Mogalakwena-burgemeester kry glo trekpas

Andrina Matsemela, burgemeester van die Mokgalakwena- plaaslike munisipaliteit.

Die VF Plus het die ANC se besluit om die burgemeester van die Mogalakwena- plaaslike munisipaliteit in Limpopo die deur te wys, verwelkom.

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in die provinsie, sê sy hoop Andrina Matsemela se makkers volg spoedig.

“Die VF Plus het sedert 2015 baklei om van Matsemela ontslae te raak. Die party is verheug dat dié volgehoue druk nou vrugte afgewerp het. Onder Matsemela se leiding het belastingbetalers van die munisipaliteit bykans geen doeltreffende dienslewering ontvang nie weens wanbestuur, korrupsie en onwettige aanstellings,” het Maritz gesê.

Maritz sê die party is wel bekommerd dat die ANC beoog om Matsemela elders te herontplooi.

“Die herontplooiing van ANC-kaders van een munisipaliteit na ʼn ander is een van die groot redes vir die verval van munisipaliteite. Die regte ding om te doen, sal wees om haar en al die ander skuldige amptenare strafregtelik aan te kla vir die verval van die Mogalakwena-munisipaliteit.

“Só sal ʼn duidelike waarskuwing aan alle munisipale amptenare gestuur word dat korrupsie en wanbestuur nie ongestraf gelaat sal word nie,” het Maritz gesê.

Maroela Media het vroeër berig ondanks die feit dat die munisipaliteit bankrot is, leef Matsemela en haar meelopers glo in absolute weelde. Sy het haarself verlede jaar vir haar verjaardag bederf en ’n rojale R1,5 miljoen op ’n poeierverfpretloop vir die geleentheid uitgegee.

Sy was ook in die nuus oor die meer as R200 000 wat betaal is om ’n Mercedes-Benz C-klas vir haar te huur nadat haar vorige ampsmotor in ’n ongeluk afgeskryf is.

In 2017 het sy na bewering R70 000 op ’n drie dae lange werksbesoek in Kaapstad uitgegee en in ’n vyfsterhotel tuisgegaan.

In ʼn afsonderlike ondersoek na bedrywighede by die munisipaliteit het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Oktober beslag gelê op David Kgantshi Malepa, adjunkbestuurder van tegniese dienste by die munisipaliteit, se peperduur Mercedes-Benz wat glo met gesteelde geld gekoop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

Kom nou ,wanneer gaan daar n voorbeeld gemaak word. Dit kan nie so aangaan. Maak eenkeer n voorbeeld en die ander sal skrik.

JohanR ·

Jy kan NIE van ‘n ANC ontslae raak nie. Hulle klou soos ‘n neut, en dit kan kom dat jy hulle moet uitskiet met dinamiet! Weet iemand al by watter land sy nou sal opeindig as ambassadeur?

Blomme ·

As jy skelm is sal jy skelm bly. Al plaas hulle diesulks oor na watter afdeling ookal.. Skelm sal hulle bly. Diewe in high profile posisies!

Tanniepetoors ·

Ek weet al weer nie waar dit is nie, maar dis seer sekerlik ‘n lekker munisipaliteit om van “in charge” te wees!

LD ·

Dankie tog!! Hoop hulle stel nou iemand aan wat hierdie dorp kan reg ruk en weet wat hulle doen! Wat eens ñ ou mooi dorpie was, is vandag ñ vieslike vuil dorp! Baie hartseer!

Sarel ·

Gewoonlik eword hulle bevorder na Provinsiale of Nasionale Regering.

Hennie J ·

Dis net een van vele untouchable swart vroulike burgemeesters in piesangland. Ek spreek van ondervinding. Hulle is arrogant en glo hulle is verhewe bo die wet en die gemeenskap skuld hulle. Good riddance van ten minste hierdie een.

christo ·

Geen bekommernis vir haar nie. Sy gaan net herontplooi word elders. Natuurlik in ‘n beter pos met meer salaris. Die hierdie ANC nog altyd die ding doen.

Willem ·

Hoera!!! Nog een skelm korrupte uitgevang!!!En aan watter party behoort sy?Raai raai!!!

Karina ·

Meer ANC hoës moet ook so die trekpas kry. Dan regegtelike stappe teen hulle geneem word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.