Moenie fopnuus oor kinderontvoerings versprei, pleit polisie

Argieffoto

Die Oos-Kaapse polisie het Donderdag ʼn beroep op die publiek gedoen om op te hou om valse inligting oor beweerde mensehandel en die “ontvoering van kinders” op sosiale media te versprei.

Dit kom nadat twee onverwante inskrywings op sosiale media vandeesweek die ronde begin doen het waarin die publiek gewaarsku word dat kinders in en om die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, insluitend in Motherwell en Uitenhage, ontvoer word.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê bewerings dat ʼn vragmotor tussen Nanaga en Port Elizabeth voorgekeer is wat kinders vir mensehandeldoeleindes vervoer, is nie waar nie.

Naidu sê daar is wel ʼn klein bussie voorgekeer wat onwettige immigrante vervoer het en die saak word tans deur die Valke hanteer.

“Daar word so baie inligting versprei oor kinders wat glo ontvoer word en ons besef ouers se kommer hieroor. Die polisie loof die publiek dat hulle waaksaam is oor die veiligheid van kinders, maar terselfdertyd moet ons versigtig wees om nie inligting op sosiale media te versprei wat nie geverifieer is nie,” het Naidu gesê.

Sy het daarop gewys dat die verspreiding van valse inligting of verdraaiing van feite onnodige paniek en onrus in die gemeenskap veroorsaak.

“Die SAPD wil die publiek gerusstel dat daar voortdurende bewusmakings- en onderrigpraatjies oor die veiligheid van kinders by skole en ander instansies gedoen word.”

Sy het ʼn beroep op die publiek gedoen om wanneer hulle op sulke inligting afkom of onraad vermoed, eers die polisie te kontak om die inligting te verifieer. In gevalle waarby kinders betrokke is, kan die eenheid vir familiegeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ook gekontak word, asook die sektorbestuurder van die betrokke gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Willie ·

Kom SAPD, wys ons die ware prentjie en statestieke.. Sommer ook jul plan om die verskrilikke onheil te bekamp.. Hoekom is die hoop van die SAPD so in sil tuipe hieroor??

Hennig ·

As ek so mense om my luister is kinderontvoerings n reuse probleem. Paar weke gelede 30 meisies in Jouberton gevind. Net daarna 12 in Fochville gevind. Een het haar selfoon kon wegsteek en poñisie kon hul so spoor. My opinie is dat polisie die woordvoerder die omvang van kinderontvoerings van die publiek weerhou.

Stuiwer ·

Het jy hierdie inligting geverifieer? Snaaks dat niks daarvan in die nuus gesê is nie?

Bekommerde moeder ·

Daar word elke dag op “facebook” of koerante gevra om op die uitkyk te wees vir ‘n kind wat verdwyn het en dan later of dood of lewendig gevind word, nou sê die polisie om nie baniekerig te raak nie.

Stuiwer ·

Ek stem saam met die polisie dat ‘n mens nie alles moet glo wat op Facebook versprei word nie (dit geld met alles). Mense moet wel bewus wees van die gevare en hul kinders dienooreenkomstig inlig.

Feite ·

Na ‘n insident Maandag by n mall in Boksburg het ek die humantrafficking gebel en hulle het gesê attempted child upduction is die laaste twee weke aan die groei. Ons MOET mekaar waarsku. Ek is nie n voorstaander van fopnuus versprei nie, maar mensehandel IS ‘n werklikheid in ons eie land.

kommer ·

Die week in die dorp waar ek bly is n dogtertjie amper ontvoer. die ouer het geslaag daarin om die kind by die man te vat. Die polisie is gebel en hulle het gese jammer julle kan nie n klag le nie want sie man het nie die kind ontvoer nie. Nou vra ek hoe kan hulle niks doen nie ,moet jou kind eers ontvoer word voordat hulle iets kan doen? Dis belaglik regtig

gatiep ·

Ok so alles is lieg van kinders wat weg raak in die land.
Ons kan maar weer ons kinders aleen skool toe stuur hulle sal baie veilig wees.

abdol ·

nes alles lieg was en is oor staatskaping. stories van jaloerse witmense wat nie wil hê hulle plase, frond, besittings en lewens moet gratis en mahala weggeneem word nie. ons ken mos daardie klasieke ekskusie.

Bekommerde moeder ·

Melis, ek sekondeer, geen vertroue in die SAPD nie en glo niks wat hul sê of doen nie, kan mos self sien wat in ons mooie vervalle land aan die gebeur is

Annon ·

Daar was n Ben Vorster skool meisie amper ontvoer in Tzaneen hierdie week wat verby is!! Hulle het haar in n taxi in probeer kry terwyl sy skool toe geloop het. Sy bly skaars n straat van die skool af. Gelukkig het daar mense in n ander voertuig van voor af gekom en gesien wat gebeur.

Op hol ·

Ek glo dat daar wel gevalle is, maar stem 100% saam dat mense mejaar net op hol jaag met al hierdie waarskuwings.
Gister weer. Oor kind wat amper ontvoer is – maar die dubbeldekker rooi bus in die video wys duidelik dat dit nie eens in SA is nie!
Dis asof mense niks beter het om te doen nie en nou versprei hulle hierdie vreesaanjaende inliging.
Pas julle kinders op. Wees versigtig.
Maar moenie paranoid raak nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.