‘Moenie ideaal van selfbeskikking verydel nie’

SAvlag

Suid-Afrikaanse vlag. Argieffoto.

Die VF Plus meen dit is uiters noodsaaklik dat omsigtig met die ideale van selfbeskikking en vryheid omgegaan word. Daar moet gewaak word teen die moontlikheid om dit met ondeurdagte optrede te verydel.

“Hoewel Suid-Afrika se Grondwet in artikel 235 erkenning verleen aan die reg tot selfbeskikking en die internasionale reg daarvoor voorsiening maak, moet selfbeskikking en vryheid nie omstrede gemaak word met ondeurdagte pogings en stappe wat dit kan benadeel nie,” het dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep en leier in die Wes-Kaap, in ʼn verklaring gesê.

Dit is van groter belang dat almal in Suid-Afrika wat hierdie ideale nastreef, ʼn gesamentlike front en strategie ontwikkel wat dit ʼn werklikheid kan maak.

“Die VF Plus het simpatie met koning Khoebaha Calvin Cornelius III van die Khoi-San se strewe om territoriale selfbeskikking. Dit vorm deel van ʼn wye oproep om vryheid en selfbeskikking in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap wat elke dag sterker word, en dit moet verwelkom word.

“Die VF Plus ondersteun al die verskillende strewes om selfbeskikking wat al harder opklink namate minderheidsgroepe en die breë publiek ontnugter raak met die huidige bedeling wat op niks anders nie as ʼn tirannie van die meerderheid uitgeloop het.”

Mulder het gesê die huidige ANC-regering het die afgelope 24 jaar net “oppervlakkige lippediens” betoon aan die erkenning van diversiteit en verskeidenheid in Suid-Afrika.

“Dit is juis die VF Plus wat verantwoordelik was vir die insluiting van artikel 235 in die Suid-Afrikaanse Grondwet wat voorsiening maak vir selfbeskikking. Die VF Plus is die enigste politieke party in die Suid-Afrikaanse parlement wat hom vir selfbeskikking van minderheidsgroepe en volke in Suid-Afrika beywer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Solank blankes net die praat van “selfbeskikking” nie… Dan is ons mos rassisties! Wens ons kan ons eie grondjie in hierdie helhool kry. Al is dit net vir persoonlike veiligheid. Ai, ek wens!

Wonder ·

Wat laat jou dink dat misdaad sal verminder as ons ons eie gebied het? Die misdadigers sal steeds aktief wees.

cool ·

Ons eie polisie , hospitaale, diensde, skoole….etc etc
Hemel op aarde

Cherokee ·

polisie, ‘hospitaale’ ‘diensde’ ‘skoole’ etc etc sê jy. Dit is cool gesê.

Werner ·

DieVF probeer nou al 24 jaar so versigtig om selfbeskiking vir ons te bewerkstellig dat hulle al daarvan vergeet het

Roelf ·

Kan iemand asseblief vir my verduidelik wat presies bedoel word met “selfbeskikking”? Beteken dit onder andere dat elke ras/etniese groep sy eie geografiese gebied gaan hê waaroor hy self gaan regeer? Op watter area van die RSA gaan die Afrikaners byvoorbeeld aanspraak maak om self oor te beskik? Ek glo nie dat die Afrikaners onder mekaar gaan saamstem oor waar so ‘n gebied geografies afgebaken moet word nie. Miskien verstaan ek die beginsel heeltemal verkeerd maar vir my klink “selfbeskikking” na ‘n idilliese droom met geen kans op praktiese implementering nie.

Boerseun ·

Niamand het gesê almal gaan daarna streef nie. 200 jaar al streef sekere na vreiheid en self beskikking en het al met waens oor die Drakensberge en 2 oerloe teen die sterkste miltêre mag van daai tyd geveg. Dit ten spyte van diegene wat geglo het dit is net n pyp droom.

Nettie ·

@Roelf, as mens dit beskou dat elke rasgroep sy eie geografiese grondgebied moet hê en daarop woon en leef, sal dit baie wees soos in die dae van tuislande. Dit was in elk geval die gedagte agter die vele tuislande wat gestig is. Had Dr. Verwoerd net die versiendheid aan die dag gelê om genoeg befondsing vir dié tuislande, met praktiese insette vanuit die blanke gemeenskap te lewer, kon dit regtig gewerk het. Hulle het net ‘n groot fout gemaak om groepe swart mense te dwing om na hierdie tuislande te gaan, maar toegelaat dat baie swart mans steeds in die stede gewerk het (vir die goedkoop arbeid) en dís waar die hele plan in duie gestort het.

Was daar genoeg geld om die tuislande tot klein “mini-Suid-Afrika’tjies” te ontwikkel en het daar genoeg industrieë ontstaan om die tuislande ekonomies onafhanklik te maak, kon ons almal nou nog vreedsaam in een groter Suid-Afrika lángs mekaar gebly het. Dit is maar net my stuiwer in die armbeurs ……

RH ·

So wat dir VF se is dis dan net hulle wat die selfbeskikkings aansoek en veg kan begin? Dis hulle reg? Party mense praat teveel, vat teveel geld en doen absoluut NIKS vir ons, hul eie mense! Dis te lank en ons mense, ons boere word vermoor en uit gewis en moet land uit om te kan lewe!! Julle kan die koning van die khoi maar lag maar hulle doen iets wat niemand wat ons veronderstel is om te ondersteun en vir ons doen en gee wat ons verdien! Julle vat net geld en geen resultate nie! Moenie die onherkenbare onderskat nie. Ek dink dinge gaan vir te lank aan soos wat dit die afgelope 24jr geloop het en dis tyd vir drastiese veranderinge! Vir jullr is dit n idieaal maar vir baie ander is dit n realiteit en werklikheid van hoop en n lig vir hul kinders en ouers se toekoms! Politieke partye het net hulself op hul agenda!

RH ·

n Selfbeskikking verydel??? Julle praat teveel en doen te min vir jule eie mense. Die Khoisan koning wat julle voor lag strek sy handr uit na julle ook! Hy doen iets wat julle om n braai vuurtjie net oor praat! Praat minder en doen meer met die geld wat julle kry. Ons mense word uitgemoor en geroei en julle dink dis n ideaal??? Dis hoop en geloof!!!!

gatiep ·

Dankie RH net soos jy se.
Hy doen iets ons praat net en hoop alles gaan vanself regkom.
Die tyd is nou.Later gaan te laat wees.
Geen mens kan so verder lewe in so onsekere lewe.Die Khoisan Koning het n lig aangesit in my.

RM ·

Die Khoi San koning en die Zulu’s het lankal hierdie ding uitgedink, om hulle volk te beskerm. Die Boere soek al vir 200 jaar hulle eie stukkie grond wat niemand kan wegvat nie. Wat van die Boere genocide wat die Britse koningkryk uitgerig het? Kan ons nie ook begin skop en skree oor die verlede nie? Elke liewe Afrikaner het dit gevoel en ons is ook minder as ‘n gevolg daarvan. Ai, dit is hoekom aparte gebiede in plek gesit was…sodat mense kan oorleef want die spiese het deur families gekleef.

Rupert Ashford ·

As Dr Mulder hulle so ernstig is moet hulle dalk hierdie inisiatief steun met kennis en tyd en aksie. Dit sal ook beter as ‘n “slegs wit” inisiatief bemark kan word want dit kan nie as rassisties gebrandmerk word nie. Teenstanders sal nogsteeds probeer maar dit sal nie so maklik wees nie.

tamboti ·

Ek stem saam, die reg tot selfbeskikking moet nie verydel word nie MAAR daar gaan niks gebeur as NIEMAND die bal aan die rol sit nie! VF ons kan nie wag dat al die minderhede in plakkerskampe gedryf word en dan opstaan en selfbeskikking vereis nie.
Kyk wat het die (on)heilige Israel nou gedoen. Wil jul wag tot art. 235 uit die grondwet verwyder word of net van toepassing op “inheemse” volke verander word? Die tyd is NOU,neem die inisiatief en stel die versoek amptelik – ons sal volg, ons sal verenig agter jul maar as jul uitstel gaan dieselfde gebeur as met Khoebaba; die verkeerde persoon of instansie gaan opstaan en dan mors hul ons kanse!
ASSEBLIEF VF+ die tyd is reg!

Nettie ·

@tamboti – jy het reg. Pleks die VF+, Afriforum en Solidariteit spandeer die geld van hul lede om òf mense te “sponsor” om uit hierdie verdelgde, vermorste, vernielde land te kom en elders ‘n bestaan te gaan maak óf hulle begin druk uitoefen op dit wat hulle ‘n “huidige bedeling onder die tirannie van ‘n meerderheid” noem om die minderheidsgroepe in die land toe te laat, onder Artikel 235 van die Grondwet, om ‘n wettige soewereine staat uit te roep.

Tyd vir blah-blah-blah is verby. Aksie is nodig. As ek net weet wat om te doen, sal ek sowaar my gewig (al 130kg daarvan) agter die beweging en aksie ingooi.

JAN ·

Die Jode het sopas hul volkstaat gekry en dus ware selfbeskikking!!
Dit beteken die einde van Soviet globalisasie.
En skielik is daar hoop vir klein begaafde volkies….
MSM se tiranie van disinformasie staan einde se kant toe.

Mrs H ·

Ons MOET die Vrystaat hierin bysluit! ONS voorvaders het n ooreenkoms gesluit met Lesotho met water voorsiening ten alle tye vanaf die Katsedam, en ONS voorvaders het die water aanleg (te siene buite Clarens) gebou. Die Kaap alleen, is dood eenvoudig nie groot genoeg nie.

Wonder ·

Ek wens almal wil net ophou om terug te delf in die verlede en vorentoe kyk, dan het ons nie eens ‘n eie staat nodig nie.

gatiep ·

Waar n wil is is n weg.
God sal water vir ons voorsien hier as ons hier gaan lewe volgens sy wil.
Die Khoisan en wild het oorleef vir baie jare in Namib met min water.

leon ·

Die enigste positiewe met die staat wat faal is die moontlikheid vir selfbeskikking. Dit gaan lang proses wees. Ek glo dat ondersteuning van Wes- en Noord-Kaap bruin mense ‘n belangrike rol gaan speel. Langtermyn plan is dus die konsentrasie aan die westelike deel van die Suid-Afrika. Die opbreek van die land soos ons hom ken is onvermydelik.

RM ·

Die kop van die ANC is vrot van rot, so gebiede sal moet groei uit hierdie gemors. Persoonlik dink ek dit gaan baie vinnig gebeur. Die armste mense in hierdie land is lus om ‘n loesing toe te pas en sien dit as hulle enigste opsie.

Faan Bothma ·

Vryheidsfront, begin DOEN !!!!! Die vraag ontstaan – bestaan julle nog ?

Cornelia ·

Dankie Dr.Mulder en VF+. Die anc se doelwitte en sy tirannie kom egter nie as ‘n verrassing nie of hoe? Die enigste verrassing was ons volk se blinde ja – stem. Om bondgenote te kies wat so openlik hulle wortels in vyandige sones geanker het, is om vrywillig jou huis en huisgenote in breë volksfront op die terreur tafel te offer. En tog is daar ten spyte van die drukgang waarin S.A. hom bevind, hoop op uitkoms in ons terugkeer na God. Die Here is wakker oor Sy Beloftes. U stry vir wat reg en goed is. Die Here sal ons land weer herstel. Hou moed en bou voort as ‘n gesonde gewete in ons stukkende land S.A.

dr Sakkie van der Merwe ·

Tyd geword dat ons ophou politiek speel in die demokratiese Suid Afrika en daarwerklik pogings soos die van die BAV ondersteun. Laat ons kyk wie werklik ‘n vryheids strewe het om voor te begin en wie net om die braaivleis vure sit en skel.

HPV ·

Begin al meer dink selfbeskiking kan werk, dan is daar immers ‘n klein deel van die land wat nog funksioneer na betogers alles in die res van die land afgebrand en geplunder het. Hoop, voedsel en ‘n vertrekpunt viir ‘n nuwe begin na hulle tot die besef gekom het daar is niks meer oor nie.

Wonder ·

en dan kom hulle na jou afgestigte staat en doen dieselfde daar…..hoe gaan hulle uitgehou word???

LHS ·

Ons almal se strewe maar ongelukkig nie uitvoerbaar nie, nie in hierdie land nie.

Hennie Bothma ·

Vryheidsfront Plus is gewoon net nóg ‘n party waarvan die lede politiek bedryf suiwer vir die geld daarin te verdien. Hulle ‘beywer’ hulself immers al sedert ’94 vir Afrikaner-selfbeskikking, egter só binnesmonds dat niemand dit nou ooit sal agterkom nie. Hulle laat, tipies, voor elke verkiesing ‘n effe luider geprewel hoor.

Eish ·

” …almal in Suid Afrika wat hierdie ideale nastreef, n gesamentlike front en strategie ontwikkel wat dit n werklikheid kan maak.”
Ek voel die ongeduld aan my eie lyf, tog moet ons nie rede inboet deur ondeurdagte optrede nie. Daarmee kan ek ek ook saamleef. Die kruks van die saak, is om net n begin te maak. Kry die skape van die kraal bymekaar en begin n plan op die tafel sit terwyl ons nog kan.
Ek dink vir die eerste keer in die geskiedenis is die VFplus in volmaakte harmonie met ons as minderheidsgroep se ideale. Dit op sy beurt is die gevolg van ontnugtering en werklikheidsbesef.
Ek is van mening dat al die instansies wat werklik oor ons lot as minderheidsgroep begaan is, moet saamkom en saamwerk aan die gemeenskaplike doel. Dit kan verseker geskied sonder om individualiteit in te boet.
Die tyd is ryp en die geleentheid daar. Praat asb uit een mond en laat ons nie onsself verswak deur splinteroptrede nie.
Ons wag vir julle!

jaco ·

rondom 1980 het die AWB en ander klein regse groepe al gesien waarheen die regerende Nasionale Party se “hervorming” sou lei. Hulle het dus begin praat van ‘n wit volkstaat. Die NP het dit afgeskiet as rasssime en die regse Herstigte Nasionale Party en die latere regse Konserwatiewe Party het gesê “dit kan nie werk nie”. Hulle het gedink hulle kan ‘n wit verkiesing wen en weer apartheid terugbring. So klomp kanse is daar verspeel. Ons mense was seker ook maar nie lus vir verhuis en dan al die werk self doen nie. Uiteindelik het skaars 60 mense darem in 1991 Orania gestig. Vandag 27 jaar later bly daar maar 1200 mense en daar is 8 kerke! Ons mense leer nie van saamstaan nie. 1 miljoen nee stemme in 1992 is in 1994 af na 425 000 vir die vryheidsfront en die party se steun daal steeds. dit was in 2014 op 170 000. die res van die 1 miljoen is nie almal dood of by die DA of in Australië nie. dis eerder’n geval van ons mense wat baie te sê het en baie oor verval van SA praat, maar nie werklik belangstel in deelname ens nie. Ons grawe ons eie graf, ons bewerk ons eie ondergang met kans op kans op kans wat ons al vir dekades lank laat verbygaan.

Eish ·

Feite.
Ek hoop maar die werklikheid van n lewe in die helhool het baie se denkrigtings gewysig aangesien die realiteit nie opgelewer het wat plegtig bepraat en belowe is nie.

Wonder ·

Afrikaners kan nie saamstaan nie. Die blote feit dat daar so baie politieke partye in hierdie land is, is ‘n voorbeeld daarvan.

RM ·

Jy is heeltemal reg. Mense gaan moet opdaag en saam stem om die syfers te buig in ‘n rigting wat kan impak maak. Ongelukkig, wys die Afrikaner se geskiedenis dat hy eers reageer wanner hy aangeval word, dan bars ‘n vuur in sy hart los en geloof trek ons saam en tannies bak koeksisters todat die lewe weer begin blink lyk :) Ek is SO lief vir my mense, hierdie land het my betoor al wil die ANC he ek moet my skaam vir my Boere vel. Siek en sat.

humor ·

Eish en Jaco baie sinvolle kommentaar. Die groot oorsaak vir hierdie onvermoe om saam te staan bly steeds welvaart, individuele selfstandigheid. selfgerigtheid. Materialisme en gemaksug het. Dit het n gruwelike afgod geword. Die beste ding wat die huidige regering vir homself kan doen is oa. om die rugby geheel en al in die hande van die blanke te plaas sodat hierdie afgod n volkome greep kan kry. Ander volksafgode in die plek van ware christendom was oa. die NGKerk, en die NP. en natuurlik ook Afrikanerskap wat verhef was bo ware christenskap n egte verhouding met GODDRIE-ENIG.

Cornelia ·

Nou ja Dr. Mulder, niemand het kon waarborg dat vuur en swael nie op u gaan reën nie. Ons lojale leierskorps uit al die sektore te bedink veg reeds jare en jare lank teen die “tsunami” van ‘n roekelose tydsgees wat in ‘n mensgemaakte magsbasis belê nie. Drink sal ons hierdie beker drink! Die VF+ en ander stryders veg in die voorste linies waar die hitte op sy warmste is. Die manne en vroue staan daar waar niemand anders daardie ruimtes kan of wil vul nie. Om elke dag teen soveel twak te mobiliseer is nie ‘n maaltyd waarna ‘n mens hunker nie. Bemoedig die wat nog stry met gegewe wapens tot hul beskikking deur u gebede en die Skrifwoord van God. Elke tree is ‘n handeling van aksie!

Waarom ·

Daar is te veel onpraktiese dinge wat sal maak dat so ‘n aparte “staat” nie sal kan funksioneer nie. Waar gaan almal werk, bly,noem maar op….die idee is nie sleg nie, maar nie prakties uitvoerbaar nie. Daar gaan te veel geld hiervoor nodig wees en waar gaan dit vandaan kom?

Waarom ·

Solank die stigting van ‘n aparte “staat” nie die gevolg van vrees is nie. Vrees is soos ‘n sweer wat op ‘n stadium gaan oopbars.

humor ·

Uit ons leunstoele word daar op VF + geplaf en gese staan op en doen iets. Iemand anders moet altyd iets doen. Maar wat daravan om langs die braaivleisvure op te staan en om saam met bestaande burgerlike organisasies en VF+ die hand aan die ploeg te slaan en n mobiliseringsfaktor te word. Kom ons raak ontslae van die die houding dat iemand anders dit altyd moet doen.

Eloise ·

Miga 2:13
Die deurbreker (Messias) sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittek…

Realisties ·

So graag soos ek sal wil hê dat ons almal in absolute harmonie moet saamleef, weet ek ongelukkig dat dit nie realisties is nie. Daar is al in ander lande wat SA vêr vooruit is, bv VSA, nog nooit volkome harmonie geskep tussen kulture nie. Ook sal ons oor 50jaar nog steeds “die rede” wees vir hulle swak besluite en swak bestuur….en konstant daaraan herinner word.
Trek is nie oornag nie, maar haalbaar oor ‘n tydperk van 10jaar. Soos poste vakant word moet die reel wees dat dit net gevul word met die kultuur groep van daardie area. Dus hoef niemand werk te soek nie maar vul bloot poste soos dit beskikbaar word. Die nuwe staat maak met tyd fondse beskikbaar om bejaardes en gestremdes te verskuif en vestig. So sal daar oor ‘n tydperk van 10 jaar ‘n migrasie van die meerderheid wees.

Realisties ·

Bv: Wetgewing vir alle SA state:
Vir die volgende 10 jaar mag net die inheemse kultuur groep van ‘n area:
* aangestel word in ‘n vakante pos
* ‘n besigheid oorkoop
* ‘n nuwe besigheid registreer
* eiendom koop
Na 10 jaar verval hierdie wetgewing

Joshua ·

En wat is die volgende stap waneer die ANC enige selfbeskikking verwerp?

tamboti ·

“Die Afrikaner kan nie saam staan nie” kan julle anti-Afrikaner volk gesindes asseblief ophou om julle ‘KANNIES’ oor die res van ons uit te spreek! Die Groot Trek is ‘n bewys van ONS KAN – nee almal het nie saam getrek nie, maar die wat het en oorleef het, wsas suksesvol. Die Republiekwording is ‘n voorbeeld van ONS KAN, Chris Barnard en Elon Musk is voorbeelde van ONS KAN!
En hou op om te sê: “ons is ons eie grootste vyand” dit is dwarstrekkers, ruggraatlose kruipers, tou opgooiers en joiners wat ons vyand is.
Geen stryd om vryheid is moeiteloos en sonder bloed nie, dit besef ons – maar so ook geen verdrukking nie, en ons beleef dit alreeds!
Julle wil weet waar sal ons grondgebied wees – dit sal onderhandel moet word vanuit die beginsel van wat die Afrikaner nou besit en wat ons bereid is om op te gee terwille van waar ons saam kan groepeer.
Ja en dan sal dit noodwendig etnies suiwer gehou moet word, daar is geen ondubbelsinnigheid daaroor nie.
Vryheid kom met ‘n duur prys, maar jy kan kies om alles en jouself vir niks weg te gee…….dink maar aan Zimbabwe en al die ander Afrika voorbeelde!

Marius ·

Die VF moet dalk hulle huiswerk gaan doen oor hierdie “ondeurdagte poging”. Dis goed beplan en volg alle reels. VF is een van die wat nie kan saamstaan nie. Hoekom praat julle nie met SSGH en kry julle feite reg nie. Die “window of opportunity” is hier. Gryp dit aan. Die is nie n “scam” soos baie mese dink nie. Gaan lees baie, kyk die videos op youtube en educate julle self.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.