Moenie ‘Die Stem’ ’n proteslied maak nie, versoek FAK-hoof

dr-danie-langner-fak

Dr. Danie Langner van die FAK. Foto: Fak.org.za

Die uitvoerende hoof van die FAK en hoofleier van Die Voortrekkers, dr. Danie Langner, het Afrikaners gevra om “Die Stem” asseblief nie as proteslied te gebruik nie omdat dit eintlik ’n kultuurlied is.

Langner het Donderdagaand die jaarlikse NP van Wyk Louw-gedenklesing by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein gelewer.

Hy meen van die 1994-konsensus oor simbole en identiteit het vandag min oorgebly, en Suid-Afrikaners het goeie rede om bekommerd te wees oor die rasseklimaat van gebrekkige respek en polarisasie wat die fyn nate van sosiale kohesie vinnig lostorring.

“In hierdie konteks het die sing van ‘Die Stem’ vir baie Afrikaners ’n proteslied teen die minagting, miskenning en marginalisering van kulturele identiteit en geskiedenis geword,” het Langner opgemerk.

Hy meen Afrikaners het vandag as kultuurgemeenskap ’n historiese taak om met groot wysheid en deernisvolle sensitiwiteit hul eie kultuurhistoriese erfenis en simbole in beskerming te neem en te koester.

“Juis omdat ‘Die Stem’ deel van ons kultuurhistoriese identiteit en erfenis is, mag Afrikaners hulle nie op ’n arrogante of onverskillige wyse doof hou vir pres. Cyril Ramaphosa se waarskuwing dat ‘Die Stem’ steeds vir baie landgenote ’n simbool van ‘diskriminasie, verdrukking en ellende’ is nie. Ons kan maar net dink hoe Afrikaners in 1918 gevoel het oor ‘God save the Queen’ en ‘Rule Brittania’,” het Langner uitgewys

“As Afrikaners ‘Die Stem’ slegs sing om die een of ander politieke stelling te maak, is ons nie net mede-aanspreeklik vir ’n klimaat van onverdraagsaamheid en rassekonflik nie, maar plaas ook die toekoms van ‘Die Stem’ in die weegskaal,” het hy gewaarsku.

“Die paar Afrikaanse reëls van ‘Die Stem’ wat steeds saam met ander tale deel van ons Nasionale Lied is, is nie net die gevolg van konsensus nie, maar ook ’n simbool van die ruimteskeppende land wat Suid-Afrika vir al sy gemeenskappe kan wees.

“Terselfdertyd is dit ’n herinnering aan die uitdagings wat ’n veelkantige demokrasie aan alle Suid-Afrikaners stel en die staatsmanskap wat dit van almal verg om die verskille te oorkom,” aldus Langner.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

James ·

Die nuwe volkslied is vir baie mense ook maar ‘n lied van ellende. Kan die FAK leier nie maar eerder sy stem aanwend om haatliedere te verdoem nie?

Hendrik ·

Dis omdat ons verbied word om Die Stem te sing dat dit ‘n proteslied word. Wat help dit ons het hierdie wonderlike lied in ons kultuurskat, maar mag dit nêrens of ooit sing nie? Die woorde is nie opruiend of hits nie geweld aan soos die swartmense se vryheidsliedere nie, maar hulle kan maar aanhou sing!?!? Niemand wil enige swart persoon dwing om Die Stem te sing nie, en na my mening sal die nuwe volkslied nooit regtig my volkslied wees nie. Die paar reëltjies van Die Stem wat daarin voorkom kan maar net sowel weggelaat word. Laat ons net vryheid van assosiasie toe en vryheid om ons kultuur te beoeffen toe. Ons minderheidsregte bestaan nie meer nie …

RM ·

Hoor, hoor!!

Ons het nie meer vryheid om Afrikaans te wees nie en dit pla my diep binne in my hart.

Dink Self ·

Die Stem word nie verbied nie. Ons kultuur word verbied.

Pieter ·

Dit is van al die blink lek dat die ANC net nog meer blink lek en sorry wil hoor.

Theo ·

Ek hoor wat jy sê dr. Danie moet ek nou net gaan lê en dat die malemas en die wat nie die verlede kan los, oor my laat loop, my marginaliseer by die werk(kry nie bevordering) regstellende aksie. Ek is 60 en moet nog steeds lere klim, kabels las, terwyl swart mense wat nou 30 is voorman poste kry, dink jy dit is reg, dis in die mens se natuur om negatief te raak en alles wat die anc aanpak te verkleineer en self dit waaroor jy gepraat het ook goed te keur. Waar is ons land met regstellende aksie. Sel reg stellende aksie af, dit sal n positiewe gebaar wees. Groete

christa ·

Stem James, stem! Ek sal nie daardie lied sing nie. Ek sal staan as Die Stem gesing word want dit het vir my waarde. In daardie tyd was daar nie so gemoor en geplunder nie en mense het nog respek vir ander en ander se eiendom gehad.

Charles ·

Die tyd vir konsensus is verby Mnr Langer.

Die Stem is my proteslied !

JC ·

Die tyd vir konsensus is verby Mnr Langer.

Die Stem is my proteslied !!

Willem ·

Hulle wil ons onteien en dan mag ons nie protesteer nie. Hulle wil nie ‘n piep van ons hoor nie.

Willem ·

Maar so bou die weerstand op in die land teen als wat verkeerd gegaan het en hulle storm net voort. Dan soek hulle ons begrip en samewerking, ons moet positief bly soos per CR, die paddas moet hom net vertrou.

snoefie ·

wat maak dit n proteslied? of n vergalste apartheidslied? dit sê niks van een ras vertrap om n ander te bevorder nie. hierdie kinderagtigheid om alles a la afrika te maak, is wragtig verregaande

Leana ·

Ek stem saam die lied vereer die gevoel van suid afrikaners vir die land NET die land geen ras groep of enige groep behalwe die wat lief is vir die land. Dit vereer als wat goed is in ons land. Hoe enige mens dit as protes lied of enige aanhidsings lied kan sien gaan my te bowe.
Lees die woorde of laat iemand dit lees vir jou as jy nie kan nie . Dis vir ons land!!!!!!!!!!!!

JdV ·

Dr. Langner,

Kan die FAK vir ons ‘n proteslied skep wat ons kan gebruik?

Groete,
JdV

Mrs H ·

“julle hier, julle daar, julle takhare…..” Ou atletiek liedjie wat altyd so lekker sing uit volle bors van paweljoene af!

Reguit ·

Wees nou mooi sterk en luister wat die gesiene AB lid vir julle voorskryf.

Baklei terug ·

Ons sing die lied te min. Behoort meer gereeld te sing en die lied vir ons kinders ook leer.

Gareth ·

Ek dink as volwassenes mag ons maar sing wat ons wil. Dit moedig nie enige geweld aan nie. As Die Stem vir jou pyn en leiding gee dan het jy groter probleme.

rollie ·

Alles? Could have fooled me. Ek sien steeds groot paleise, luukse motors, ens.

Bosveld ·

Daar is nie een woord in Die Stem wat dit n proteslied maak nie. Dit bring wel baie trots en moed in my op, en die FAK behoort die kultuur daarin te ondersteun en koester. Hou op pienk wees.

Duifie ·

Baie dankie vir hierdie insiggewende vriendelike maar ernstige waarskuwing en raad van Dr Langner. Dis net só jammer dat naie Afrikaners met klipkoppe en totale verlies van insig nie hierdie raad sal of wil aanvaar of verstaan nie. Nee, hulle sal aanhou kwaad stook totdat die Stem heeltemal uit ons pragtige volkslied verwyder word. Dink tog n bietjie mense, Dink!

Sam ·

Pragtige volkdlied?
Dis ‘n gebed aan voorvaders, ‘n afgodslied en ‘n deel van Die Stem van Suid-Afrika hoort nie daarin nie. Dis ontheiliging van ons kultuur, ons gewydheid aan ons land en ons God.

Jerry ·

Ondersteun vir Dr. Danie anders is die stem heeltemal verlore. Tweedens moet julle ophou kla oor die gemors waarin julle is want niemand het gese julle moet n burgerregte organisasie ondersteun wat met onverdraagsaamheid en onversoenende gedrag n groter wig ingedryf het tussen wit en swart en wat van julle en julle belange n groter teiken vir al die ander groepe in SA gemaak het. Julle is vinnig om ander te blameer terwyl julle net julself kan blameer omrede julle nie julle slimjanne tot orde roep nie. Voordat julle nou weer kla en blameer en dreig en beledig, gaan kyk in die spieel. Maar julle sal dit nie doen nie want julle weet dat julle nie gaan hou van wat julle sien nie.

Willem ·

So jy is ‘n “julle” mens, dan neem ek aan jy is nie ‘n Afrikaner nie.

Andre ·

Meeste mense ken Die Stem net vir eerste strofe. Gaan lees ‘n slag dit in geheel. Diegene wat dit verag, verag ook Christus.

John ·

Mnr Langner betree gevaarlike grond. Hy gaan meer probleme skep as oplos. Hy is bloot die hoof van die FAK en die Afrikaners se leier of spreukbuis nie. Moenie probeer nie!

Spreukbuis de Niet ·

Verseker is hy of die fak nie my spreukbuis nie en hulle moet ook nie daardie indruk by die regering skep nie.

Juffrou ·

En my beskeie bydrae (effe van die punt af): die jong kinders ken min/geen basiese volksliedjies. Hulle voel vere vir taal, kultuur. Waarom sê ek so? Hulle kan basiese woorde/sinne nie eers korrek praat, laat staan nog skryf en spel! As jeug nie meer omgee … wie gaan die taal verder koester?

Paul ·

Die Stem was nog nooit ‘n proteslied nie, dit is deel van ons kultuur, HULLE maak dit ‘n proteslied om ons af te kraak, net soos hulle die woord rassisme teen ons gebruik. So ook met die vlag. Waarom nie sommer die hele FAK sangbundel verban nie?

Spel DIT aub aan hulle uit, ons is nie opstokers en betogers nie, moenie ons maak wat ons nie is nie. O’ja en ons is nie paddas nie.

Paul ·

Die Stem se woorde is nie woorde van protes nie, dit sal en kan nooit so laag daal nie, dit is ‘n trotse stuk erfenis wat Langenhoven vir ons nagelaat het, ongelloflik geskryf en verwoord. Vergelyk dit met ander beroemde volksliedere in die wêreld. En n’kosi sikeleli, moet dit daaraan ondergeskik gestel word, daarom maak hulle dit verdag? Waarom Die Stem maak wat dit nie is nie en wil julle dit afkraak. Omdat CR dit sê dr Danie, praat julle hom na?

Paul ·

O’ja, en julle moet onthou CR speel vir die swart gehoor, hy sê wat HULLE wil hoor.

Willem ·

Dr Danie, het julle dit al oorweeg om Nkosi Sikelel in die FAK sangbundel op te neem?

Willem ·

Maroela, julle het klaar besluit die een lied skiet ver tekort by die ander, dit wat ek vir julle gestuur het, julle is nou regter, dis waarom julle dit nie plaas nie, Mens kan dit mos met ‘n stok aanvoel.

Egbert ·

Daar is geen plek, manier of geleentheid waar die Stem gesing kan word waar die ANC (en ook bedoelende maar naïewe Afrikaners) dit nie as ‘n proteslied sal beskou nie. Nie op ‘n treur- of gedenkgeleentheid eers sal dit ons gegun word nie. Hoe goed en mooi dr Langner dit ookal bedoel, hulle sal dit as ongevraag en uitdagend beskou.

Nouja ·

Die Stem is te mooi Om n proteslied te wees. Die huidige lied is my proteslied en ek sing dit graag uit volle bors terwyl die ander hier om my mompel in wie weet watter taal. Die verskil is ek sing my Afrikaanse weergawe al vier verse .
Oom Kosie sukkel lekker in Afrika
Maar hier wil dit nie reen nie en almal kla …

RM ·

My gunsteling vers…en ek kan nou nog hoor hoe my Ouma dit gesing het.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou
Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.
CJ Lagenhoven

Willem ·

Ken jy die land waar die boerevolk woon ….

Wie onthou nog dié een? Gaan Google dit.

RM ·

My Ma het nou onlangs vir my gevra om my FAK veilig weg te steek sodat my kinders kan weet wat dit is as hulle groot word. Ek sien jou Maroela en ek sal doen soos sy vra.
Dankie

Willem ·

Maroela, ek vra, mag ek die FAK se webwerf adres hier plaas? Ook die skakel na die FAK se elektroniese sangbundel???

Ek gaan op my knieë vir julle.

Riaan ·

Ek sien hier kom n ding, sal nie verbaas wees as die Stem uit die volkslied verwyder word nie.
Die ANC werk mos met slingse maniere.

Burger ·

Ons sal sterwe vir jou Suid Afrika … of sal ons . Wie hef besluit dat n mens die hoogste offer vir n land moet maak, vir ander mens , ja, maar nie n land nie. Vir die Christene .. dis beslis van God nie.

Oppas wat ons sing en dalk lieg.

Cornelia ·

Die Stem van Suid-Afrika is ‘n volkslied wat die siel van ons volk se geloof in God se Almgag en Soewereine weë erken. Dit is vervat ook ons diepste droefheid, geloofshoop, en Nasie strewe op Vryheid. Dit erken dat die vyand nie net op vleeslike gebied aanval nie. “Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.” Dit is ook ‘n gewyde lied wat God alleen Eer. Sing die suiwerste Volkslied ter wêreld. Sing dit met waardigheid, liefde en ontsag vir die Fondasie waarop dit geskoei is. Sing die Stem my volk. Sing dit dat die kranse antwoord gee! God Regeer!

White Rhino ·

Die Stem hoort nie saam met die huidige volkslied nie. Dit moet op sy eie gesing word.Indien dit verwyder word sal dit goed wees om te sien hoe n hele stadion Die Stem uit volle bors sonder musiek gesing word! Die duisende mense kan nie almal inhegtenis geneem word nie en dit sal n duidelike boodskap aan die wereld stuur! Hoop dit gebeur kort voor lank.

Proteslied ·

Oom Kosie sukkel lekker in Afrika
Maar hier wil dit nie reën nie en almal kla
Al die geld is op en die banke toe
Oom Kosie, sukkel lekker, komaan, maak n plan man

Modder in die boorgat en dieper in die skuld
In die parlement daar gaan dit lekker wild
En o die Bokke, die Bokke speel ook maar so-so
Spekulante, predikante, wie het raad ja?

Al die vrae wat ons wrewel
In die diepte van ons siel
Ons kan uitroep oor die vlaktes
Maar niemand sal antwoord gee,

Seems we all in this together
No one listens no one care
Kom oom Kosie, show some guts man
In this country robbed so bare

Jerry ·

Cornelia se kommentaar is baie treffend. Die stem behoort aan ons as Afrikaners en daarom moet ons dit beskerm vir onsself en ons nageslagte deur die stem nie nou te wil sing en aan die groot klok te hang nie. Doen ons dit dan maak ons die stem net n nog groter teiken. Ondersteun Dr. Danie sodat die stem vir ons nageslagte behoue bly en sodat hulle dit eendag weer uit volle bors in n volgepakte Stadion kan sing. Burger is reg deur te se dat ons nie die hoogste offer bring vir die land nie, maar wel vir mekaar as mense. Die stem sal dalk nooit ooit weer in SA gesing word nie, want hier gaan dit net nog groter droefheid bring, maar die stem sal uit volle bors gesing word by Afrikaner saamtrekke oor die uithoeke van die wereld!

Valie ·

Leer ken eerder ” ken jy die volk” of “ken’t gij dat volk” Dit was ons beste en laaste struggle liedjie.

Reguit ·

Ek vra byvoorbaat nederig om verskoning vir die paar onvoorsiene bruin abstrakte skakerings wat ek hier en daar op sekere onvaste siele se verborge katoen mog gekataliseer het. Hehehehehehe……

Reguit ·

Die Stem hoort saam met ‘n lied wat aan die hoof van die voorvadergeeste opgedra is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.