Moenie bier, geskenke gee vir vullisverwyderaars nie

Foto: ANA

Die Stad Ekurhuleni het Dinsdag inwoners gemaan om nie geskenke te oorhandig aan werknemers van die vullisverwyderingsdienste nie, selfs al vra hulle vir ʼn “Kersfeesboks” wanneer hulle die vullis verwyder.

Alhoewel dit ʼn seisoen is waar ons graag geskenke uitdeel, waarsku die stad inwoners om geskenke te oorhandig aan vullisverwyderaars, of dit nou geldelik of in enige ander vorm, veral nie alkohol nie, aangesien dit die vullisverwyderingsdiens negatief kan beïnvloed, het die munisipaliteit in ʼn verklaring gesê.

Themba Gadebe, woordvoerder vir Ekurhuleni, het gesê in gevalle waar werknemers inwoners teister vir geskenke, word die inwoners aangemoedig om die name van die betrokke werknemers te bekom of die voertuignommerplaat neer te skryf. Sy het gesê dié gevalle kan aangemeld word by die afdelingshoof van vullisverwydering, Shirleigh Strydom, by 061 432 5378.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jan Britz ·

Ek is seker Themba Gadebe sit met sy skoon gewaste gevoude hande in sy lugversorgde kantoor en speel Patience kaartspeletjie op sy duur geborgde laptop. Hy het nog nooit agter ‘n stinkende asgat-lorrie gehardloop en elke paar minute ‘n mondvol stink asdrom gemors per ongeluk gesluk of oor sy lyf gesproei gekry nie. Gun die mense hulle tradisionele kersgeskenk. Of ruil net vir een dag die rolle om, dan praat ons weer. Sies vir jou. Plaas gaan julle in die tyd uit en bring bietjie vreugde in die mense se lewens!!!

amanda ·

Ja rerig. Ons gee graag vir hulle geskenke, al die jare nog. Ek bid gereeld ‘n seen op die vullisverwyderaars af. Hulle beteken vir ons meer as wat die regering tans vir ons beteken.

E.K. die eerste ·

Ek sal my OOK nie laat voorskryf vir wie ek wat, wanneer en hoeveel moet gee nie! Stem saam met Jan Britz! Ek was ook nog nooit geintimideer deur enige van die ouens nie – hulle is net altyd baie bly om iets te kry en beloon jou met ‘n groot wit glimlag!

NEEWAT ·

NEEWAT ons sal nie, want hulle gaan volgende jaar MEER as ons kry. Hulle het vir R10 000 per maand plus R2000 behuisingsvoordeel gevra, so glo my . ek sal NIE eers ‘n koekie aan hulle afstaan nie ..

lbs ·

Ek stem volkome saam! Watse skade kan dit nou doen? Ek stem, moenie alkohol gee nie, maar wraggies, hulle verdien ‘n geskenkie!

Gerrit ·

Dit is van alles weggee dat dit al so met julle gaan maar gaan voort oorhandig jou salaris dan het julle mos alles gegee

Coenie ·

Ek kan dit nie verstaan afrikaners wil net iets gee die karwag kry 20 rand maar die kar se bande is glad die vullisverwydering staak elke tweede week en gooi dan die rommel in die straat uit , maar kom Desember dan word hulle bedank deur geskenke.Wat is fout met die wit afrikaner of is dit in die gene

Gee met liefde ·

Hierdie mense doen n aaklige werk.
Ek sal met liefde ietsie gee.
*nie omdat hulle vra nie, maar omdat ek wil.
Watse “skade” kan n pakkie met lekkernye of bederfies nou vir die werkgewer veroorsaak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.