Moeilike vrae vir Barry Roux in Oscar-appèlsaak

Barry Roux Foto: Kevin Sutherland/Times Media Group/Pool (SAPA)

Barry Roux Foto: Kevin Sutherland/Times Media Group/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius se regspan moes Dinsdag in die appèlhof in Bloemfontein talle moeilike vrae van die vyf regters beantwoord in die staat se appèlsaak teen Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag.

Pistorius is verlede jaar in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan strafbare manslag nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013 doodgeskiet het. Die staat het kort daarna gesê hy sal teen die skuldigbevinding appelleer en vra dat die voormalige Paralimpiese atleet aan moord skuldig bevind word.

Gerrie Nel, die staatsaanklaer, het Dinsdagoggend gesê die saak is ʼn duidelike geval van moord. Volgens Nel het Pistorius baie goed geweet wie in die badkamer van sy huis in Pretoria-Oos was toe hy vier skote na die deur afgevuur en Steenkamp doodgeskiet het. Nel het gesê Pistorius kon voorsien dat die persoon agter die deur doodgeskiet sou word en dat hy bedoel het om die persoon in die badkamer dood te skiet, ongeag of hy geweet het dat dit Steenkamp was.

Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, het gesê hy sal elke standpunt van die staat verkeerd bewys. Roux het gesê die hooggeregshof het geen bewyse uitgesluit soos Nel beweer nie en dat regter Thokozile Masipa elke aspek van die saak in ag geneem het.

Roux het ook gesê verskeie getuies het sy kliënt se weergawe van die gebeure gestaaf – van bure wat Pistorius daardie aand hoor skree het, tot mense wat kort ná die voorval op die toneel was. “Dit is onregverdig om te sê die hof het bewyse geïgnoreer,” het Roux gesê. Nel het vroeër gesê as Masipa al die staatsgetuies se getuienis in ag geneem het, sou dit Pistorius se weergawe van gebeure totaal onmoontlik gemaak het.

Regter Stephen Majiedt het Roux uitgevra oor die bewering dat die hof die ondersoekbeampte se getuienis geïgnoreer het. Volgens Roux het die beampte, Chris Mangena, se rekonstruksie van die misdaadtoneel verskeie van die staat se stellings uitgeskakel, wat insluit dat Pistorius op sy stompies was toe hy die skote afgevuur het.

Volgens Majiedt was Mangena se getuienis belangrik omdat dit bewys het dat die persoon in die badkamer naby aan die deur was en regop gestaan het, in teenstelling met die verdediging se weergawe dat Steenkamp besig was om die toilet te gebruik toe sy geskiet is.

Majiedt het ook gesê dit bewys Pistorius het gekies om koeëls te gebruik wat erge skade aan die menslike liggaam sal aanrig.

Roux het erken dat Steenkamp nie deur ʼn muur beskerm was soos sy sou wees as sy die toilet gebruik het nie. Hy het egter gesê dit maak geen verskil aan die wetlike aspekte wat tydens Dinsdag se verrigtinge bespreek is nie.

Roux het in antwoord op ʼn vraag van regter Eric Leach gesê hy kan nie ontken dit sou moontlik wees dat iemand doodgeskiet sou word indien vier skote in ʼn klein spasie op hulle afgevuur word nie. Hy het daarna na Kanadese regspraak verwys oor die argumentering van die wet teenoor feite, wat beteken dat die staat slegs die toepassing van die wet kon bevraagteken.

Leach het aan Roux gevra of Pistorius se bedoeling toe hy geskiet het sou verskil het as hy geweet het wie agter die toe deur was. “Die kwessie hier is of [Pistorius] kon voorsien wat die gevolg van sy aksies sou wees,” het Leach gesê. “Daar was geen bedoeling om onwettig op te tree nie,” het Roux gesê. “Dit was [regter Masipa] se benadering.”

Roux het gesê indien die hof met die staat se appel wou saamstem, sou dit feitelike bevindings deur Masipa moet uitskakel. Hy het ook gevra of Pistorius dan nie twee keer vir dieselfde oortreding skuldig bevind sou word indien die hof Masipa se uitspraak sou verander nie. Roux het weereens daarna verwys dat Pistorius albei sy bene verloor het en gesê dit is onregverdig om na die situasie te kyk “vanuit die perspektief van iemand wat daar staan met twee bene”.

Die vyf regters het hul uitspraak voorbehou en sal dit na verwagting binne die volgende paar weke lewer. Indien die staat suksesvol is in hul appèl, sal Pistorius ʼn minimumvonnis van 15 jaar tronkstraf kan kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

irene ·

Hy moet sit hy is a moordenaar het geen simpatie vir hom nie het a jong vroumens ontneem van haar lewe

Rina van Vuuren ·

En wat van al die swart mense wat soveel wit plaasboere en hul eie kleurvel dood maak en hul kom niks oor nie

Susan ·

En wat van die polisie wat die man dood geskiet het sonder dat hy ‘n wapen in sy hand gehad het? Een is reeds uir op R5000 borg. Oscar se bortog was R1000000.00.

Johan ·

Se maar net hy het regtig n fout gemaak en nie bedoel om sy geliefde te dood nie. Kan jy jou in sy posisie indink?

Streicher ·

Andries. Jy vra wat het ras met die saak te doen? Ek lees elders dat die ANC vroueliga by die hof teenwoordig was. Nou vra ek jou, waar is hulle as daar bejaarde vroue op plase gemartel en vermoor word? Dink jy hulle sou daar gwees het as die beskuldigde “iemand” anders was?

BUSFARK VAN PLETSEN ·

NEE Hy gaan nie sit nie en hy is nie skildig nie aan moord nie

susan ·

Ek dink ook hy is nie skuldig aan moord nie. Ek glo hy het regitg gedink hulle is in gevaar.

Bart ·

Hulle moet nou die saak LOS! Mors die regering nie al genoeg van die belasting betaler se geld nie? Dit terwyl daar tonne misdadigers rondloop wat heeldag roof en moor!

Piet ·

Volle vertroue dat die regters vir Pistorius aan moord skuldig sal vind.
Soos dit reeds gedoen moes gewees het.

Joe ·

Ek stem saam met jou …. Oscar is BESLIS NIE ONSKULDIG NIE …… Gerrie Nel weet beslis wat hy doen …..

Lewies ·

Stem saam Paul hy moet sit. ‘n Mens kan nie wil links en regs snellers trek en dan agterna kom en sê……ek was bang…. en dit terwyl die persoon aan die anderkant van die deur weg gekruip het ook van bang en angs.

Ernest ·

SKANDALIG……….ek as gewone burger het aanvaar dat die Regsmense van S A die beste Regter sou aanstel om ‘n verhoor te hanteer wat byna enig in sy soort, wereldwyd op TV lewendig gebeeldsend was. Nou trek hulle haar beslissing in twyfel……wat moet die wereld hiervan dink…????? Hierdie land is besig om my skaam te maak om ‘n burger van te wees…..SKANDALIG……

vermeende ·

Kom ek vertel julle wat gebeur gisteraand met my. ek staan in die oggend ure op om toilet toe te gaan en toe ek klaar is hoor ek my vrou in die gang afkom ook toilet toe. Ons loop mekaar in die deur raak en sy skrik en skree, begin klap en baklei. Sy het uit die bed opgestaan nie nie gesien ek is nie daar nie, net bly ons het nie vuurwapens in die huis nie!!

En dit is hoe maklik dit gebeur.

Poplap ·

Haai siestog
Wat is dit wat so maklik kan gebeur ou grote?

Joan ·

Baie dankie vir dié kommentaar. Dié wat so oordeel, was sekerlik nog nie in so ‘n uiters stresvolle situasie nie – en dalk ook nie gestrem nie. Indien jy nie die verstandelike vermoeë het om die basiese naaste liefde-aksie van jouself in iemand anders se skoene te plaas nie, kan ek maar net vir jou sê: Hoop God sal jou eendag genadig wees. Ja, as dit my kind was wat doodgeskiet is, sou ek ook haat gevoel het, dis menslik. God weet wat in hierdie situasie reg sal wees en ek glo dat Hy dit sal laat geskied.

Willem ·

Dit is twee heeltemal verskillende situasies. Die een is waar jy jou uit jou bloedgroep skrik en reageer en die ander is waar jy ‘n besliste besluit neem om met ‘n vuurwapem verskeie skote deur ‘n deur te skiet terwyl die persoon daar binne (maak nie saak wie nie) hom/haarself nie kan verdedig nie.

Lorna ·

O ja al julle grootbekke oor Oscar ek sal julle graag in sy omstandighede wou gesien het met N inbreker (soos Oscar vermoed het) in jul huis dammit jul bly in SA dammit kom by hy gaan die res van sy lewe daarmee saam lewe los hom hy was en is my hero en so sal hy voor ons GOD sy saak stel Sterkte aan Oscar en sy span

Eish! ·

Ai shame Lorna, so hoop ek dat alle moordenaars geen skuldigbevinding op aarde sal kry nie. Nee wat, hul mag moor en doodmaak soos hul wil. Alle kleure, rasse en geslagte. Want hul sal in die hiernamaals hul straf kry. Hoop nie jy is volgende om jouself te verdedig teen ‘n moordenaar nie.

Streicher ·

Ai Susan. Ek het by n vorige geleentheid vir jou gese ons prt weer na die 3de November. Ek kan verstaan dat jy n fan van Oscar is. Moet net nie die feite oorsien nie, indien jy die nuus volg sal jy sien dat hy rede tot kommer het. Persoonlik het ek niks teen die man nie, ek ken hom nie. Hierdie saak kan gesien word as n oorwinning vir vroue in die land, wat maar te gereeld onder mans se humeure deurloop. Ons gesels weer na die uitslag.

Eish! ·

Susan, en jy reken om op ‘n 2de vloer deur ‘n venster in te klim is makliker as op die grondvloer? Seer sekerlik was jy nog nie in die hande van DIE tipe man nie. En oenie se ek sal nie…………….mens weet nooit waar jy eindig nie.

Steven ·

Almal praat en praat oor hierdie saak, as julle net logies dink sal julle agterkom dat die arme ou Oscar vir Reeva koelbloedig doodgeskiet het, GEEN twyvel daaraan nie, hy moet hang aan sy stompies tot hy daarmee heen is, as hy wel op straat gesien gaan word wag daar moeilike tye vir hom!!

Joe ·

Oscar Pistorius moet terug waar hy hoort .. het GEEN simpatie met hom nie ….. Gerrie Nel , jy is ‘n DORING …. Oscar moet maar erken hy was verkeerd & eerder die waarheid vertel , net so het hy sy regspan mislei met leuens & weerspreek himself . Oscar is ook geensins bo die tronk of wet verhewe nie ……..hy MOET sy straf vat soos enige misdadiger …..

Eish! ·

Se nou maar hy het nie gesien sy girl is op en uit die bed nie. Se nou maar hy het regtig gedink dit is ‘n inbreker? Wel dan is hy nog dommer as wat ek gedink het. Geen dief sluit homself toe in die badkamer nie. Nee ou die dief sal langs jou bed, gestaan het en jou verras het. En as hy deur ‘n venster die huis wou betree, sou hy seer sekerlik die onderste vewrdiepings se vensters eerste geprobeer het. Rerig??????????????? Jammer diegene wat reken hy is onskuldig, was nognie deur ‘n dronk man getreister, gedreig en beledig nie, was nog nooit in die situasie om self ‘n dogter te he nie en as jy een het…………….dink net sy word ook groot en kan ook in so ‘n tipe man se kloue beland!

Eish! ·

Ten minste doen Gerrie sy werk ordentlik met die nodige erns. Glo nie geld kan hom omkoop nie. Dankie Gerrie dat jy vir regverdigheid baklei. Buite is baie vrouens wat moeg is om deur ‘n man geboelie te word en dan nog wegkom ook met wat hy gedoen het.

Hettie ·

Hy is defentief moordenaar – hy het sy meisie doodgeskiet! Wys duidelik. Hy moet erken hy het haar doodgeskiet! Dis jammer hy het al sy geld verloor want baie betaal vir hof, ens! Sterkte!

neelsie ·

Dankie Gerrie Nel vir regverdigheid.
Oscar is bedorwe en arrogant. Sy humeurtjie het hom ingehaal!

Angel ·

Ek het een vraag, hoekom was die waarksuwings skoot nie afgevuur soos wat vereis word nie? Ek stem ook saam met baie ander Oscar moet langer sit, en ook geen dief of inbreker sluit hulle self toe in n toilet nie, hulle breek juis in om te steel of ander goed te doen nie om hulle self toe te sluit in die badkamer nie asook verkry hulle toegang op die maklikste plek moontlik, wat die minste geraas maak.Die ander ding ook is,die badkamer deur was toe en gesluit, wat hom tyd gegee het om weg te kom en hulp te ontbied indien hy regtig geglo het sy lewe was ingevaar.

FJD ·

Ek sien die mensdom sanik nog steeds oor dieselfde storie met dieselfde rympies oor en oor!!!! As daar oor elke moord, roof en aanranding in die land so tekere gegaan word dink ek was ons seker al in ‘n land waar niks sulke dinge meer gebeur het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.