Moenie ANC-beleid op Twitter bespreek nie, sê Zuma vir Mbalula

Oudpresident Jacob Zuma (Foto: Jacob Zuma/Twitter)

Oudpresident Jacob Zuma het Sondag die sosialemediaplatform Twitter gebruik om terug te kap na die ANC-verkiesingshoof Fikile Mbalula.

Dit volg 13 uur ná die voormalige polisieminister vrae gerig het aan Zuma op dieselfde platform.

“Comrade Mbalula, ek is seker dat jy nie veronderstel is om só vraag aan my te stel op Twitter nie, want jy lok my uit om vrae aan jou te stel op jou vraag. Dit sal tot ʼn gesprek tussen my en jou lei; óf jy sal my oor ANC-beleid wil inlig, of vice versa,” het Zuma in die eerste van drie Twitter-plasings gesê.

Zuma het Saterdag ʼn reeks foto’s van homself gepubliseer waar hy Kgoši Mampuru II by die jaarlikse herdenkingsvieringe in Limpopo “vereer”, waar hy ʼn toespraak gelewer het.

Mbalula, berug daarvoor dat hy graag die platform gebruik, wou by Zuma weet of dit “die regte ding is om te doen”, tensy hy afgevaardig is om die geleentheid by te woon. “Jy was vroeër ʼn president. Is dit die regte ding om te doen? Om by geleenthede te praat waar die huidige president eintlik moet praat?”

Zuma het in die tweede deel van sy Twitter-plasing gesê: “(byvoorbeeld), ek kan jou vra wat is die ANC-beleid oor die vraag wat jy vra; ek kan jou ook vra of daar hoegenaamd ʼn beleid oor dié saak is. Jy is veral bewus daarvan dat ek buite die formele gesprekke van ons eie organisasie met jou in gesprek getree het om sekere wanvoorstelle reg te stel.

“In die lig van die komende verkiesing, stel ek voor dat ons nie sulke tipe gesprekke op dié tipe platforms voer nie. Ek is gretig om vir jou ʼn verduideliking te gee oor die saak, as jy belangstel, maar nie op sosiale media nie.”

Zuma, wat onlangs eers Twitter begin gebruik het en nie gereeld enigiets publiseer nie, het 183 000 volgelinge op die webwerf. Ondanks die feit dat hy tereg staan op aanklag van bedrog en korrupsie, bly hy steeds gewild onder ʼn beduidende deel van die bevolking, veral in sy tuisprovinsie, KwaZulu-Natal.

Politieke kommentators bevraagteken of dit ʼn slim plan is om Zuma vir die regerende party se verkiesingsveldtog te gebruik, maar die party het gesê hy sal formeel alle vorige presidente gebruik om ondersteuning te werf vir vanjaar se algemene verkiesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Paul ·

Zuma jy moet maar vesigtig wees, in effek kan jy nie eens saam praat nie, Fikile April Mbalula is op 8 April 1971 in die Vrystaat gebore en hy het ‘n graad in die ekonomie.

Gert ·

Is daar nie n beter woord as dom nie,,,,,,DOM ONNOSEL ARROGANT!! Hy sal homself nie meer ag as die President nie die dag as hy dood is. Hier is n arrogansie wat ook skrik vir niks!!

marco polo ·

Die dag wat hierdie skepsel skuldig bevind word aan enige iets, gaan ek dronk word.

Johanna Botha ·

Verdamp net asb die man hang soos n slegte reuk rond ! ???

Johan H. ·

Wanneer gaan hierdie parasiet tronk toe, ?Hoofdief , jou liggie brand nie meer nie,jy is nie meer die prisident nie,onthou jy nou weer,,,

CW ·

Hou op inmeng, genade! Laat hulle onder mekaar veg soveel hulle wil. Dis hulle aard en dit kan net ten goede werk. Wees dankbaar daarvoor. Moenie so dom wees soos hulle nie.

se maar net ·

Julle3 gaan nog ontnugter word cr is niks beter as jz nie, net meer berekend. Los hulle dat hulle veg, dis hopelik ten goede

Gert van Wierdapark ·

Nog steeds Kaatjie van die Baan! Die Kat kom weer………! He-he-he!!!

Ben ·

Mbeki was ook president en ANC maar ek hoor of lees niks van hom nie. Leef hy nog?

losbol ·

ek sal graag saam met hulle wil dronk word as enige sake van oompie zumpie afgehandel sou word
Die slegte nuus is dat ons sekerlik nooit sal dronk word nie. oompie se wetboeke is verder gevorder as dié van die howe.

Hanna Hoekom ·

Klink maar vir my na die ANC se weergawe van “Dumb and Dumber”! Ongelukkig is hierdie weergawe nie fiksie nie.

aj ·

Zuma gee voor dat hy die Zoeloes beheer en dreig die ANC dat hulle die ANC sal teenstaan.

Maar dis net bluf!

Soos Zuma se staatskapingsmiljoene sal sy “rent a crowd” skares ook binnekort verdwyn!

Db ·

Het julle geweet as jy ‘n kokkerot se kop afbreek leef hy nog geruime tyd. Meer as dit is seker nie nodig om te sê nie

Kediksie ·

Die keiser is kaal en die hofnar run die show op Twitter. Niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie

alwyn burger ·

Moet Zuma hom nie liewer voorberei vir sy dag in die hof nie!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.