‘Moenie Baaise kraanwater drink’ – munisipaliteit

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die water in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit is nie veilig om te drink nie.

Volgens die munisipaliteit se jongste watertoetse voldoen die stad se water nie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard (Sans) se drinkwaterstandaard nie. Die toetse dui aan dat sekere mikrobiologiese perke oorskry word, wat die water onveilig maak om te drink.

Die munisipaliteit het inwoners in ʼn verklaring gewaarsku dat die kraanwater ʼn risiko vir menslike gesondheid kan inhou indien dit ingeneem word. Inwoners word aangeraai om voorlopig hul drinkwater te kook.

Luidens die verklaring is die huidige droogte, met die gepaardgaande lae damvlakke en wisselende reservoirvlakke, een van die groot bydraende faktore tot die swak gehalte van water.

’n Dringende vergadering is tussen die departemente waterdienste en omgewingsgesondheid belê om ’n omkeerplan te ontwikkel.

Die munisipaliteit sal Woensdagoggend weer inligting oor die watersituasie bekend maak. “Ons sal inwoners inlig oor planne wat ingestel is om seker te maak dat die water wat uit die verspreidingstelsel kom, veilig is om te drink,” sê die munisipaliteit.

“Die munisipaliteit wil inwoners verseker dat hy hierdie saak met die uiterste dringendheid en erns hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

SHAME ON YOU! Dis die resultate van onbevoegdheid agv politieke kader aanstellings. NOG ‘n voorbeeld van wat die ANC as ‘n legacy los.

Kokerboom ·

Kan iemand ASB vir my sê WAAR is President asook verantwoordelike Ministers van land?Wanneer word hul tot verantwoording geroep?

marius ·

Net gister is daar berig dat dit veilig is om kraan water te drink . Wie lieg nou ?

Samuel ·

Niemand lieg nie. Dit was met verwysing na die Stad Kaapstad/Wes-Kaap en Noordwes.

Jack ·

So hartseer.Alle bevoegdheid ontbreek en die mense van PE moet met die gemors sit.Ek lees gister van die groot hoeveelhede middel klas mense wat semigreer van Gauteng na Weskaap as gevolg van swak of geen dienslewering in Gauteng.Dit is BAIE mense.Gaan lees maar.Lyk my oppak en trek is maar die enigste oplossing vir gewone mense in die land.

Samuel ·

Ons kan net bid dat die Oos-Kaap se damme vol word. Regtig bid.

Piet ·

Julle lieg! Dis nie die droogte of lae reservoirvlakke nie! Dis julle slapgatgeit!!!

Willem ·

Tyd dat burgers n fonds stig en alle belastinggeld daarin betaal en die geld gebruik om die nodige dienste en instandhouding SELF te lewer.

Genis ·

Miskien moet ou Cyril n bietjie windpomp Cherrie daar gaan proe, net om te wys hoe bevoeg die ANC is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.