‘Moeder van Rooibos’ en Annique-pionier sterf

Dr. Annique Theron. Foto: Facebook via Annique

Dr. Annique Theron. Foto: Facebook via Annique

Die stigterslid van Annique velsorgprodukte, dr. Annique Theron, is Sondag in die vroeë oggendure in die ouderdom van 86 oorlede ná ʼn kort siekbed.

Theron, ook bekend as die Moeder van Rooibos, is vreedsaam in haar slaap oorlede ná die siekbed weens natuurlike oorsake en die hoë ouderdom wat sy bereik het. Sy was omring deur familie.

Theron het Annique in die sewentigerjare as ʼn velsorgproduktemaatskappy gestig om mense in nood met rooibosprodukte te help. Haar onderneming het gou begin floreer en in 1976 het sy die eerste Annique-velsorgprodukte bekendgestel. Teen 2010 het die Annique-familieonderneming ʼn wye verskeidenheid van meer as 200 verskillende produkte aan vroue, mans en babas deur 20 000 konsultante wêreldwyd verskaf.

Haar kinders, Henk, Marius, Suzette en Lorinda, het in ʼn verklaring gesê Theron was in alle aspekte van haar lewe ʼn passievolle vrou. “In haar openbare lewe was dr. Theron bekend as ʼn pionier en briljante en suksesvolle sakevrou. In haar privaat lewe, het sy haar familie, vriende en medewerkers gekoester. Ons is dankbaar vir die ondersteuning en goeie wense van almal wat ons gevoelens vir dr. Theron deel. Ons weet dat baie van julle haar afsterwe saam met ons sal betreur.”

Theron word oorleef deur vier kinders en sewe kleinkinders. Haar man, Hendrik Meiring Theron, is reeds in 1990 oorlede.

Theron, bekend vir die ontdekking van die voordele van die Suid-Afrikaanse inheemse rooibosplant, sal altyd onthou word vir haar pionierswerk.

Ernest du Toit, wat in 2010 die Annique-onderneming gekoop het, het gesê Theron het ʼn groot nalatenskap en laat ʼn leemte in baie mense se lewens. “Ek sal dr. Theron as ʼn gedugte sakevrou onthou, wie se lewenswerk die lewens van duisende mense verander het. Hoewel die afsterwe van dr. Theron ʼn groot leemte laat in die lewens van haar familie, Annique-konsultante, vriende, medewerkers en die werknemers van die Annique Health and Beauty-maatskappy, laat sy ook ʼn enorme nalatenskap agter wat nog deur die lewens van baie generasies sal eggo en hul lewens verander vir ʼn baie lang tyd,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

REGVERDIG ·

Aaaauuuuwww!!!! dis so jammer.. Nog altyd haar produkte gebruik. Fantasie
RIP my tannie. Innige simpatie vir die familie.

DPJ ·

Dat so ‘n sakevrou na dit wat sy aterlaat nou moes sterwe is hartseer. Innege empatie met haar familie en vriende. Sy het ons vooruit gegaan maar haar nagedagtes lewe voort in die produkte.

Gesiggie ·

Met passie het sy haar lewe gelei, en haar doelwit bereik. Haar produkte was Uniek. en sal vir jare wat kom nogsteeds verkoop word.. RIP Dr: Annique…. Sterkte aan die Familie.

Andrea ·

Nee Maroela Media.
Julle skryf nou dubbelsinnig.
In die eerste paragraaf skryf julle dat die Dokter ‘Sondag in die oggend ure’ oorlede is
In die tweede paragraaf skryf julle dat sy die ‘Sondagaand’ oorlede is????

Landi Slatter ·

Dagsê Andrea,

Dankie vir jou navraag.Ons vra om verskoning en het die berig gewysig.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.