‘Moenie dit waag,’ waarsku Mboweni VF Plus oor taksopstand

Die minister van finansies, Tito Mboweni. (Foto: ANA)

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het Woensdag die VF Plus gewaarsku om nie weer vir ʼn belastingopstand te vra nie en sê wie ook al dít waag, oortree die wet.

Die VF Plus-LP en woordvoerder oor finansies, Wouter Wessels, het vandeesweek gesê die ANC-regering moet kennis neem van belastingbetalers se weersin om aan te hou betaal vir dienste wat nie bestaan nie en om toe te kyk hoe hul swaarverdiende belastinggeld verdeel word onder korrupte en onbevoegde owerhede.

“Waarom moet mense vir vullisverwydering betaal wanneer dit nie verwyder word nie? Waarom vir dienste betaal wat nie bestaan nie en terwyl daar klokslag ʼn verhoging van belasting en dienstegelde is?” het Wessels gevra.

“Die regering sal daarvan moet kennis neem dat die publiek nie onbepaald sal voortgaan om vir die ANC se korrupsie en wanbestuur te betaal nie.”

Wessels het gesê die regering raak al hoe verder verwyderd van die ekonomiese werklikheid in Suid-Afrika en terwyl daar ʼn groot verpligting op belastingbetalers rus om vir regeringsprojekte te betaal, bevraagteken belastingbetalers die sinvolholheid daarvan al hoe meer.

Die opmerkings het nie die minister beïndruk nie.

“Dit is verkeerd van die agbare Wessels om met ʼn belastingopstand in die huis te dreig. Dit is ʼn baie ernstige dreigement en een wat ek seker is jy nie buite die parlement kan herhaal nie omdat dit jou in diep moeilikheid sal laat beland,” het Mboweni tydens die bespreking oor ʼn nuwe belastingwetsontwerp gesê.

Mboweni het tydens die afsluiting van die bespreking ook na die DA-LP Geordin Hill-Lewis gekap en gesê sy raad en waarskuwings in skrywes aan die minister en opmerkings tydens die debat was aanvallend en lyk na rassemeerderwaardigheid.

“Ek dink dit is verkeerd om die huis te gebruik om jou voor te hou as iemand met ʼn meerderwaardigheidskompleks wat die pogings van diegene van ons wat dag en nag werk om van die land ʼn sukses te maak, te ondermyn. Enigiemand wat een of ander vorm van rassemeerderwaardigheid wys, grief my,” het Mboweni uitgevaar.

“Ek haat dit, ek hou nie daarvan nie en ek weerhou myself daarvan.”

Die begroting stel R500 miljard beskikbaar om te betaal vir gesondheidsorg, welsynsdienste en ander buitengewone pogings wat deur die Covid-19-krisis genoodsaak word.

Die pandemie gaan vanjaar lei tot ʼn verwagte R300 miljard-daling in inkomste vir die staat, gaan die begrotingstekort verder vergroot en staatskuld die hoogte laat inskiet.

“Ons moet verseker dat elke sent aangewend word vir dít waarvoor begroot is. Ons moet verseker dat diewe en wolwe by die deur weggehou word. Ons moet verseker dat mense waarlik baat by die bietjie wat ons het,” het Mboweni gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Anoniem ·

Mboweni, indien die mense nie belastings mag weerhou vir dienste wat hulle nie ontvang nie en dit volgens jou teen die wet is, mag die regering ook nie dienste waarvoor ons betaal van ons weerhou nie. Jou party het wanbetaling en wetteloosheid aangemoedig om die land onregeerbaar te maak, maar nou spring jy op jou perdjie as die skoen aan die ander voet is? Kry vir jou, dis die enigste manier om die regering te dwing om te doen waarvoor ons betaal.

Willem ·

Nou is dit dreigement om belasting te weerhou. Dit is geld wat ek voor werk wat die regering maak mee wat hul wil. Ek kan nie aanhou betaal vir iets wat ek nie kry nie

john ·

“wat die pogings van diegene van ons wat dag en nag werk” Het ek dit reg gelees? wat n grap meeste van hulle weet nie eens wat die woord werk beteken nie. As hulle sou gewerk het sou on service delivery gehad het.

JN ·

Nee John dit is hoe hul werk of dink..Jy as hul werkslaaf moet werk en belasting betaal sodat hul Tito en sy kommunistiese kaders jou geld kan opmors vir hul eie persoonlike gebruik…Hoe durf jy se jy gaan hul persoonlikke spaarvarkie weg vat? Die lui mens hou nie van sulke woorde nie…

Rhona ·

Dis darem n lekker soustrein. Betaal of daar is moeilikheid, al betaal jy vir niks.

Aai ·

Nou bewe die ANC hulle slim daar is soveel korrupsie dat dit kan nie meer ondersoek kan word nie.So hoe gaan hulle miljoene toesluit en ondersoek HA HA hou so aan VF Plus hoekom die mond voed wat nie wil werk maar lekker lewe.Hoekom kon almal ons 3 maande korting gee vir ‘n diens wat ons nog ontvang het of voertuig wat ek nog ry maar vir die staat moet ons betaal geen COVID-19 hulp as dit by belasting kom??

Nie Verbaas ·

Mboweni, ongelukkig is Wouter Wessels reg. Dit het niks met meerderwaardigheids kompleks te doen nie maar eerder met onbevoegtheid, wanbestuur en plundering van ANC lede. Die bewyse is daar. Jy weet dit en die dag en nag werk opmerking rol ongelukkig nie by intilligente belasting betalers nie.

Cherokee ·

Volgens hierdie berig, lei ek af mboweni het nie beskik oor dit wat nodig was om Wouter Wessels feitelik te debatteer nie. Sy teenstand het geklink soos ‘moet nie sò eerlik wees nie’.

Karel Kobus Kruger ·

As die VF suksesvol so n opstand kan laat gebeur, gaan hulle heelwat stemme bykry.

Adam Adriaan ·

Mnr Mboweni, en wat gaan jy doen as dit werklikheid word? Sê my, Sê my, Sê my!! Gogga maak vir baba bang.

Stephanus ·

Die pogings om dmv vrees vir corona die hef in die hand te he is besig om te vervaag. Dreigemente van arrestering, boetes en n kriminele rekord wprd nou die norm. Ons enigste wapen is tans lydelike verset en omdat die meerderheid van die bevolking van SA reeds by implikasie kriminele is {koop en verkoop van sigarette en drank, besoeke aan vriende en familie, loop sonder masker ens} en hongesnood weens n gebrek aan inkomste ons in die gesig staar, het ons werklik nie meer veel om te verloor nie.

Joggie ·

Om belasting te weerhou gaan enigste manier wees om van korrupte kommuniste ontslae te raak!! “Our people” wat geen belasting betaal, gaan aanhou stem vir cANCer!!

Pieter ·

Mboweni, my maat. Moet nie die VF+ aanvat nie. Want jy maak jou skuldag aan om n rassis te wees teen wat reg is. Miskien moet jy jou Anc comrads kap oor hulle skelm is en lieg. VF+ is meer vir die land en sy mense (wit, swart of ander) as enige ander party soos die rassiste Eff.

Sobymykoolkop ·

Tipies, as ons nie die vermoë het om te redeneer en geregverdige kritiek kan hanteer nie dan slaan ons hard op die rasse tamboer. Dis al wat oorgebly het. Glo my vry, die eerlike belastingbetaler se versadigings punt is baie naby om oop te bars

Danie ·

Ek dink dit sal goed wees as die mense stop om belasting te betaal miskien dan sal die regering ernstig begin om korrupsie uit te wis.

Wilhelm ·

Ah maar Mboweni antwoord eerder die vraag, hoekom moet ons aanhou belasting betaal as die ANC uit hulle pad gaan om my en my mense (wit mense) te onderdruk?

Pieter ·

Ek stem honderd persent saam ons moes tien jaar terug al begin het met belasting boikot. Kop doek en die klomp ANCkomuniste het mos nie ons belasting geld of ons blankes nodig nie. Kom ons blankes wys vir die ANC ons kan saam staan. Die regering het ons belasting geld geld geplunder die land is op sy knie.Ons kry net mooi niks vir ons belasting geld nie als val uit mekaar.

Strandloper ·

Nou toe nou…so voorspelbaar…sodra hul in n hoek is gooi hul die rasekaart…dit is om van naar te raak!

Pieter ·

Daar is miljoene van ons wat agter die fv plus sal staan en dit is n belofte mense is gat vol vir die korupte ANC as ons dit nie gaan stop nie gaan dit nooit ooit op hou nie

Sonia ·

Lank lewe die VF+!! Bravo Wouter Wessels! Verskeie vsn Mboweni se aanmerkings word deur die werklikheid 100% weerspreek

Michael ·

Hy verwys sekerlik nie na regeringsamptenare wat dag en nag werk nie-indien so dan is dit om planne te beraam om die land verder te verwoes. Volgens hom is dit wettig om ‘n diens te weerhou van iemand wat jou daarvoor betaal. Dis tipies Afrikamentaliteit-ons moet maar reg maak om binnekort volkome net nog ‘n mislukte Afrikastaat te wees-en kommunisties daarby. Sal moet wakker word en begin saamstaan

PH ·

As ek betaal vir ‘n poduk of diens wat ek nie kry nie, is dit diefstal

Scalla ·

Waarheid maak seer, vinnig om op perdjie te spring en rassemeerderwaardigheid te gebruik, hul almal is dieselfde.

Kokerboom ·

Net toe ek begin dink mens kan die kader Mboweni begin vertrou toe hang sy ANC onderrok ver uit!
‘n Jakkals verander van haar maar nie van kleur. Swak mnr Mboweni uiters swak!!!
Die mense skuil agter rassisme om hul totale onvermoeë te verbloem. Hoekom voel hul so bedreig ?Sy arrogansie spreek boekdele. Kan hul maar nie soos normale beskaafde mense met wedersydse respek kritieke sake hanteer?Net ‘n person met ‘n skuldige gewete sal so reageer soos Mboweni!

JohanR ·

I very much like this idea. When the ANC starts threatening then you know they are worried. So how will this work? It would need all big and small companies to come onboard. It would need all those that work for themselves, and hand over tax to the government to come on board. Even VAT need to be withheld. What needs to happen is that each company and privately run business will open a bank account, and pay the tax for that month that would have gone to SARS into that account. So strictly tax is not withheld, but for that month just does not get to SARS. If the government does not listen to the people, then tax is withheld for a 2nd month, and so on. The whole point is that the tax money is somewhere but just not with SARS. When the government eventually cracks under pressure then the tax money that was never really withheld by companies and individuals, can be paid back over to SARS. Are you going to arrest every private individual and company CEO in South Africa? Bring it on VFPlus.

Andrew ·

Wel Mboweni, mense betaal reeds nie hulle takse nie, veral munisipale belastings . Munisipaliteite is bankrok en sekere betaalers betaal al jare nie. Eskom word geskuld, water raad word geskuld en ten spyte van n 50% vermindering op agterstalliges soos deur DA aangebied, betaal die grootste geraasmakers niks. Met n verminderende( voorheen bevooregte) taks basis , en derduisende of miljoene mense wat niks betaal nie, is daar reeds n taksopstand.

Toffie ·

Mnr Wessels het bloot die feite op die tafel gesit Mboweni, geen dreigemente nie. Die geweldige teenreaksie wys daarop dat jy weet dis die waarheid en vrek bang is daarvoor. Al (holruggeryde) taktiek is om nou die persoon in plaas van die feite aan te val.

Vida ·

Tito ou maat, nou saal jy n verkeerde perd op. Lyk my jy verstaan nie so mooi hoe die lewe werk nie. As jy jou mense soos opgevoede mense behandel sal hulle sommer vanself (omdat hulle jou respekteer) van hul kant ook gee. Maar die regering het veral nou in hierdie grendeltyd bewys dat hulle GEEN respek vir die burgers van die land het nie. Dus, gaan die regering ook met minagting behandel word.
Julle het duisende mense van n werk ontneem en laat verhonger. Hoekom in die wêreld gaan hierdie mense jou belasting betaal?? Julle behandel ons soos stout kinders en dreig dan met “moenie dit waag nie”. Wel, dan tree ons maar op soos rebelse kinders en sê vir JOU….. kom ek wys jou ek sal. Die mense in hierdie land het nie meer veel oor om te verloor nie, maar julle het wel. Dink twee keer voor jy ons verder dreig.

Alleen Wolf ·

Siestog Mnr Mboweni van wanneer af is daar wette in die land? Hoekom dreig jy ons, sorteer eerder jou korrupte makkers in julle regering uit.

koos10 ·

Tito, het die VF+ ‘n rou senuwee raak geboor? Jy en jou hele regering en ANC is hoorende doof. Die oproepe vir belasting boikot kom al van lank en ver, en jy is nou eers bekommerd daaroor? Is dit omdat dit nou ‘n werklikheid word en jy besef as dit gebeur is die regering binne 30 dae bankrot?
Ek sou eerder bitter bekommerd wees en nie die VF+ aanvat daaroor nie maar eerder saamwerk en die probleme oplos.
Tito, net een laaste vraag: Ja dit is teen die wet, maar wie gaan dit moet polisieêr as daar nie geld is om polisielede te betaal nie? En as 5 miljoen mense dit doen en gearresteer word, waar moet hulle aangehou word? En as hulle moet hof toe gaan, hoe lank dink jy sal die hofsake duur? Kom ek help jou want dit is ‘n groot som: maar net om elkeen van die 5 miljoen mense een keer in die hof te kry sal sowat 3 jaar duur (763 howe, 200 dae per jaar). Teen dan is daar geen howe meer oor nie.
So Tito, dink mooi voordat jy die laaste 5 miljoen belasting betalers dreig.

Pierre ·

Ek voel, jou belasting geld moet deur jou direk betaal word aan die party waarvoor jy stem. Hulle sal dan gou hul sokkies optrek om die belasting betalende “nasie” te trek….

Isabella ·

Di minister verstaan ni so mooi dis meestal blankes wat tax betaal en gedwing word om dt na te kom en dt vr dienste ni gelewer…wys jou nt hoe arogant di minister is as n mens feite noem dan is hul agresief…stop hul taxis en ons sien hoe hul dan gan reageer en dreig mar hul kry hul sin…

Leeuwyfie ·

PAYE is ongrondwetlik en moet afgeskaf word!
Dan kan ons almal saam teen die korrupsie baklei.

Poertjie ·

Dit is duidelik dat die agbare minister geen kritiek kan hanteer nie en duidelik die rassisme wapen gebruik om sy dilemma te probeer toesmeer

Prikkie ·

Ons bewe Tito – jy maak ons bang!.

As jy al die mense wat hulle belasting so getrou sou kon opsluit Tito, gaan jy in elk geval geen inkomste hê nie. Maak dit sin Tito?

Jr ·

Tipies: As jou gat teen die muur is speel jy jou SWART KAART. – ACE OF RACISM. Dit red jou elke keer. Democratic country – se voet.

Kokkie ·

Presies my standpunt ook. As hulle nie ‘n teenargument kan voer nie, dan is dit rassisme of apaathait. En die komrades kom elke keer weg daarmee.

Blikkies ·

Tito, Bla.Bla.Bla.Bla…..Jy luister nie wat die Mr. Wouter Wessels jou vra nie? Hoekom moet die mense betaal vir iets wat hulle nie kry nie??? Dit grief ons ook as anders kleurige mense rasse aanvalle op ons maak. Klink my eerder Jy dreig ons en nie ons vir julle nie. As ek ‘n se gehad het oor my belasting wat huidiglik afgetrek word deur my werkgewer, het ek onmiddelik opgehou belasting betaal en dit in ‘n rekening geplaas waaruit ek hulle sal betaal vir dienste as dit eers gelewer.is……..Dan weerhou ek mos nie betaling nie…….

Gemaskerde Sopbeen ·

Oeps. Sou kon werk. Jammer ek het nie beheer oor wat afgetrek word.

Mrs H ·

Asb se vir my waar julle op enige ‘sukses’ die afgelope 26 jaar op kan roem????? Kyk om jou minister, alles is vrot, stukkend, siek en lyk elke dag meer soos Zimbabwe – n skande!!! … julle kyk, sien, luister, hoor en leer niks. Nee minister, dis geen dreigement nie, dis ‘predictive thinking’ van nagevolge wat sal volg van All Our People… As jy jou hand op n warm plaat sit: wat gaan gebeur mnr minister…?
a: die plaat gaan jou hand brand.
b: die plaat gaan jou van rassisme beskuldig want die plaat voel bedreigd.
…. Julle ANC ouens is n Joke!!!

Mrs H ·

Dalk lei die uwe minister aan minderwaardigheids kompleks agv feite wat hy nie kan stry nie hehehe. Ergste is dat al die skandes deur hulself op hulself gehaal het… van watter sukses praat jy van minister? Jy verafsku kastig meerderwaardigheid, wel jou arrogansie, dwaasheid, onbevoegdheid en verwarring van feite en rassisme is walglik. Moet asb nie deurmekaar raak met die verskil tussen meerderwaardigheid en feite, leierskap en regverdigheid nie.

Heimo ·

Lyk vir my die minister het sy as af geskrik !!
Lees sy laaste opmerking:
“Ons moet verseker dat elke sent aangewend word vir dít waarvoor begroot is. Ons moet verseker dat diewe en wolwe by die deur weggehou word. Ons moet verseker dat mense waarlik baat by die bietjie wat ons het,” het Mboweni gesê.
Dis dan presies waarvoor Wouter Wessels gevra het !!!!!!!!!!!!

Porseleintjie ·

Rassemeerderwaardigheid Mboweni?? Die skoen is aan JOU voet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.