Moenie Eskom se wanprestasie befonds nie, sê AfriForum

Argieffoto: GCIS

Die burgerregte-organisasie AfriForum vra die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) om nie Eskom se beweerde korrupsie en wanadministrasie by die verhoging van die komende jaar se elektrisiteitstarief in te sluit nie.

Die organisasie het aan die openbaredeelnameproses deelgeneem rakende die elektrisiteitsverhoging wat Eskom vir die 2019/2020 finansiële jaar aangevra het.

Eskom het aanvanklik ’n aansoek vir ’n verhoging van 15% in die 2019/2020-boekjaar ingedien, maar het tydens die proses die aansoek gewysig om vir meer as 17% te vra.

AfriForum voer aan dat Nersa geregtig is om korrupsie en wanadministrasie uit te sluit.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum, sê daar sal radikale ingryping deur Nersa moet plaasvind indien Eskom se bestuur nie dringend verbeter nie. “Om Eskom se tariefverhogingsversoek af te keur is een remedie wat Nersa het om verantwoordbaarheid van Eskom te eis. Hulle sal na ander opsies ook moet begin kyk omdat Eskom se probleme al hoe ernstiger word, terwyl hulle ál meer by die publiek wil vat om te vergoed daarvoor.”

Na afloop van AfriForum se voorlegging het Nersa dié burgerregte-organisasie gevra om ’n verslag op te stel oor wat die impak van munisipale wanbetalings op tariefverhogings is.

“Munisipale wanbetalings het ’n groot gedeelte van die gesprekke oorheers. Munisipale agterstallige skuld het volgens die 2018-jaarverslag met R4,3 miljard na R13,6 miljard gestyg. Die middeljaarverslag toon dat hierdie skuld reeds met nóg R3,4 miljard na R17 miljard gestyg het. Hierdie stygings toon dat die nuwe bestuur van Eskom se omkeerstrategie nie ’n impak op munisipale vlak het nie,” sê Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake.

AfriForum sal verdere kommentaar opstel en aan die Nersa-komitee stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Manie ·

Ek sien niks word gedoen aan die honderde oortollige werkers. Ons (Escom)soek geld by die eerlike elektrisiteit verbruiker maar ons ry ook te heerlik die sous trein?

Dries du Toit ·

Dankie aan Afriforum. As dit nie vir hulle was nie sou ek al gevlug het

Johann ·

Maar wats die issue? Als is dan verniet? Niks kos geld om te maak nie? En waar daar geld is, is dit jou REG om jouself en jou pelle te help. En dan operate jy as n onaantasbare, gewetenlose benadeelde… siestig, shame. ANC LEGACY! KERN KORRUP… ONBEVOEGDHEID. Arrogante attitude van NOG wil he, dis nou van die wat WEL betaal.

PPP ·

Wil net gou vir julle mense sê dit lyk glad nie goed in Eskom nie, almal dink die geld is volop in die wekers kla, julle maak n groot fout as julle so dink, ons lewe nie eers soos baie ander mense nie moet ook maar eers twee keer dink voordat jy iets wil doen met die paar sente wat ons verdien. Oortollige staats amptenare

Retha ·

Dit is die “grootkoppe” wat al die elendes veroorsaak het. Daar kan baie gespaar word as die dooie hout (onkundiges en oortolliges) afgedank word. Hulle groot salarisse en voordele, goue handdrukke, diefstal, omkopery, is wat Eskom het waar hy vandag is. Moenie verwag ons verbruikers moet vir alles en almal opdok nie. Ons “suffer” reeds genoeg!

Sarel ·

Jip en ek sien Cyril paai nou die voornemende buitelandse beleggers oor Eskom ook. Waaroor gaan hy hulle nog paai?

Afrikaner ·

Hierdie land, besef mens nou in die tyd, toenemend met die Zondo ondersoek en veral ook die afgelope paar dae, met beriggewing oor die 5 internasionale lande se brief aan Cyril, nou ook oor Eskom, is in ‘n baie groter gemors as wat ons dink, en dit lyk my die die DA en Musi het dit in hulle om die regering enigsins verantwoordbaar te hou nie.

Rene scheepers ·

Ek stem 100% saam. Hoekom miet ons vuisvoos belastingbetaler altyd net die gestropery betaal????

lewies ·

Die SA-lemoen is net groter om uit te suig. Die Zim-lemoen is reeds leeg en moet nog net oop gebreek word om verder te eet.

Jerry ·

Die situasie by Eskom kan gebruik word om enorme druk te plaas op die ANC staat en op vakbonde deur onpopulere lewensvatbare “demands” vir verantwoordbaarheid, geregtigheid en vir die regruk van Eskom op die tafel te plaas en wat tot voordeel van belastingbetalers strek. Indien daar nie gehoor gegee word aan die eise moet belastingbetalers oorgaan na alternatiewe energie en Eskom sink sodat die ANC misluk sonder verdere selfverryking. Ons moet geleenthede soos hierdie benut om die ANC se mynbouplanne, olieprodusering en motiewe van selfverryking vir die ANC elite en revolusionere strukture ten koste van die res, in die wiele te ry. As ons dit nie nou doen terwyl die geleentheid daar is, dan gaan ons die ANC nog ryker en magtiger maak en die res nog armer. Om onsself as gyselaars in ons eie land te ontset moet eerder gouer as later gebeur!

Shannon ·

Net `n gedagte – sou die regering nie instaat wees om van die surplus pensieon geld en polisse by SANLAM aan te wend om ESKOM uit te help nie ?

Jerry ·

Laat Eskom sink en daarmee saam die ANC en hulle verdere selfverrykingsplanne met mynbou en olie. Daar gaan nie gou weer so n geleentheid wees nie.

bollie ·

Dis wat jy kry as een organisasie ‘n totale monopolie het. Eskom kan maak en breek soos hulle wil want tans is daar geen alternatief nie.

De Villiers ·

Daarby kan mens seker voeg dat Eskom ontslae moet raak van sy oorbodige 15,000 werknemers wat later aangestel is, en salarisse van tot R50,000 per maand verdien.

Hendrik UAE ·

Almal lag vir Zille en snou haar name toe.Al hoe hoe jy hierdie spul en al hulle afhanklikes en Sassa geld vatters en kinders met kinders wat maandeliks geld kry in die bek kan ruk is om op n manier belasting te boikot en hulle te laat SUFFER,Die massa waardeer nie die bron van hulle inkomste (belasting betalers)nie.

Jerry ·

Reel n teen revolusionere optog en vertoon plakkate, “state captured enterprises must fall”, “bail outs must fall”, “everything for free must fall”, “BLF must fall”, “ANC must fall”, “discrimination against minorities must fall”, stop the ANC”, “stop corruption”, “hate speech must stop”, politicians self enrichment must stop”, “intollerence must stop”, “double standards must stop”, “OSV must stop”, “changing the constitution must stop”, ens!

Dries du Toit ·

Jis Jerry. Als wat jy daar opnoem is absolute misdade teen die mensdom. Dis byna ongelooflik om te dink ons leef daarmee saam elke dag. Die Here behoed ons

Dries du Toit ·

Jis Jerry. Als wat jy daar opnoem is absolute misdade teen die mensdom. Dis byna ongelooflik om te dink ons leef daarmee saam elke dag. Die Here behoed ons.

Diefie ·

Genoeg is nou genoeg. Eskom 17% verhoging en dan bied staatsdepartemente net 4% verhoging aan? “Ek hou van die wiskunde” Eskom moet maar die munisipaliteite dagvaar en die bates verkoop, bygesê as daar nog bates oor is. Kan die bestuur van die wanbetaalde muninsipaliteite nie persoonlik verantwoordelik gehou word en gedagvaar word om hul bates te verkoop nie?

Stephan de S ·

Geluk Afriforum dat julle geken word in hd saak. Mag julle baie wysheid en harde feite na die tafel bring.

Inge ·

Pre-paid elektriesiteit kliente gaan niks aan die verhogings kan doen nie behalwe om meer “solar” te gaan. ?

Henry60 ·

Eenvoudig, sny toevoer af na nie betalende munisipaliteite, bied dan pre-paid aan direk aan verbruikers, gebruik van die oortollige personeel om onwettige aansluitings elke dag te verwyder en kriminele sake oop te maak……………………….. Baseer bonusse slegs op wins, geen wins geen bonus/verhoging. Ons betaal tans baie vir baie onkunde en korrupsie…………Eskom behoort soos enige ander besigheid bedryf te word………

Elna ·

Die antwoord is eintlik baie maklik en eenvoudig: Eskom moet die munisipaliteite dagvaar vir die agterstallige geld en dan moet Eskom prepaid meters insit sodat die verbruiker direk aan hulle die gelde betaal. Hulle moet die munisipaliteit heel temaal afsny. Die mense wat nie betaal vir hulle krag nie moet dan sonder krag lewe en klaar. Eskom moet heeltemaal onafhanklik wees n firma op sy eie dan sal hulle finansies reg kom en dan sal regverdigheid geskied teenoor al die verbruikers. Eskom behoort aan die staat so koerupsie sal daar altyd wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.