‘Moenie SAL-kaartjies koop nie’

SAL-SAA-Airbus-A330-243

Drie van SAL se Airbus A330-243 vliegtuie staan by Heathrow-lughawe in Engeland in 2012. Foto: Alex Beltyukov/RuSpotters Team/Commons.wikimedia.org

Die sakeorganisasie Sakeliga het sy lede Maandag versoek om, indien redelikerwys moontlik, voortaan nie met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te vlieg nie.

“Om die SAL verder te ondersteun is teen die openbare belang,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. “Dit stel bloot die einde van die SAL uit en vergroot op disproporsionele wyse die uiteindelik skade aan die ekonomie en fiskus. Hoe vinniger die SAL tot die nodige hervorming, ontbondeling, afskaling of sluiting gedwing word, hoe beter vir almal. Ons moedig daarom van vandag af ons lede aan om nie meer SAL te vlieg nie.”

Le Roux sê as die staat nie wil of kan ophou reddingsboeie gee nie, moet sakelui en die publiek ophou passasiers wees. “Dit is hoe markdissipline werk – iets wat die SAL dringend nodig het. Sakeliga sal sy versoek aan lede heroorweeg sodra voldoende markhervormings by die SAL in plek gestel word.”

Sakeliga se versoek aan lede volg op die versnelde ineenstorting van die SAL die afgelope maand. Verwikkelinge sluit in twee versekeringsmaatskappye se onttrekking van bankrotskapversekering vir vlugkaartjies, die opskorting van kaartjieverkope deur prominente aanlyn kaartjieverkopers, en naderende bykomende skuldwaarborge en kontantinspuitings deur die staat.

“Die SAL het die afgelope jare miljarde rande se belastingbetalersgeld ontvang. Hervormings is keer op keer belowe, maar skulde neem eenvoudig toe. Daar is geen vooruitsig dat die SAL winsgewend sal word nie. Boonop stuur verdere hulppakkette deur die staat op ʼn fiskale krisis af, gepaardgaande met afgraderings by kredietgraderingsagentskappe en wesenlike ekonomiese skade.”

Le Roux het die vakbond Solidariteit se sakereddingsaansoek verwelkom. “Dit sal politieke invloed op die lugredery verminder en is klaarblyklik die beste opsie om lewensvatbare dele van die SAL te verkoop en verliesmakende dele te sluit, met so min ontwrigting moontlik vir werknemers. Gelukkig is daar ʼn suksesvolle private lugvaartbedryf in Suid-Afrika, wat vinnig enige bykomende aanbod en vraag kan absorbeer.”

Le Roux neem intussen kennis van ʼn mediaverklaring oor die SAL Sondag uit die kantoor van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. “In die verklaring verbind die departement hom tot drastiese hervormings by die SAL, maar ongelukkig van die verkeerde soort. Dit sluit in om ‘ingrypende inisiatiewe vir groter markaandeel te onderneem’ en ‘seker te maak die SAL bly oop vir besigheid.’ Die teenoorgestelde is egter nodig, naamlik die drastiese afskaling en die ontbondeling van die SAL se bedrywighede.”

Sakeliga wil met sy versoek aan lede oor kaartjieaankope bydra tot die nodige hervormings by die SAL. “Ons glo dat die eskalerende skade wat die SAL veroorsaak so gou as moontlik tot ʼn einde gebring moet word. Uiteraard is daar persone in die regering wat die noodsaak hiervan insien, al kan hulle dit nie noodwendig openlik bespreek nie. Alhoewel markdissipline in die korttermyn bykomende pyn kan veroorsaak, glo ons dat verantwoordelike sakelui en die publiek hierdie persone in die regering se hande kan sterk om die onvermydelike ontbondeling en beëindiging van die SAL vinniger te bewerkstellig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Wolf Cilliers ·

Darem is daar ten minste een
voordeel rondom die SAL debakel nl. dat daar baie waardevolle lesse daaruit geleer kan word. Of hulle dit gaan benut is ‘n groot vraag.

Daan Erasmus ·

Dit was reddingsboei na reddingsboei. Genadiglik is ons, die arme belastingbetalers se geld op. Klaar. Nou kan daar planne gemaak word. Daar was altyd geld vir luukshede maar niks vir droogtehulp.

Pieter ·

Ek stem saam jou daan dit is nou tyd dat ons die ANC op n mooi manier n les leer al ons blankes moet nou saam staan en geen kaartjie by SAL koop nie laat hulle nasie die SAL ondersteun

Anoniem ·

Dit het tyd geword dat die regering moet besef dat die gelde wat so gegee word vir redding van staats departemente van die man op straat kom. Die man op straat kan die regering maak of breek en ek se kom ons breek die regering. Maak van geen staats instansie gebruik waar hulle jou geld opvreet soos n trek sprinkaan want dit is wat hulle doen die een na die ander instansie gaan bankrot. Daar is baie wat die man op straat kan doen om die regering te straf lets do it

Johann Holtzhausen ·

Ek stem saam! Dit geld ook nie net vir SAL nie. Dis regtig tyd dat ons druk uitoefen dmv ons keuses. Ons moet as publiek net vasstaan en deurvoer wat ons in ons harte weet is reg.

Steenkamp ·

‘n Bankrot spul het sekerlik nie meer die beste “pilots” en of tegnici nie m.a.w. alle standaarde het gedaal. Nee dankie vir Afrika se duur donkiekar.

Cybersakkie ·

Daar is ongelukkig sekere roetes wat slegs SAA diens, bv Or Tambo na Kimberley.

Naas ·

Stem saam. Ons as betalers van inkomstebelasting in SA moet saamstaan en die SAL gedrog laat ondergaan. Dan kan iemand met sakesin (Virgin?) die SAL handelsmerk oorneem en winsgewend bedryf. Terselfdertyd sal ‘n toffie gewys word vir die arrogante, sosialistiese ANC vakbonde.

Rooikop ·

Dit is goed en wel om te sê moenie SAL kaartjies koop nie en dat die plek toegemaak moet
word…………….. Maar waar is Dudu Nyeni ??? Al die gemors het by haar begin……….. Waar is die vrou wat nou wegkom met alles ???
Onthou net, duisend mense gaan hulle werk verloor en hulle is nie verantwoordlik vir
hierdie korrupsie, gemors, stelery nie ……… noem dit net wat jy wil.
Dit is eintlik baie traumaties vir die mense wat daar werk …………. Vra my, ek het familie wat daar werk …………….

HPV ·

Rooikop, meer as ‘n miljoen mense het reeds hul werk verloor deur die toedoen van die ANC. Die ekonomiese insinking tot rommelstatus kan direk voor hul deur gelê word. Duisende besighede het hul deure gesluit, ander het kleiner gegaan om te oorleef. Die belastingbetaler kan net eenvoudig nie meer die ANC se plundertog en/of mislukkings borg nie. Stop hulle en red Suid Afrika asook jouself!

Pieter ·

Broer jou familie sal ok wees daar is baie blankes met goeie harte maar die ANC het klaar met ons gemors wat van al die ander blankes wat die ANC van ontslae geraak het om plek te maak vir hulle kaders gaan kyk waar bly groot mev ons blankes finansier hierdie korrupte ANC regering genoeg is nou genoeg laat die plek tot n val kom

Jan ·

Wat ek nou al jare nie verstaan nie, is dat enige iemand enigsins SAL vlieg. Hul kaartjiepryse is deur die bank omtrent dubbel die prys van ander lugrederye.
Tweedens verstaan ek nie dat hulle in so swak finansiele posisie kon kom nie, as jy inagneem dat alle staatsinstellings verplig word om SAL te gebruik. En staatsamptenare, glo my, vlieg die wereld vol. Daardie staatskaartjies van SAL is drie tot vyf maal die prys van n kaartjie vir die publiek. Waar gaan die geld heen?

Oom Johan ·

Ek’s bly daar’s ‘n stem van redelikheid en ek hoop ons publiek luister daarna. Ons STOP vandag nog enige koop van kaartjies by SAL en dwing hulle om hul deure te sluit. Die skoen is nou aan die ander voet. Gedurende die apartheids-jare kon die ANC hul mense oorreed om baie instellings te boikot, nou’s dit ons beurt…..

Ek en my gesin kan nie eers onthou wanneer laas het ons met SAL gevlieg nie. Elke landsburger behoort nou sy voet neer te sit en koop geen enkele kaartjie nie!!

Sam Brookes ·

Ek was nog nooit op ‘n SAL vliegtuig nie. Net die adel by ons werk het SAL gevlieg. Om die liedjie uit die fliek Frozen aan te haal: “Let it go, let it go …”

Steffan ·

Geen regdenkende sal nog SAL kaartjies koop nie…

Die risiko om SAL te vlieg is net te groot, al vir jare.

Hierdie oproep van Sakeliga is ietwat onvanpas.

Die simboliek is wel van groot waarde.

Die vraag nou, sal Sakeliga en die belastingbetaler Eskom kan ontbondel deur minimum krag aan te koop?

Elke belastingbetaler kan hul krag verbruik drasties inkort en so Eskom se verkope en inkomste laat daal.

Dit gedoen moet ons gereed wees vir groot pyn, voordat dit beter sal gaan.

Eskom se houvas op ons moet gebreek word.

Die normale mark kragte sonder politieke inmenging kan dan oorneem.

Matt ·

Steffan, Eskom se probleem word deur ‘n grotendeels deur ‘n sekere deel van die bevolking veroorsaak. Ek weet van mense wat duisende skuld, maar hul krag bly aan terwyl ander wat nie die einde van die maand betaal nie, se krag onmiddelik gesny word. Indien die kaders of ondersteuners se krag gesny word, word goed aan die brand gesteek en ifrastruktuur beskadig. Die mense is jare terug gratis krag, water en behuising belowe om hul stemme uit te bring en hulle “demand” dit vandag nog.

Johann Holtzhausen ·

SAL of ESKOM, ongeag die redes vir hulle dilemmas, ons moet as publiek nou opoffer om ‘n einde te bring aan hulle misbruik van ons fondse. Bly weg van SAL en belê in alternatiewe metodes om krag sover as moontlik self op te wek. Die bate bly joune en hulle kry minder.

Wondermaarnet ·

Boikot SAL. Die staat het te veel met belastingbetalers se geld SAL aan die gang gehou. Wanneer gaan die kaders besef Eskom, SAL en die SAUK melk die land? Daar is ander lugrederye en geld kan eerder gebruik word vir behuising en dienste.

Bert ·

Lyk my die staking om ‘n 8% verhoging was die druppel wat die emmer laat oorloop.
Dankie tog, nou moet ons net saamstaan.

Bert ·

Wat van die vakbonde sit hul pensioenfondse in om saa nog ‘n rukkie aan die gang te hou.

DG ·

Die enigste probleem is dat daar bestemmings in Afrika is waar ons werk, wat nou dubbel die tyd vat om heen te reis… Eish. Vir sommige van ons was SAL nog die korpad na Afrika, nou is dit laaaaang pad.

HPV ·

Die SAL sal vervang word met ander en die keer BEVOEGDE WINSGEWENDE lugdienste wat ook Suid Afrikaners in diens sal neem en nie die belastingbetalers leeg plunder, betoog en staak nie. DG, byt vas, beter dae kom!

Hitler ·

1 – Kry die “ou mense” terug met geen verskuilde agendas
2 – Stel elke “bevoegde” aan op ‘n jaar/jaar basis met 6-mnd probation review.
3 – Alle bonuses word alleenlik gemeet aan maatskapy netto winste per departement/afdeling met ‘n vasgestelde bedrag regdeur en nie % gewys van die salaris skaal nie.
4 – Almal betrokke by verliese moet persoonlik aanspreeklik gemaak word, nie die maatskappy nie

Wow. ·

@Hitler, Dis die beste voorstel wat ek nog gehoor het. No work-No pay. as jy aan n vakbond wil behoort, MOET hulle jou betaal om te staak. As jy nie met jou werkgewer in eendag oor jou verskil kan ooreenkom nie – vat jou”pie” en waai.

Johan ·

ek stop ook alle vlugte op SAA, ek sal dit dalk oorweeg om weer n kaartjie op SAA te koop indien die vrou van die Unie wat gese het dit is Onveilig om met SAA te vlieg ontslaan is. Wie se hulle gaan nie vliegtuie saboteer nie om n punt te probeer bewys nie! Jaag haar weg en ek mag dalk weer in die toekoms dit oorweeg om n kaartjie op SAA te koop. Vir nou is dit verby.

JohanR ·

Kry ‘n koper vir SAL, en laat die eens trotse lugdiens weer hoog sweef. Moet eenige iets in Suid Afrika as die ANC nie meer betrokke is nie, dan kom die herstel sommer gou. Kan ek ook voorstel dat elke keur dat ‘n SAL vliegtuig opstyg, Dudi Myeni aan die vlerke of stert vas gemaak is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.