Moeilikheid wink oor grondonteiening

(Argieffoto: Morné van Rooyen)

Die senior ANC-LP en voorsitter van die parlement se ad hoc-komitee oor die verandering van art. 25 van die Grondwet is kniediep in die moeilikheid oor die werk van die komitee.

In ʼn buitegewone stap het die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), Thandi Modise, besluit om dr. Mathole Motshekga in te roep en by die komitee in te gryp nadat die hoofsweep van die VF Plus, dr. Corné Mulder, aangevoer het vals inligting word aan die parlement se programkomitee verskaf oor die komitee se vordering.

Dit is die eerste keer in baie jare dat ʼn speaker ʼn komiteevoorsitter inroep oor die beweerde verskaffing van vals inligting. Die inligting handel oor die komitee se vordering en hoe gereeld die komitee byeenkom.

Tydens Donderdagoggend se vergadering van die programkomitee, waarvan een van die pligte is om te sorg dat die parlement se werk na wense vorder, het dit geblyk die hoofswepe van verskeie partye – waaronder die ANC – het probleme met hoe die ad hoc-komitee funksioneer.

Nadat die komitee maande lank niks gedoen het nie, word daar nou skielik gejaag om die grondwetlike amendement te voltooi. Dit lyk trouens nou asof die mandaat-tydperk van die komitee weer verleng gaan moet word. Die speaker wil eers met Motshekga vergader voordat só ʼn mosie aan die NV gestel word.

Daar was ook ʼn paar ander belangwekkende besluite tydens Donderdag se vergadering van die programkomitee.

Die wyd gekritiseerde aanstelling van die nuwe lede van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) deur die parlement word ernstig heroorweeg en gaan heel moontlik oorgedoen word.

Die Wetsontwerp op die Mediese Gebruik van Dagga sal volgende jaar afgehandel word, soos ook die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg, die Wysigingswetsontwerp op Gesinsgeweld, die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Kunstenaars en die openbare voorleggings oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kokerboom ·

Het die ANC al OOIT iets in die afgelope 26 jaar suksesvol deurgevoer en afgehandel????

Deon ·

Dis iets waarop ek hoop, dat hulle hul afrika tyd gebruik en die die grond onteiening kom nooit tot vrug nie

Tsek! ·

Uhm ja…..hulle het alles suksesvol laat agteruit gaan – hello!

Dup ·

As hulle eers begin met “Madam Chair”,of “Honorable Program Director”, dan moet jy weet die komitee gaan laat klaarmaak…..Ure van eindelose gebrabbel en cliches en daar word niks bereik nie.

Tsek! ·

Ag hulle is so belangrik dis eintlik belaglik – doen net jou werk sonder die titel man!

Chris ·

Weet hulle rerig hoe om die Grondwet ye verander? Smaak my nie so nie ….

Carel Johannes ·

Ai mense, dit is nie eens nodig om die grondwet te wysig t.o.v. onteiening sonder vergoeding. Die modus operandi behels, vermoor eers die eienaars as vergoeding en vat dan sommer die grond vir jouself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.