Moetie-grawers maak gru-vonds

Van die bene op die toneel. Foto: SAPD

Van die bene op die toneel. Foto: SAPD

Twee mans het Donderdag ʼn gru-vonds gedoen terwyl hulle vir moetie-bestanddele in ʼn woud in Mpumalanga gegrawe het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, was die mans in ʼn woud in die Bosbokrand-omgewing toe hulle ʼn mansgordel aan ʼn boom sien hang het.

“Toe hulle nader stap om na die gordel te kyk, het hulle agtergekom dat hulle op menslike beendere staan,” het Mohlala gesê.

Die polisie is ontbied en met verdere ondersoek is daar vasgestel dat die geraamte onvolledig is. Die skedel, een arm en been is vermis.

“Die oorledene is ’n man wat ʼn grys broek, geel gholf-T-hemp en blou-en-wit North Star-tekkies gedra het.” ‘n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Die naasbestaandes van die man word gesoek. Die polisie het ʼn beroep gedoen op iemand wat die man kan uitken om ao. Shokane by 076 927 6858 te bel.

Die skoene wat die slagoffer aangehad het. Foto: SAPD

Die skoene wat die slagoffer aangehad het. Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Akram ·

Genugtig. kan dalk wees dat die persoon selfmoord gepleeg het. of dalk was hy gebruik vir muti..

Elinette ·

Net ‘n dom vraag: as die liggaam dan nou so verweerd is, soos dit op die foto’s blyk, hoe weet hulle dit was ‘n man – te eien aan die klere?

Ek dink dat dit ‘n selfdood geval was – die … persoon het hom/haar aan die boom opgehad; met tyd het ontbinding plaasgevind (ontbinding in oop lug, as ek nou reg het, geskied vinniger as onder die grond vanweë lug/hitte/insekte wat hul eiers lê en maaiers wat die vlees verteer). Die liggaam het toe tot op die grond geval, waar diere die liggaam se oorblyfsels gevreet en weggedra het.

Bobbejaan ·

En daar vind hulle die motherload en hulle weet dit nie eers nie.

bernard ·

oh my hat dan het.hy selfmoord gepleeg. hoop sy familie word opgespoor

François ·

Daardie persoon is lankal dood. Die bene is kaal gestroop & verweer. Toevallig het die mutie-grawers daarop afgekom?! Word wakker! Daardie mutie-grawers het net weer ‘spares’ gaan haal by hul eie ‘stash’. Onthou daar is ledemate kort. Die teenwoordigheid van suurstof laat dit nog vinniger ontbind.

Tina du Toit ·

Oeeee aarde. Hoe gaan familie hom uitken as hy net bene is????

pop ·

Ag jinne tog mense. As dit moeti grawers was sou hulle mos nie die polisie roep na hulle eie moord toneel toe nie. Ellinet jy het die spyker op die kop geslaan

Mariette ·

Ons mense wil altyd sleg sien neh? Wortels van plante word as muti gebruik .So glo nie hulle het mens gaan soek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.