al die ontkenning …. praat die waarheid so eenvoudig en erken dat julle gefouteer het en dit sal reggestel word. Maggies man dan was al die media berigte klaar en vergete nou bly julle lieg en dit word net aangegee na die volgende persoon(e).

Modise se jy ons die waarheid is dit so? Hierdie gaan in jou gesig ontplof en hoe kyk jy die mense in die oge by NRP vergadering offfff maak dit nie saak dis die wit boer se skuld!

Elizabeth ·

Sy het nie geweet haar diere ly nie; sy het nie gesê sy het meer skade gely as wat die diere moes ly nie; sy het nie hulp van enigiemand gekry nie; sy het nie… sy het nie… sy het nie….Dis swaar as mens in ontkenning lewe. Daar is ‘n Hoër Hand wat alles sien en jy sal nie eendag kan lieg en apartheid/wit mense/die wind/jou onkunde/die stand van sake in Iran/die bevolkingsontploffing in Indië of watookal die skuld kan gee vir jou dieremishandeling nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.