Moenie hier stilhou en druiwe koop nie, maan polisie

De Doorns Foto: Wsteyn , Dreamstime Stock Photos, Stock Free Images

Die Wes-Kaapse polisie het motoriste gewaarsku om nie by De Doorns op die N1 tussen Worcester en Touwsrivier stil te hou om druiwe te koop nie.

“Die polisie in De Doorns maan motoriste om nie naby GG Camp- informele nedersetting langs die N1 buite De Doorns stil te hou om druiwe te koop nie,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê. “Verskeie rooftogte is reeds in die gebied aangemeld.”

Rwexana het gesê in meeste gevalle het die motoriste slegs stilgehou om druiwe te koop wanneer misdadigers toegeslaan en hulle van persoonlike besittings, soos selfone en kontant, beroof is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johan Venter ·

Daardie is ‘n pragtige stuk aarde in die vallei teen die heksrivier af met die mooiste sprokieskleurige wingerd in die herfs, maar soos menige ander plekke in die land word die landskap ontsier en het die derde wêreld intrek geneem waarby mens probeer verbykyk en die mooie maar liewer so uit die verte aanskou.

barend v d westhuizen ·

wand oral word toe gelaat dat mense kan plak kyk mooi oral langs al die toe gang paaie word daar geplak dit is tyd dat die anc regering hulle werk begin doen

Maria Van Wyk ·

Kyk hoe lyk dit by al die uitkykpunte oor die watervalle in Die Laeveld, ook by God’s Window.

Nog idiote ·

ja waarsku die slagoffers, verander HULLE gedrag en doen NIKS aan die kriminele nie.
net rape culture.
Hierdie land is belaglik

marous ·

Die polisie moet ook nie stilhou om skelms te soek nie , want dan gaan baie flou val ….

lh ·

marous! baie dankie. . . jou kommentaar was my lag vir die dag!

Elsa ·

As dit bekend is dat roof plaasvind, waarom is polisie afwesig?

Maria Van Wyk ·

Wat dink jy is die realiteit? Dis ooglopend dat sekere dinge toegelaat word. Ek raai daar is ‘n verskil in ‘n krimineel en al die werkloses wat uit noodweer geen ander uitkoms het nie. Oor die jare is die mense mos na die stede toe en oral waar daar vir hulle ‘n geleentheid is aangery.

lunsriem ·

Hoe moet die gewone reisiger weet dit is gevaarlik om daar te stop? Die polisie kan mos net die verkopers daar verjaag en die motoris het dan geen rede om daar stil te hou nie. Seker minder werk om net so n waarskuwing uit te reik as om iets DAADWERKLIK aan die saak te doen.

Annakapat ·

Ons het in 2003 in die Kaap gaan kuier en familie het ons toe al gewaarsku om nie daar stil te hou om druiwe te koop nie. Niks het intussen verander nie!
Maar ja, moet liefs niks op straat koop nie!

Regte ·

Politiek verbied polisie om op te tree, stemme kan verlore raak in volgende verkiesing.

SjN ·

As die polisie bewus is van die probleem, hoekom dit nie oplos nie, seker te veel papier werk.

Anti Da ·

Tipies, moenie daar stop nie want ons is nie lus om n plan , of ons werk te doen nie.

TwaalfBoor ·

Het 2001 ñ druiwe verkoper op daai einste plek dood gery.

Oud Rhodie ·

Ry net bietjie verder aan – lieflike padstal rigting Touwsrivier net voor die pas begin. Doen jou aankope daar.

Erika ·

Ja, hoekom stop die polisie nie en vang die boosdoeners nie, of word die vangwa dalk gestop met druiwe? Sit spoedkamera’s op paaie, terwyl hulle in motors sit en koerant lees!
Belaglik! Wees ‘n krimeneel en jy het beter voorregte!

JohanR ·

Ek like om wild te lewe. Stop vir druiwe met vier in die kar elkeen met ‘n geweer, en ‘n Tazer. Net mooi dik, siek en sat vir misdaad in Suid Afrika, en kan nie gaan waar EK will gaan nie, en kan die dien wat EK will doen nie!

Vince ·

De Doorns klink na ‘n plek waar struikrowers floreer. Wat het daar verkeerd geloop? ‘n Tweede Grabouw?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.