Moenie Luka-video versprei nie, vra SAPD

Argieffoto

Die polisie in Noordwes het Maandag ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om nie ʼn video te versprei waar twee skoolmeisies ʼn ander meisie dwing om kaal uit te trek nie.

“Die persone wat die video versprei benadeel die ondersoek,” het brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “Ons maan die gemeenskap om nie die betrokke video te versprei nie.”

In die video eis die twee meisies, geklee in hul skoolklere, om die ander meisie kaal te sien en dreig om haar dood te maak. Sy smeek hulle om haar te vergewe, maar dan sê hulle soek beeldmateriaal van haar. Hulle onderneem om dit nie op sosiale media te deel nie.

Die twee meisies, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, is reeds op 12 Oktober in hegtenis geneem op aanklag van seksuele aanranding en aanranding ná die saak by die Phokeng-polisiestasie aangemeld is. “Hulle het op 15 Oktober in die Bafokeng-landdroshof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R500 elk. Hulle sal op 15 November weer in dié hof verskyn,” het Mokgwabone gesê.

Lede van die polisie, die gemeenskapspolisiëringsforum, ʼn beampte van Rustenburg se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het reeds die skool in Luka op 18 Oktober besoek om seksuele mishandeling met leerders en ander kwessies, waaronder die verspreiding van pornografiese materiaal, te bespreek.

Die ondersoek duur voort.

Forum 4 Service Delivery (F4SD) het intussen gesê skoolbeheerliggame en wykskomiteelede moet opgelei word om teen boeliery by skole op te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marlene Bothma ·

Waar gaan die lyn getrek word. Onderwysers mag nie hul hande lig nie…toemaar in die nuwe Suid Afrika doen die kinders meer skade aan mekaar. Hoop die dogters kry tronkstraf…2 minder boelies

Snowball ·

Kinders en jongmense mimiek die samelewing waarin hulle grootword, vir dié wat opvoeding en liefde tuis kry, is daar ‘n ander ondersteuningstelsel en ander norme as dié wat aan ons siek wêreld blootgestel word sonder ‘n kompas soos ‘n behoorlike skool, kerk en ‘n rigtinggewende ouerhuis. Hulle word slagoffers van ons skeefgetrekte wêreld en invloede soos pornografie, geweld, misdaad en gebrek aan morele standaarde spoel uiteindelik oor tot hierdie tipe gedrag. Siek land, siek wêreld, siek jongmense.

Theresa ·

Ook geen salf te smeer nie…………………………..

Joe ·

As die slagoffer onder 18 is, moet n klag van maak,besit en verspreiding van kinderpornografie bygesit word.

Hans ·

Borgtog van slegs R500-vir sulke skandige optrede-kan dit nie glo nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.