Moeilike begin vir Mkhwebane in hof oor amp

Die Opbenbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto:
Phando Jikelo/ANA)

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, hoop waarskynlik Donderdag verloop beter vir haar in die Wes-Kaapse hooggeregshof nadat haar regspan Woensdag swaar geleef het voor ʼn volbank regters.

Regters Vincent Saldanha, Monde Samela en Elize Steyn het soms geïrriteerd voorgekom met die regsargumente van Mkhwebane se regspan – by name adv. Dali Mpofu – in ʼn redelik ingewikkelde hofaansoek bestaande uit twee dele.

Eerstens probeer die Openbare Beskermer ʼn onmiddellike interdik verkry teen die huidige parlementêre ondersoek oor of sy van haar amp onthef moet word. Tweedens probeer sy die parlementêre reëls waarbinne daardie ondersoek plaasvind, ongrondwetlik verklaar.

Woensdag se verrigtinge het net oor die interdik gehandel. Mpofu het aangevoer ʼn vendetta word teen Mkhwebane gevoer deur die DA en dat die speaker van die Nasionale Vergadering (Thandi Modise van die ANC) kop in een mus is met die DA.

Hy het verder gesê dat Mkhwebane eers haar saak moes kon stel voordat die ondersoek teen haar kon plaasvind, dat die Openbare Beskermer nie in kennis gestel is van die klagtes teen haar nie, dat die klagtes nie retrospektief van toepassing kan wees nie (dus toepaslik op haar gedrag voor die aanvaarding van die parlementêre prosesreëls op 3 Desember verlede jaar nie) en dat die reëls soortgelyk is aan apartheidswetgewing.

Mpofu voer ook aan dat die talryke hofbevindings teen Mkhwebane nie teen haar gebruik kan word nie, en dat enigiemand wat haar al voorheen in die openbaar gekritiseer het, nie deel kan hê aan die parlementêre proses nie.

Die regters was soms op die oog af redelik uitgekuier met Mpofu se argumente. Hulle het byvoorbeeld korte mette gemaak met sy apartheidvergelykings. Hulle het ook gevra waarom Mkhwebane se hofstukke onvolledig is en waarom Mpofu nie die hofbevindings teen haar behoorlik verreken in sy argumente nie.

Die saak duur Donderdag voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

‘n Popo vir my Dali…

JohanR

Is adv. Dali Mpofu die hoof advokaat in ELKE hof saak in Suid Afrika? Of dink almal maar net hy is die beste? Kan rerig nie dink aan hofsake wat hy al ooit gewen het nie, maar hy word weer en weer aangestel…. van NDZ tot Mkhwebane. Miskien omdat hy hier, daar en everywhere is, kan die rede wees waarom hy partykeer in die hof voorkom as onvoorbereid?

koos10

Dali Mpofu, jy bewys weereens hoekom jy by die EFF aangesluit het. Jou uitsig op SA is deurspek met rassistiese vooroordele. Gaan doen asb weer somme, die DA is in die minderheid in die parlement, dus moet hulle baie goeie invloed hê om die ANC lede teen haar te laat stem.

Sarel

Sy het dus nie veel van ‘n saak nie.

Excalibur

Eish! My Gabba; daai “kite’ van Oom Zuma se ANC… mmm…aikona, sy willie vlieg nie…en ou Tjomma, my Bra…daai Avo Auntie is net so glad & slap soos Capetown papsnoek & gister se Argus slapchips; nicely in haar fashionrokkie toegerol. Draai vir ons nog ‘n zol terwyl ons haar uitcheck hoe sy daai lippe gaan rol voor daai judges haar lat hol….Kwai Broertjie!