‘Moenie wag tot dit te laat is nie’

Mirinda Potgieter. Foto: Verskaf

Mirinda Potgieter. Foto: Verskaf

In ʼn poging om te midde van die veldtog, 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, bewusmaking te skep, het ʼn slagoffer besluit om haar storie te deel byna ʼn jaar nadat sy by haar Pretoria-huis deur haar man geskiet is.

“Daar is te veel mense wat stil bly. Praat daaroor – ʼn mens moet daaroor praat. Sit jou voet neer en kom uit met alles voor dit te laat is,” het Mirinda Potgieter (40), ʼn ma van twee seuns van Theresapark in die noorde van Pretoria, Maandag aan Maroela Media gesê.

Mirinda se verhaal het in Desember 2014 die nuus gehaal toe daar wyd berig is dat ʼn 42-jarige man in hegtenis geneem is nadat hy sy vrou en ʼn prokureur by ʼn meenthuiskompleks in Theresapark geskiet het. Mirinda en haar buurman en prokureursvriend, Paul Botha, is tydens die tragedie op 30 Desember deur Christo Potgieter (nou 43) in die kop geskiet, maar het albei wonderbaarlik oorleef.

Christo is op die toneel in hegtenis geneem. Hy is op 28 Julie in die Pretoria-Noord-hooggeregshof skuldig bevind aan poging tot moord en tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Hy dien sy vonnis by die Zonderwater-gevangenis naby Cullinan uit.

“Ek en Christo was vier jaar lank getroud voor dinge in 2014 handuit geruk het. Die gevaarligte het begin flikker toe ek, veral gedurende drankmisbruik-voorvalle, agtergekom het hy vloek erg en raak baie aggressief,” het Mirinda gesê.

“Op Maandag 27 Oktober het Christo in ʼn woedebui my selfoon gebreek. Hy het dieselfde dag by sy ma se huis gaan intrek. Die Woensdagmiddag het hy besope by die meenthuis opgedaag en met sy 4×4 Toyota Fortuner drie keer teen die motor waarin ek was, my suster se wit Proton, vasgery. Ek het my been gebreek en was in die motor vasgepen. Hy het toe in die huis gevaar en alles stukkend geslaan. Hy het ook ʼn pik gebruik en my motor, ʼn Nissan Micra, in die motorhuis stukkend geslaan.”

Christo is op die toneel in hegtenis geneem. Mirinda was vir drie dae in die hospitaal. Toe sy die Vrydag ontslaan is, is Christo op borgtog van R500 vrygelaat en aangekla van opsetlike saakbeskadiging. Die motors is glo so erg beskadig dat die versekering albei afgeskryf het.

“Ek het onmiddellik ʼn beskermingsbevel teen hom aangevra en ʼn prokureur wat deur Paul verwys is, aangestel vir ʼn egskeiding. ʼn Paar dae later het Christo saam met ʼn polisiebeampte by die huis opgedaag. Ek moes Paul, my buurman, vra vir hulp weens die beskermingsbevel op grond waarvan Christo nie daar mag gewees het nie. Hy het egter gesê dit is sy huis en hy het sy sleutels kom haal. Hy is uiteindelik daar weg.”

Sy het gesê Christo, ʼn passer en draaier, het glo opgehou om vir al die uitgawes te betaal. Sy en haar twee kinders, Chris (18) en Cyril (9), is sedertdien van haar inkomste as ontvangsdame afhanklik.

“Ek en die seuns is toe deur ʼn moeilike tyd. Te midde van die spanning het ek nie vervoer gehad nie en kon nie by die werk uitkom nie. Ek moes sukkel om daagliks reëlings te tref dat my kinders by die skool kon kom.”

Mirinda verduidelik in dié stadium het Christo haar gebel en glo met die dood gedreig as sy van hom sou skei.

“Die oggend van 30 Desember het hy weer by ons kompleks opgedaag en gesê hy wil my nie seermaak nie, maar net kom hoor of ek nie die saak wil terugtrek nie. Ek het my en die seuns in die huis toegesluit en weer vir Paul gebel om te kom help. Hy en Paul het buite die huis gepraat en Christo het gesê hy wil net sy bakkie se ‘papiere’ kom haal. So het hy die huis binnegekom en my in my gesig geskiet. Ek het omgedraai, weggehardloop en met my gipsbeen oor die bure se muur gespring. Nog twee skote het afgegaan waartydens hy Paul agter sy kop geskiet het. Christo het nog vanuit die vangwa vir my seun gesê hy kom terug.”

Mirinda en Paul is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Mirinda se hoofslagaar is met 2 mm gemis.

Christo is in hegtenis geneem en nie weer borgtog toegestaan nie. “Hoewel hy tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is en minstens 10 jaar daarvan agter tralies moet deurbring, vrees ons vir die dag dat hy mag uitkom. Maar ek kyk vorentoe, ek gaan nie toelaat dat angs my lewe regeer nie.”

Sy verduidelik dat die voorval by haar en die seuns sielkundige letsels gelaat het en dat sy finansieel sukkel. “Ons is binne gemeenskap van goedere getroud en Christo weier om die egskeidingsdokumente te onderteken. Ek wil die huis verkoop en het ʼn koper, maar Christo het nou al twee keer geweier om die dokumente te teken. Intussen bly ons nog steeds in die huis; ek kan nie die huis betaal nie en raak agter. Ek kan nie glo dat die man uit die gevangenis nog so ʼn houvas kan hê nie. Ek sal dit nie duld nie en gaan met die hulp van my prokureur ʼn hofbevel kry om hom te dwing sodat ek en my seuns kan aangaan met ons lewe,” het sy gesê.

Mirinda het afgesluit met die boodskap: “Ek wil ʼn inspirasie wees vir vroue daar buite wat in sulke situasies vasgevang is. Sit jou voet neer en praat met iemand. Moet nooit dink jy gaan nie op jou eie oor die weg kan kom nie. Daar is altyd ʼn plan B. Aardse besittings is nie belangriker as jou lewe nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Mercy ·

Raak deel van die Facebook blad Worthy Woman, en deel jou storie. Dit kan iemand se lewe red!

Lucy ·

Mercy – Watter spesifieke bladsy is dit op facebook, daar is ongeveer 8 as mens dit search… Ek het soortgelyke dinge deurgegaan en sal baie graag by die blad wil aansluit…

Eish! ·

Sjoe en dan word die hel beskerm! Die staat mors Jan publiek se geld met hul storietjies. Sorg eerder dat die wet so verander dat slagoffers beskerm word en dat sulke geweldenaars boet vir hul dade.
Ek meen hy sal een van die dae op parool uit wees………wat dan? Kyk na die man van PE wat verlede week in ‘n dak dood geskok is. Vir moord het hy parool gekry.

Onskuldig ·

Ek wil net vra. Is daar ander mans wat deur vroue aangerand word? Ek was vir 13 jaar aangerand en was 2 keer amper geskiet deur my vrou. Geen rede daarvoor nie. Sy het ook nou al haar minnaar se vingers gebreek en hom aangerand.

Riaan ·

Ek gaan ook op die oomblik deur n skei saak.As ons alleen is skree breek en slaan sy!Maar bel ek die polisie dan huil sy en ek het geslaan en goed gebreek!Dit raak moeiliker elke dag!

prolinetrue ·

Ja – ek was ook aangerand deur my vrou sonder rede – dis presies hoekom ek weier om geweld teen vroue te ondersteun – hoekom word mans nie beskerm nie – hoekom word daar nie so bohaai gemaak nie?? Elkeen vir hom self

Anon ·

Prolinetrue, ek verstaan jou punt, maar hou in gedagte dat mans baie sterker is as vrouens. En as ‘n man ‘n vrou aanrand, kan sy nie noodwendig haarself verdedig nie (omdat hy sterker is as sy), maar as ‘n vrou ‘n man aanrand, kan ‘n man homself verdedig (weereens, want hy is sterker as sy).

nig ·

Waar is die ANCVL om vir hierdie vrou te gaan kuier en te ondersteun?

Tanya ·

Ek het eenmaal die vuurwapen in die hande gekry waarmee my man my altyd gedreig het en dit weggesteek, die polisie gekontak. Hulle het die vuurwapen terug gegee vir hom. Dit moes glo in ‘n kluis wees. Daarna wou hy my weer skiet maar iemand het die polisie gebel en hulle het net betyds opgedaag. Hy het vir hulle gelieg en gesê hy wou homself skiet. Hy het berading gekry en lekker vir die polisie gelag. Hy het my van die trappe gestamp en ek kon nie loop nie. Ek het baie alleen gevoel. Hy het my vir lang tye sonder kos gelos in ‘n verafgeleë huis. Ek het die polisie gevra vir hulp maar hulle het my na die menseregte kantoor verwys. Toe hy weer weggaan agter vroue aan het ek goed in die huis verkoop vir geld en ‘n prokureur gaan sien. Ek het ook ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy wat ek enige tyd kan bel. Imagine sy surprise toe hy probeer terugkom het. Dis ‘n moeilike pad want hy is ‘n gesiene mens maar ek is ook amper vry. Niemand gaan jou help nie, jy moet dit alleen doen. Ek bewe nie meer heeltyd van angs nie, my bloeddruk is ook weer normaal. Ek voel en lyk weer soos ‘n mens. Ek sukkel om die mense te vergewe wat my nie wou help toe ek gesmeek het om hulp nie. Niemand gaan jou help nie, jy sal dit alleen moet doen. Ek raak nog soms depressief en het baie pyn in my lae rug. My hare het darem al mooi terug gegroei, dit het in bondels uitgeval. Hy het my finansieel afgesny maar ek het nou oorvloed waar ek niks gehad het nie. Baie mense sal nie verstaan nie maar ek was lief vir hom. Jy is later so geïsoleer en afgebreek, die geweldenaar word jou redder, al wat jy het, sy goeie guns jou alles.

ig ·

Die Groenmonster is n gevaarlikke dier.Kyk wat het Oscar gedoen.

Stuart ·

Om die groenoogmonster hier in te bring is totaal belaglik – dit gaan hier oor wat vir een geld moet vir almal geld. Geweld is geweld. As die ANCVL vir een persoon “ondersteun” moet hul vir almal daar wees. Eenvoudig – of is wat hierdie vrou aangedoen is volgens jou dan nou minder erg? Ig, dink tog voor jy belalglike goed skryf.

MM ·

In die eerste plek het die man ‘n hofbevel verontagsaam toe hy die perseel betree het. Of hy nou daar bly of nie en of dit sy eiendom is HY MAG NIE DAAR GEKOM HET Nie!!!! Sy moes hom onmiddelik laat toe sluit het. Met die nuwe wet word die person beskerm nie net by die huis nie, maar enige plek, maar as jy hom toelaat om naby jou te kom hoe verwag hulle moet hulle beskerm word.
Ek het baie van hulle toe gesluit wat die beskermings bevel verontagsaam. Van hulle het gesit vir 2 maande tot die saak weer voorkom, want hulle mag nie op stasie vlak borg kry nie net ‘n landros kan dit doen.

Tanya ·

My storie is seker te lank om gepubliseer te word. Wil net byvoeg as iemand dalk weet van werk vir my in die W-Kaap Overberg omgewing sal ek dit baie waardeer, baie dankie. Ek het geen afhanklikes en kan dadelik begin.

Eliza-beth ·

Tanya, hoop van harte jy kom reg. Sterkte aan jou en die alle vroue wat moes ly onder die een wat hul moes liefhê en beskerm.

WduP ·

Mirinda, jy is ‘n baie sterk vrou. Mag die lewe vir jou en jou seuns vorentoe baie seëninge inhou!

pauline ·

Mense die HERE SLAAP NIE, ja wat sy deur gegaan het is nie mooi ni maar dis nie vir ons om hom te judge nie.

Charlie ·

Marinda moenie dat iemand vir jou vertel dat jy nie kan skei omdat hy nie die egskeidingsdokumente wil teken nie. Die Saak kan op die bestrede rol geplaas word en die hof sal n likwidateur aanstel as die partye nie kan ooreenkom op die verdeling van die bates nie. Die likwidateur verkoop alles, betaal die skuld en verdeel die Balans tussen die partye. Klink ook of jy gronde het om die hof te vra dat jou man sy helfte van die gemeenskaplike boedel verbeur. Kontak gerus jou naaste tak van Regshulp (Legal Aid). Jy en jou kinders verdien om die hoof stuk af the Handel. Sterkte

jen ·

Ek wonder hoe so seun groot gemaak is, het hy nie geleer om respek te he vir sy ma suster en
enige vrou nie? Opvoeding! So man was nog nooit geslaan deur n MAN nie.
Ek hoop dat die mammas wat hulle seuntjies so oppiep wakker word, hulle verander in
monsters!

Lydia ·

My uitkyk was nog al die jare om onafhanklik te wees. Kry werk as jy klaar studeer het of klaar is met skool sodat jy vir jouself kan sorg. As jy die dag trou en so iets gebeur in jou lewe is jy nie afhanklik van die man nie en kan jy vir jouself sorg.

Amanda Van Vuuren ·

R500 borgtog en kyk die resultate!! ons regstelsel ‘suck’ !! julle wat die wette maak vir julle onthalwe bid ek dat julle nie naastenby ooit deur hierdie tipe afgryslike dade getref word nie?
Of miskien moet ek nie bid nie en hoop julle beland in so’n situasie!! dis al wanneer julle dalk enige iets sal leer oor die lewe daarbuite!!

Elize ·

Die kerke het ook aandeel hierin. Hulle is vinnig om te sê vrouens moet hulle mans onderdanig wees wanneer hulle ‘n paartjie trou, maar besef nie die implikasie hiervan as hulle dit nie behoorlik verduidelik nie. Meeste afrikaner mans sien dit as ‘n rede om hulle vrouens te hiet en gebied, beheer, manipuleer want sy het mos in die kerk belowe om hom onderdanig te wees. Ek het al so baie gehoor hoe ‘n man sê hy is die baas in die huis en sy sal maak soos hy sê. Die oomblik wat sy hom dan teengaan raak hy aggressief. Ek glo ‘n vrou kannie onderdanig wees aan ‘n man wat nie onderdanig is aan God nie. En mans wat hulle vrouens so behandel is nie onderdanig aan God nie, want God verwag dat ‘n man sy vrou respekteer. Die predikante moet mooi gaan dink oor hierdie een en wat als hieruit vloei. Verander liewer die onderdanig wees na ondersteun of respekteer.

giel ·

n storie het 2 kante………klink tog of die man vir 4 jaar goed georg het……Klink of Paul n baie goeie vriend en buurman is/was……..
Vrouens kan flippen wild raak ……..daai “EK SAL HOM WYS” terapie.

Lucy ·

Giel, heel duidelik het jy nog nie met ‘n man te doen gehad wat absoluut mal raak van woede as hy buite homself gedrink is en dan 5 deure in ‘n huis met ‘n byl oopkap om by vrou en twee kinders uit te kom nie. Dis baie maklik om te oordeel en vingers te wys as jy nie self al in so situasie was nie.

giel ·

Nee Lucy maar wel met n paar mans wie vrouens “goeie vriende” gehad het. En ja nie een het meer in die huis gebly, toegang tot sy yskas, tv, papiere, of iets gehad terwyl hy daarvoor betaal het. Die vriendelike onskuldige vrou het hom van al sy besittings weerhou.

Shaun Le Roux ·

Giel ek kan jou belowe dit is nie hier die geval nie.

Karien ·

Giel, as Paul se vrou wil ek vir jou sê: moenie goed kwyt raak as jy DUIDELIK oningelig is nie. Wat sou jy doen as kinders voor jou pleit : “Oom Paul, kom help asb my pa is hier”??? JY het GEEN IDEE DEUR WATTER HEL ONS ALMAL IS NIE.

Chelle ·

Giel, ek as vrou, dink jy slaan die spyker op sy kop…(pardon the pun)

Yolandie ·

Giel, dis onvanpas om jouself uit te spreek as jy nie die hele situasie ken nie. Dit wat jy kwytraak reflekteer op jouself. Ek wonder… Is jy geskei? Ek woon in dieselfde kompleks as Mirinda. Ek & my kinders was ooggetuies van die 1e insident. Hy het haar ingewag en voor ons oë amper vermoor. Met die skietery was ons binne minute in haar huis. Haar 8-jarige seuntjie het na ons huistoe gehardloop. Weet jy dat hierdie man sy seuntjie in sy arms gehou het terwyl hy sy ma in haar gesig skiet? Weet jy dat hy vir sy tienerseun op die toneel gesê het “wag tot ek hier uitkom?” Wat sê dit vir jou van die tipe mens wat hy is?

Lucy ·

Giel, ek stem heelhartig saam daar is wel vrouens wat hul mans misbruik, maar as ek dink aan vroue net in my familie en vriende kring wat deur geweldadige mans mishandel word dan dink ek daar is veel meer van die manlike kant as die vroulike kant af wat ly onder sulke behandeling…. Korrek my as ek verkeerd is.

giel ·

Ek stem saam mans word tot dit gedryf. Ek is nou 5 jaar geskei. Ek het geloop. Vir ha die huis gegee, n kar, al die meubels, helfte van pensioen en ek betaal onderhoud en sy en die kinders is steeds op my versekering en medies. Tog gee sy my alle hel!!!!!! Sy kan net nie ophou baklei…..Het jy al gesien hoe lyk n vrou wat se kop uithaak??? Ek het ook al gevoel om oor ha kar te ry. Vrouens is glad nie onskuldig. Ma kyk as sy die fight verloor soek sy orals simpatie.

Lucy ·

Giel ek stem saam – daar is sulke vrouens wat soek daarvoor maar dan moet die man ‘n man wees en uitstap, ongeag die gevolge, en nie homself verlaag tot ‘n vroueslaner nie – maar vir ‘n vrou wat die grond aanbid het waarop haar man loop, en twee onskuldige kinders om elke keer deur te geloop het omdat hy sieklike jaloerse obsessies het en nie sy drank kon hanteer nie, is dit bitter onregverdig. Weet jy hoe dit voel om 3 jarige teen jou bors vas te druk en sy fluister “mamma asseblief moenie dat pappa in die kamer inkom nie” – glo my, as ‘n ma breek dit jou hart.

Mickey ·

Ai Marinda ons wat nader aan jou was op daardie tyd weet waardeur jy is, en JA hierdie is een tough cookie en n awesome ma vir haar kinders, bly sterk. jy weet wat en wie in beheer is. eendag as al die onregverdigheid mee afgereken is sal jy en die kinders weer kan aangaan.
Ek bid vir jou xx

pop ·

Giel jys heeltemal onvaspas met jou kommentaar. Geen< maar geen rede op aarde kan gebruik word vir n man om hom soos n ondier te gedra teenoor n vrou nie. Ek is bly ek is nie jou vrou nie!!! Marinda volg Charlie se raad, trek hom kaal uit. As hy daar uitkom moet hy bly wees vir vars lug, want dis al wat hy moet kry.

giel ·

Pop
Jy sien dis daai “trek hom kaal uit” mentaliteit. N man sal veg daarteen en ja dan kry almal seer. In die meeste gevalle eindig dit in hierdie klas van dramas. So my kommentaar is dus nie so ongevraagd soos wat jy wil voorgee…….alhoewel ek dink jou raad is.

Rusies kan vooekom word maar soos in die ou dae moet die vrou man kaal uittrek. Meeste van die mans staan nie meer vir daai een.

Meisiekind ·

Ek is verlede jaar deur dieselfde met n man gewees en weet hoe sy voel.

HELEEN ·

Baie dankie Marinda dat jy jou storie met ons gedeel het, van nou af kan dit net beter gaan. leef voluit van dag tot dag. Blessings xxx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.