Moetie-moord: Vier skuldig bevind wat prostituut onthoof

Desiree Murugan Foto: risingsunchatsworth.co.za

Desiree Murugan Foto: risingsunchatsworth.co.za

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel

Drie minderjariges en ʼn tradisionele geneser is skuldig bevind aan die moord op ʼn Durbanse prostituut. Sy is wreed vermoor en onthoof vir moetie.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nasionale vervolgingsgesag, het Vrydag gesê die tradisionele geneser, Sibonakaliso Mbili, en die drie minderjariges, wat volgens die Kinderwet nie geïdentifiseer mag word nie, is Donderdag in die stad se hooggeregshof skuldig bevind aan moord.

Mbili se assistent, Vusumuzi Gumede, is vrygespreek. Al vyf het tydens hul verhoor onskuldig gepleit.

Maroela Media het vroeër berig Falakhe Khumalo, wat toe 18 was en deel was van die moord, het reeds in September 2014 skuldig gepleit aan die moord op Desiree Murugan (37).

Murugan se onthoofde liggaam is op 18 Augustus in ʼn stadion in Durban aangetref. Haar kop is vyf dae later in Imfume aan die Suidkus opgespoor.

Khumalo het in die hof beken hy is R2 miljoen aangebied vir die kop van ʼn wit, Indiër- of bruin vrou. Sy verklaring is in die hof voorgelees, waarna hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis is.

Hy het in sy verklaring gesê sy broer het hom in Junie 2013 na Mbili geneem om behandeling vir ʼn seksueel oordraagbare siekte te ontvang. Hy beweer dat Mbili tydens dié konsultasie die R2 miljoen aanbod gemaak het.

Khumalo het weer in Desember, nadat hy gesond geword het, Mbili besoek om moetie te kry om te voorkom dat die polisie hom en sy medepligtiges kan opspoor as hulle die daad uitvoer.

Khumalo en die drie minderjariges het Murugan op die aand van 17 Augustus 2014 na die Shallcross-stadion in Chatsworth gelok waar hy R100 betaal het vir seks en orale seks.

“Een van die medebeskuldigdes het agter my met ʼn mes kom staan terwyl ons seks gehad het,” lui Khumalo se verklaring. “Sy het hom gesien. Ek het my hand oor haar mond gedruk sodat sy nie ʼn geluid kon maak nie.”

Khumalo het gesê die medepligtige het haar verskeie kere met die mes gesteek. Murugan se onthoofde liggaam het altesaam 192 steekwonde gehad.

Volgens Khumalo het hulle die liggaam na ʼn ander gedeelte van die sportveld geneem, waarna die minderjarige ʼn bosmes uitgehaal en begin het om haar kop af te kap. Khumalo het by hom oorgeneem totdat hulle die kop van die liggaam verwyder het. Hulle het die kop na Mbili geneem.

By Mbili se spreekkamer het hy ʼn mes, graaf en twee blikke uitgehaal. “Hy het gesê ek moet die oorledene se wimpers afsny en ek het dit gedoen. Mbili het daarna die kop met sy bosveldmes oopgesny, die brein en tong uitgehaal en dit in die twee blikke geplaas.”

Mbili het Gumede beveel om die twee blikke agter sy huis te gaan begrawe.

Khumalo het gesê hy is in hegtenis geneem voordat hy sy geld kon gaan haal.

Ramkisson-Kara het gesê die vier sal op 31 Maart gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Savethetigerplz ·

Siek in die kop. Gooi hulle in die tronk en hou hulle daar

Stem saam ·

Ek stem! Dis gruwelik! Mag die doodstraf terug kom vir sulke afgryslike dade wat die krimenele so pleeg!. My kommentaar sal seker weer verwyder word.

Nel ·

Liewe genugtig Suid Afrika raak al hoe meer soos Pandora se kissie – vol gruwels.

Hannes ·

Gooi alle toordokters in die tronk. Hoort nie in n beskaafde samelewing toegelaat te word nie. Dit sal ook BAIE ander siek gebeure in ons land laat verdwyn. BAIE moordenaars besoek die gemors voor hulle misdade pleeg. Onbeskaafde duiwel aanbidders

Hester Horwitz ·

Bring die doodstraf terug, hulle moet ook onthoof word, n oog vir n oog. Die moetie word nie net gebruik vir moorde, hulle beoefen alle vorms van witchcraft, plaas “cusrses” op mense, ek voel as hulle onthoof word stel dit n voorbeeld vir die wat dit volgende keer wil doen, hulle is absoluut evil

T ·

Hulle is baie wreed! Weet nie hoe slaap hulle nie. Eendag gaan hulle rekenskap moet gee dan sal hul dag kom.

Dankbaar ·

Ek is dankbaar dat hierdie saak uitgesorteer word en hierdie vrou ondanks haar werk, steeds waarde as mens en vrou gekry het. Hulle moet maar op dieselfde manier gestraf word! Wens net hul kon meer sake so uitsorteer!

Laurika ·

Genade… R100 vir seks EN orale seks…. Dis al duurder om vir 2 mense KFC te koop. Dis darem ‘n hartseer bestaan daai.

Jem ·

Regtig baie hartseer dat sulke dinge in hierdie eens pragtige land van ons gebeur.

snoefie ·

sies MM. haar beroep was nerens van toepassing nie. sy was vermoor. sy sou in elk geval doodgemaak word al was sy n non of n prokureur.

Regtig ·

Regtig, as hul stil gebly het was dit nie reg. Dan het jy weer daaroor gekla. Dit was haar beroep en dit gee duidelikheid oor hoe hul haar kon oorval. Buitendien, sy het haar eie geld op haar eie manier verdien ( net vrek min) , sy het nie gesteel of moor of enige misdaad gepleeg nie!

Peet J ·

Die medepligtige wat die vrou 192 steekwonde toegedien het sowel as Khumalo wat haar mond toegedruk het, beide se optredes, kom beslis neer op sadisme wat grens aan satanisme. Dit is mos alombekend dat die onmense sulke afskuwelike dade op onskuldige mense pleeg tot voordeel van hulleself en op ‘n latere stadium wil veronskuldig deur iemand anders vir hulle optredes te blameer.

Netekke ·

Dit is verskriklik hartseer, sy was ‘n mens net soos ons, die lewe het haar beslis dwars klappe gegee, want ek dink nie daar is baie vroue wat dit gewilliglik sal doen nie. Ek is net bly dat die ongevoelige goed gevang is. RIV vrou. Mag jou familie ook nou rus vind vir hul gemoedere.

Arie ·

En hulle noem hulle self mense! Flip ek weet darem nie, nie eers diere doen dit nie

Peet J ·

Joe, die Christelike geloof het die bestaansreg van die satan in die NT geskep en dit hou ‘n noue verband met satanisme in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.