Hoofregter Mogoeng Mogoeng het aangedui hy is van voornemens om te appelleer teen ʼn uitspraak wat hom dwing om om verskoning te vra en sy pro-Israel-uitlatings terug te trek.
Die klag is ingedien deur Africa4Palestine, SABDS Coalition en die Women’s Cultural Group.
Die geregtelike gedragskomitee (JCC) het Sondag in ʼn verklaring gesê Mogoeng het aangedui dat hy appèl wil aanteken teen Mojapelo DJP, ʼn lid van die JCC, se uitspraak.
“Die JCC sal binnekort ʼn datum bepaal waarop die appèl aangehoor sal word deur minstens drie van sy lede. Lede van die JCC wat geskik is om die appèl aan te hoor, is adjunkhoofregter RMM Zondo, en regters DH Zondi, N Dambuza en M Victor.”
Die JCC het verlede week Mogoeng opdrag gegee om sy uitlatins oor die Israeli en Palestynse konflik terug te trek. Mogoeng het onder skoot gekom toe hy in Junie verlede jaar tydens ʼn webinaar sy volle ondersteuning aan Israel toegesê het.
Sondag was die sperdatum wat gestel is vir Mogoeng om sy uitlatings terug te trek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
Jy sien dis waar hulle verkeerd is en dit is nie Africa4Palestine want hulle praat nie vir my of duisende ander. You go judge. We are behind you
Vryheid van spraak is onder druk hier en in die res van die wêreld. Oor sekere kwesies mag niks gesê word. Ons stuur op n ramp af die uit einde kan ernstige gevolge inhou.
Dankie dat on ‘n Hoofregter het wat by sy beginsels staan. 100% agter jou.
Hoofregter, die Almagtige sal u beskerm! Wie is die mens dat u hom sou vrees?
Wat se kultuur volg die applikante ? Trek hulle uitmekaar uit !