Moenie apartheidsmisdade ‘eensydig vervolg’

‘n 2003-foto van oudpresidente Thabo Mbeki, Nelson Mandela en F.W. de Klerk. (Argieffoto: Alexander Joe/AFP)

Die burgerregtegroep AfriForum waarsku dat planne om politiek gedrewe misdade wat tydens die apartheidsera gepleeg is te vervolg, opnuut polarisering in die land gaan skep.

Die waarskuwing kom nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) begin het met ʼn proses om dié soort misdade te vervolg. Dié sake sal in samewerking met ʼn toegewyde span speurders van die Valke ondersoek word.

Adv. Shamila Batohi, hoof van die NVG, het in Junie gesê daar is nie veel tyd om die ondersoeke te doen nie. “Ons het net ʼn klein geleentheid om dit te pak; geliefdes moet sien dat geregtigheid geskied en geregtigheid gaan nie geskied tot ons beslissend optree teen diegene wat die NVG eens magteloos was om te vervolg nie.”

Volgens die NVG ontneem ʼn ongeregverdigde vertraging in vervolgings in dié sake geregtigheid van slagoffers van apartheidsera-misdade.

AfriForum sê egter die praktyk het reeds bewys dat die staat, wat vervolgings betref, nalaat om hooggeplaaste ANC-lede te vervolg wat nie amnestie van die Waarheids-en-Versoeningskommissie ontvang het vir die opdragte wat hulle destyds uitgevoer het nie.

“AfriForum is van mening dat die boek van die verlede gesluit moet word. As die staat wel met die vervolgings voortgaan, behoort dit ook lede van die ANC en sy vennote – wat verantwoordelik was vir die dood en besering van duisende mense – te vervolg,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

“Sou dit blyk dat hierdie vervolgings eensydig is, sal AfriForum se privaatvervolgingseenheid druk op die NVG plaas om ook ANC-leiers te vervolg. As dit onsuksesvol is, sal private vervolgings sterk oorweeg word.”

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê daar blyk gronde te wees vir vervolging in talle van die sake waarin ANC-lede en bondgenote die verdagtes is.

“Indien wel, en indien die staat selektief sou vervolg, sal die privaatvervolgingseenheid ooreenkomstig ons fokus op gelykheid voor die reg dié sake vir private vervolging oorweeg,” sê Nel.

AfriForum het Sondag ook ʼn dokumentêr bekend gestel wat volgens die organisasie die soeklig werp op ANC-lede en sy alliansievennote se misdade tydens apartheid. Kyk hier na die dokumentêr:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Martie Smartie ·

Batohi soek iets om n opvolg termyn vir haar te verseker. Die SAPD en NVG maak n jammerlike mislukking van die bekamping v misdaad, nou soek sy iets om die aandag af te lei. Dan moet hulle Robert McBride (Magoos Bar) sommer eerste aankla. En Cyrrilll het ook geraamtes in die kas.

Saartjievandiebosveld ·

Ek voel net wat goed is vir die eend…is goed vir die gans.

Flip ·

Wanneer gaan daar dan opgetree word teen Brittanje wat die dood van derduisende Afrikaner vroue en kinders veroorsaak het deur hulle in konsentrasie kampe aan te hou? En dan ook skade vergoeding vir die afbrand van plase en dood van diere.

gatgogga ·

Ons het genoeg vyande in die wereld. Moenie nog Britanje ook op die lys sit nie. Ons gaan een van die dae die welwillendheid van enige westerse moondheid nodig he om ons in ons eie land te beskerm. Ons kan nie op onsself aangewese wees nie, want ons het mos ‘n eie staat van die hand gewys.

LeonS ·

Ongelukkig stel Britanje, en nou VSA glad nie belang in wit SA nie, lees maar BBC en CNN ,die Weste in elk geval besig om te verkrummel !

Anel ·

Alles om nie hul onbevoegdheid aan die kaak te stel nie en om zupievrygespreek te kry. Kom oor dit. Mens kan nie in die verlede lewe nie. Ons het nie engelse aanhou vervolg nadat ons plase afgebrand en vernietig is nie.

Strandloper ·

Kan n swak selfbeeld en n oer selfvernietigings drang nou regtig so veregaande wees?

Debbie ·

Daar sal nooit vrede in hierdie land kom tussen rasse nie want apartheid moet altyd in die lig gebring word. Apartheid is nou al vir donkie jare ontbind maar dit daar in die verlede los en vorentoe kyk wil hulle net nie. Nou word wittes beskuldig dat daar nog apartheid is. Hulle moet ophou om hulself te bejammer

casper ·

En die totale beheptheit met apartheid hou net aan en aan !!!

Skuilnaam ·

PREDIKER
“…Alles kom tot niks, dit is ‘n gejaag na wind…”

Anton ·

Dit waaraan die ANC die bevolking blootgestel het van 1994 af, moet eerder gedefinieer word as misdaad.

jzjz05 ·

Netso ook plaasmoorde en ANC regering wat die moorde stilswye goed keur

Jan Seerot ·

Jy klim nie met ‘n adder aan jou bors in die bed nie. Hierdie gespuis en al hulle kornuite loop ‘n ander pad.

Leana ·

Ek stem saam met Afriforum, dan moet hulle mense ook vevolg word. Hulle het genoeg onskuldige mense vermoor.

Magda G ·

War sal n mens nie doen om indruk te wil skep mie. Dan word gese los apartheid vir die hede. Tipies geldmaakstorie want verkiesing aan die kom

JM ·

Wraaksugtigheid en eensydige veroordeling. Hulle word verteer deur haat en ‘n vergeldingsdrang. Wat kan hulle wys van die afgelope 27 jaar, behalwe verwoesting, moord en plundering? Hul selfregverdiging spruit uit ‘n diepe minderwaardigheid omdat hulle nie kan opbou nie, maar afbreek en plunder; dié dat daar gedurig in die verlede rondgekrap word. Hoog tyd dat die ANC-regering tot ‘n val kom.

Hoekom ·

Kan nie huidiglike kriminele vervolg nie(Zuma), nou wil hulle geraamtes uit die verlede vervolg. Wat ‘n grap…

Begin sommer by die ANC, hulle het kleuters vermoor…

Jr ·

Kommuniste 101.-persecute the minorities. Geleer in Rusland, China, Cuba en al die mislukte lande wat hulle in was

Alex ·

Regtig! Hulle het nie eers genoeg resources om bestaande misdaad op te volg nie en nou wil hulle die verlede ondersoek en dit na jaag. 30 jaa later!

annie ·

Hierdie nuwe nuk gaan ‘n bose kringloop hê. Rassisme sal hoogty vier en ou koeie uit die sloot gegrawe word wat op gefabriseerde waarhede berus. Straf sal deur wie uitgedeel word?

Kokerboom ·

Ek lees met ongeloof van die voorneme van NVG. Adv Batoyi en haar span kan NIE eers die huidige kritiese sake oplos wat ons staat probeer vernietig. Nee magtig dame, kry jou prioriteite reg og of verlaat pos met eer( onbekende begrip vir ANC) terwyl jy nog kan!

Misky ·

80% van die huidige ministers sal opgesluit en vervolg moet word

Pieter ·

En eendag sal hulle op presies dieselfde manier hanteer word (en erger) as wat hulle hanteer het. Onthou asb dat niemand 100% perfek is nie… Verseker ook nie hulle nie…
Almal warra-warra so in die verlede… Dis wat gebeur as jy jou hele besigheid/party op ‘n Struggle baseer… Sonder Struggle is daar niks, so al suffer niemand meer nie, sal hulle dit dan skep want dis waaroor alles mos gaan… Al die liedere ens is altyd struggle, moor en baklei… As jy heeldag daaroor praat en dink, sal dit mos waar word want dis al wat jy tyd op spandeer…

BLA-BLA – Hulle het nou niks meer beloftes ens nie, nou begin hulle maar weer by die 90’s…

Daar word elke dag duisende mense nie beskerm nie, gaan elke parli lid nou in ‘n ry staan en verandwoording doen? Want is dit nie tog hulle PLIG om seker te maak dat die land en sy mense goed doen? Wat maak hulle holy… Eendag, sal daar wel ‘n ry wees, of hulle daarvan hou of nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.