Modise vergader glo met polisie oor plaas

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, wou nie Sondag kommentaar lewer op berigte dat sy die week met die polisie sal vergader oor haar plaas in Noordwes nie.

“Ek wil nie kommentaar lewer nie,” het Modise gesê in reaksie op ʼn berig in die Sunday Times. Volgens die koerant het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê Modise “werk al van dag een af saam ons”.

Volgens Ngubane sou daar in Julie ʼn vergadering plaasvind maar verstaan die polisie “die aard van haar werk en besigheid”.

Die polisie en Nasionale Dierebeskermingsvereniging het in Julie ʼn klopjag op Modise se plaas Modderfontein naby Potchefstroom uitgevoer. Talle diere op die plaas het reeds gevrek en die DBV het baie van die diere van kant gemaak. Die diere was glo langer as ʼn week sonder kos en water.

Ngubane het Sondag gesê die polisie wag nog vir Modise se weergawe van die gebeure. Modise sal glo na Potchefstroom reis om met die polisie te vergader.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aan die Sunday Times gesê dat dit nog onseker is oor of Modise aangekla gaan word. Die DBV het Vrydag gesê toestande op die plaas het aansienlik verbeter.

Klik hier vir vorige berigte oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Grassie ·

Ek het van die begin af gesê dat daardie minister nie aangekla sal word nie, maar skotvry anderkant sal uitstap. Die diere het onder haglike en wrede omstandighede van honger en dors gevrek. Die varke het aan die karkasse van die dooie varke gevreet om te probeer oorleef, maar dit is seker maar Afrika-standaarde. Dan wil die regering nog die wit boere van die plase afboender en met swart sg. “boere” vervang. Laat ek liewers ophou praat – wat ek verder te sê het sal nie geplaas word nie.

Gideon Erasmus ·

DBV ek sal hierdie saak baie goed dophou en ook uitslae volg. Indien die DBV hierdie misdaad oor die hoof sien en nie vervolg, moet julle weet was dit die allerlaaste keer wat rk ooit my hand oopgemaak het vir julle organisasie.
Ek sal defnitief my skenkings aanwend op ander maniere en ek glo ek staan nie alleen!

Drieks ·

Ja Gideon, ons geskok. Hoekom was daar nie saak oop gemaak.

selfbeskikking ·

Sy is in die zuma kamp en van alle blaam onthef soos met Nkandla, bo die wet verhewe, maak nie saak wie wat se nie, dit sal uitgegooi word.

moegoe ·

Modise verkoop jou plaas- jy is i besige vrou wat min gepla is oor jou diere en net aan jouself dink en die STAATS beursie. As die DBV wil vervolg soek iemand anders wat net een Hond het. Thandi is ZUMA ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.