‘Moetie-moordenaar’ vra borgtog

Argieffoto

ʼn 30-jarige man wat daarvan verdink word dat hy ʼn tienermeisie in die Oos-Kaap glo vir moetie-doeleindes vermoor en haar liggaam geskend het, verskyn Woensdag in die Bizana-landdroshof om vir borgtog aansoek te doen.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, het gesê die man, Olwethu Mbalwa, word daarvan beskuldig dat hy op 15 Oktober 2017 vir Sinoyolo Mgaga (17) in die Nikhwe-nedersetting in Bizana vermoor het.

“Mgaga was alleen by die huis toe Mbalwa haar na bewering aangeval en wreed vermoord het. Daarbenewens het hy haar na bewering onthoof en die vel van haar maag en geslagsdeel afgesny en van die toneel verwyder,” het Feni gesê.

Die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het die moord ondersoek en Mbalwa is op 27 Oktober in hegtenis geneem. “Mbalwa woon in dieselfde gebied as die oorledene. Die Valke het ná sy inhegtenisneming die meisie se vermiste liggaamsdele by die Nikhwerivier gevind. Met nadere ondersoek is vasgestel dat die liggaamsdele vir moetie gebruik sou word.”

Mbalwa het op 31 Oktober vir die eerste keer in die hof verskyn, maar sy borgtogaansoek laat vaar aangesien hy bang was vir ontstoke lede van die gemeenskap. Hy het egter vroeër in Januarie aangedui hy wil om borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

LK ·

Hoekom word borg vir moordenaars enigsens oorweeg? Hulle moet nie eens die reg hê om aansoek te doen vir borg.

Anton ·

Want dalk is hy nie n moordenaar nie. Hoe sal jy voel as jy gearresteer word vir moord, en jy mag nie borg kry nie, agv die tipe klag teen jou?

Denise ·

Baie hartseer n onskuldige meisiekind moes sterf vir sy siek dade die lewe is so onregverdig!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.