Moetie-moord: Minderjarige verdagtes pleit onskuldig

Desiree Murugan Foto: risingsunchatsworth.co.za

Desiree Murugan Foto: risingsunchatsworth.co.za

Drie minderjariges, wat na verwagting sou skuld erken vir hul rol om ʼn prostituut te vermoor en te onthoof, het Maandag in die Durbanse streekshof onskuldig gepleit.

“Dit wil voorkom of die omstandighede verander het. Die drie het aangedui dat hulle onskuldig wil pleit,” het staatsaanklaer Kuveshni Pillay gesê. Die hof het ook gehoor dat die drie wil aansoek doen om borgtog.

Landdros Anand Maharaj het die saak tot 22 September uitgestel.

Die drie minderjariges wie se name nie genoem mag word nie, en twee medebeskuldigdes, ʼn sangoma Sivonkaliso Mbili (32) en sy assistent Vusumuzi Gumede (30), staan tereg op aanklag van die moord op Desiree Murugan (37).

Murugan se onthoofde liggaam is op 18 Augustus in ʼn stadion in Durban opgespoor. Haar kop is vyf dae later in Imfume aan die Suidkus opgespoor. Mbili en Gumede het onskuldig gepleit, en gaan ook Maandag aansoek doen om borgtog.

Falakhe Khumalo (18) het Donderdag in die hof skuld erken op haar moord, waarna hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. Hy beweer Mbili het hom R2 miljoen aangebied vir die kop van ʼn wit, Indiër- of bruin vrou. Lees meer hier. (WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.