Modise se broer se plaas word dalk óók ondersoek

Foto: eNuus

Foto: eNuus

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Maandag glo ʼn hofbevel bekom om Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se broer se plaas te ondersoek ná bewerings van diereverwaarlosing ook by sy plaas aangemeld is.

Beeld het Dinsdag berig dat die DBV Modise se broer, wat nie sy voornaam aan die dagblad wou verskaf nie, se plaas buite Vryburg in Noordwes wil besoek. Die DBV reageer glo op gerugte dat daar nie genoeg kos vir al die diere is nie, en dat sommiges reeds gevrek het.

Hy het aan die koerant gesê hy is net bewus van twee varke wat op sy plaas gevrek het. Hy het gesê een het gevrek weens gal en die ander nadat ‘n hond dit gebyt het.

Christine Kuch, die woordvoerder van die NDBV, kon Dinsdag egter nie bevestig of die organisasie die hofbevel bekom het nie. “Hier is tans nie iemand van ons plaasdiere-eenheid beskikbaar nie,” het sy aan die nuusagentskap Sapa gesê.

Modise is die afgelope twee weke in die spervuur nadat die polisie en DBV voorverlede Saterdag haar multi-miljoenrandse plaas Modderfontein naby Potchefstroom besoek het. Die Sunday Independent het berig dat varke glo besig was om te verhonger en mekaar te vreet. Die oorblywende 85 varke op die plaas het 58 gevrekte varke begin vreet en het glo hul eie urine gedrink. Skape, ganse, bokke en eende het ook op die plaas gevrek.

Die diere was glo moontlik al langer as twee weke sonder kos. Daar was geen plaasarbeiders of elektrisiteit op die plaas nie en die waterpompe was gebreek.

Die DBV het toe gesê hy sal kriminele aanklagtes aanhangig maak teen die wat vir die verwaarlosing verantwoordelik is. – SAPA

Lees ook:
Modise-raadgewer ontken boere bied hulp aan
Werker vertel van laaste dae op Modise se plaas
ANC sê oor Modise se plaas
Video: ‘Ergste geval van dieremishandeling in 20 jaar’
‘Modise moet van dieremishandeling aangekla word’
Varke verhonger, vreet glo mekaar op Modise se plaas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

En as daai hond wat die vark gebyt het, hondsdolheid het, wat dan?

Net ‘n doodgewone vraag, dis al…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.