Mogoeng moet jammer sê oor Israel-uitsprake  

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: REUTERS/Siphiwe Sibeko via African News Agency/ANA)

Hoofregter Mogoeng Mogoeng moet binne tien dae om verskoning vra vir sy uitsprake oor die konflik tussen Israel en Palestina.

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) se Regterlike Gedragskomitee (RGK) het in Julie 2020 met ʼn ondersoek begin na Mogoeng nadat verskeie organisasies, insluitend die drukgroep Africa4Palestine, ʼn klag teen die hoofregter ingedien het nadat hy tydens ʼn paneelgesprek kritiek gelewer het op die ANC-regering se eensydige benadering tot die stryd tussen Israel en die Palestyne.

Regter Phineas Mojapelo, lid van die RGK, het bevind dat Mogoeng by ʼn politieke omstredenheid of aktiwiteit betrokke geraak het wat strydig is met die kode vir regterlike gedrag. Daar is ook bevind dat Mogoeng die aansien van die regterlike amp gebruik het om die private belang van die regter of ander te bevorder en dat hy betrokke was by aktiwiteite buite die reg wat onversoenbaar is met die vertroue in en die onpartydigheid van regters. Mogoeng het ook versuim ook die skeiding van magte te respekteer.

“Die Suid-Afrikaanse regbank is en moet een bly wat nie onbehoorlik by politieke omstredenheid betrokke raak nie. Dit gebruik of verleen nie die aansien van die regterlike amp om enige private belange te bevorder nie, hetsy van sy individuele lede of ander,” het Mojapelo gesê.

Mogoeng het destyds tydens ’n webinaar van die Israeliese koerant Jerusalem Post pro-Israeliese uitsprake gemaak en ook gesê die Bybel se gesag is hoër as dié van die Suid-Afrikaanse Grondwet.

“As Christen kan ek niks anders doen as om Israel lief te hê en vir dié land te bid nie omdat ek weet dat haat vir Israel deur my en my nasie slegs ongekende vervloeking op ons nasie teweeg sal bring,” het Mogoeng gesê.

Mogoeng moet nou tydens ʼn vergadering van dienende regters van die Konstitusionele Hof die onderstaande verskoning voorlees en ʼn ondertekende afskrif daarvan aan die media stuur:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

JM ·

Nee Pierre, regter Mogoeng Mogoeng is nie skaam vir sy geloof in God nie, en dáároor word hy vervolg. Hy word ook vervolg omdat hy sê die Bybelse gesag is hoër as die SA grondwet. Wil jy laasgenoemde weerlê?

Stof ·

Broer Mogoeng se ondergenoemde stelling gee my opnuut respek vir hom.
Tydens kommunikasie met hom ‘n wyle gelede, was hy ook die enigste een wat die term D.V. in gesprekvoering gebruik het. Ek eer sy voorbeeld. Ek vertrou dat die lasterlike stuk wat van hom verwag word om te teken, sal wegraak en Pa se glorie weereens sal seëvier. (Wie ken iemand in die polisie wat spesialiseer daarin om dokumente te laat wegraak?)
Hieronder, sy stelling waarvoor ek hom opreg respekteer.
“Mogoeng het destyds tydens ’n webinaar van die Israeliese koerant Jerusalem Post pro-Israeliese uitsprake gemaak en ook gesê die Bybel se gesag is hoër as dié van die Suid-Afrikaanse Grondwet.”

tweeling ·

Die reg is op duiwelse beginsels geskaad en hy is ‘n Christen. Hoeveel mense kry “flack” as hulle hulle Christelike oortuiginge uiter. Die leiers van hierdie land moet ophou om die duiwel aandag te gee.

Stof ·

Aanhaling uit ‘n publikasie:
“Die geldigheid van gesag.
Sodra menslike owerhede die outoriteit wat slegs per delegasie aan hulle geleen is vir ‘n bepaalde doel en tydperk, poog te gebruik teen die Gewer daarvan, of Sy gestuurdes, verval hierdie gedelegeerde gesag.
Enige verdere “uitsprake” of aksies wat wat gepleeg word in die ilusie dat hulle steeds oor hierdie gedelegeerde gesag beskik, is dus suiwer Godslaster en dra derhalwe geen waarde nie.
Die gevolge vir hierdie lasteraars, is gevolglik voor die hand liggend…”
(Uit die publikasie Psigoët, deur Stof: 2004)
Nota: Ek eer die wyse waarop broer Mogoeng sy Skepper en die Gewer van sy gedeleerde gesag erken. Laat hy vir elkeen van ons, ‘n mentor wees.

Faraway ·

Alle nasies wat met Israel in ‘n goeie verhouding gelewe het, is daarom ook deur God geseën. Die teendeel was ook waar. Dié wat Israel teengestaan en vervloek het, is ook deur God teengestaan en vervloek.

Rudolph ·

Jammer vir jou maar Israel het eeue gelede sy uitverkore status verloor.

A ·

Onaanvaarbare gedrag van regter.

Jy kan godsdienstige wees in jou eie tyd, maar wanneer jy in jou professionele amp optree as een van die van hoogste regters, moet jy neutraal en sêkuler wees.

Dit maak my baie bekommerd as hy nie meer die lyn kan handhaaf tussen kerk en staat nie. Dalk is dit tyd om af te tree.

Drico ·

God se wette staan 1st en dan die staat se wette. Hierdie is nie kerklike wette nie, dis Bybelwette, want selfs die kerke tree deesdae polities korrek op ipv om God se wette in die Bybel te gehoorsaam en te handhaaf. God staan bo staat.

Boksombende ·

Natuurlik is dit onaanvaarbaar vir iemand wat gly jou godsdiens is net vir Vrydae, Saterdae of Sondae. Jy moet God (YHWH) lief he met alles wat jy het, so hoe doen mens dit net op naweke?

SwartBees ·

My 2c worth : Ek voel dat as n persoon soos die hoof regter so sterk in sy geloof staan is dit dalk beter om neutraal te wees en behoue bly in sy pos. Darem sal daar dan n persoon in daai pos wees met Christelike perspektief en waardes as wat hy afgedank word en iemand daar in gedruk word sonder enige Christelike waardes.

Anton ·

As dit ons grootste probleem is, gaan dit goed. Miskien kan ons in SA doen met ‘n bietjie meer morele standarde en beginsels in ons regsprosese en regering oor die algemeen

Robert ·

A… hulle kom eerste vir die skaapwagters, daarna kom slag hulle die skape. Die regter is een van ons skaapwagters.

AndrewL ·

Hoekom moet ons as Christene lou wees? Jy is of ‘n beleidende Christen of nie.

Elke persoon is geregtig op sy opinie. Hy het sy uitsprake buite die hof gemaak. Binne die hof is hy neutraal en objektief soos dit ‘n Regter betaam.

Stof ·

Interresant dat ‘n agnostikus, of dalk eerder ‘n lou broer of suster, kies om net as A bekend te staan… Is die broer of suster dan so onseker oor eie ongeloof dat die gebruik van die eie naam, ‘n bedreiging inhou? Ek wil die broer of suster verseker, moenie vrees om ‘n naam te noem nie. Ons is wedergebore, ons sal jou nie enige leed toevoeg nie, soos wat Jesus die voorbeeld gestel het. Hy wat wel weet wie jy is, sal dalkies tog net ‘n paar ekstra vragies vir jou in stoor hou, wanneer jou tyd aanbreek. Voorspoed daarmee. Wel te ruste, as jy kan.

Wielspore ·

Hats off to Mogoeng Mogoeng.
Hierdie is ‘n man met waardes en het geen skaamte om dit in die openbaar te wys.

Jaco ·

As die ANC net so bietjie dieper na Israel se beleid teenoor die Palestyne kyk, sal hulle dalk besef dis iets wat in SA kan werk. Die Palestyne is ‘n minderheidsgroep waarvan Israel nie baie hou nie. So toe gee Israel vir die Palestyne die Palestinian Authority, wat maar basies ‘n tuisland is. Maar die res van die wêreld is só jammer vir die Palestyne dat hulle die Palestyne help. Israel is ook slim om buitelandse belegging in die Palestinian Authority toe te laat.
Die ANC kan mos dieselfde met die gehate wit mense in SA doen: “dump” ons in ‘n tuisland in die Wes-Kaap, laat buitelandse beleggings daar toe, belas dié tuisland hoog en uiteindelik wen albei groepe. Wit mense is op hulle eie en die res van SA cash in uit belasting op die wit tuisland se florerende ekonomie.

Sonia ·

Ek bid vir jou Regter Mogoeng, ons het meer hooggeplaastes soos jy in SA nodig wat die moed en die durf het en wat jou nie skaam vir jou geloof nie. In hierdie wêreld het ons as kinders van God al hoe meer teenkanting wanner ons opstaan vir ons geloof – jou kroon wag vir jou in die hemel.

Anoniem ·

Hierdie man is in my huis welkom. Enige tyd. Dit sal ‘n eer wees om met hom om die eettafel te sit.

Bosvelder ·

“Ons moet bid vir die vrede van Jerusalem as ons ook in ons eie land in
vrede wil leef (Ps. 122:6).”

Jaco ·

Almal wat nou die “christelike” hoofregter so steun, sommige selfs met Bybeltekste, sê my asseblief net pla dit julle glad nie dat dieselfde hoofregter al jare lank stil is oor regstellende aksie, wat openlike rassisme teenoor wit mense is? Baie kleurlinge em Indiërs ly ook daaronder. Dobbelary, aborsie en pornografie is ook alles wettig in SA. Die “christelike” Hoofregter Mogoeng is ook stil daaroor. Ek wonder maar net…

Adeline ·

Wel in die lig van die saak waarin hy opgetree het is sy optrede vir my 100% aanvaarbaar want dit is ‘n positiewe reaksie en standpunt wat hy ingeneem het – wat het jy gedoen? Ek wonner ook baie.

Hennie J ·

As hy tog net sy werk wil doen en van die gemors op die regbank ontslae raak!

Misky ·

Dan is hy daar uit voor jy mes kan sê en hulle hou nie van teenkanting nie

Adeline ·

Vinger kommentaar… ‘n regter (verskoon die Engels) “A judge issues sentences and passes verdicts”. ‘n Regter maak nie die landswette nie maar sien toe in regverdigheid en geregtigheid dat dit uitgevoer word met deeglike evaluasie onpartydig.
Vir die regter wat nie in geregtigheid beoordeel nie en dan oordeel uitspreek selfs nie op sy grondgebied nie – sê die hoogste gesag in die Heelal ->Jes/Isa 1:21-31 (26).“And I shall give back your judges as at the first, and your counsellors as at the beginning…….” lees self
Wat Israel betref – sê die Hoogste Gesag in die heelal se Woord -> Gen 12:1-3And יהוה said to Aḇram, “Go yourself out of your land, from your relatives and from your father’s house, to a land which I show you. and I shall make you a great nation, and bless you and make your name great, and you shall be a blessing! And I shall bless those who bless you, and curse him who curses you. And in you all the clans of the earth shall be blessed.”  asook Gen 27:29.

koos ·

Sekere mense gaan nog uitvind dat God ‘n grap is – – – – ‘n helse grap. Elke knie sal buig en elke tong getuig (ook die huidige regime s’n).

Misky ·

Dink nie ek verstaan wat jy sê en bedoel nie @koos. Jy het sekerlik erens n woord of 2 uitgelos of verstaan ek verkeerd?

AndrewL ·

Word Regter Mogoeng geteiken vir sy geloof? Die dubbel standaarde wat die regterlike dienskommissie uitbeeld gaan mens se verstand te bowe. Wanneer een regter gay regte aanmoedig word hy geprys, maar as een opstaan vir sy geloof in God, word hy verguis.

Die regte van kriminele word beskerm hier en nou veral ook in die VSA, maar ons Christelike geloof word geteiken – dit alles vir politieke gewin.

Ek het al persoonlik met die Regter te doen gehad en het net die grootste respek vir hom. Sy personeel is duidelik baie lief vir hom en toon groot respek vir die nederige, gelowige man.

Jaco ·

GEEN regter het nog ooit gesê regstellende aksie is verkeerd nie. Daaroor stem hulle blykbaar almal saam: openlike rassisme teenoor wit mense is blykbaar reg, goed, Bybels en Christenlik.

Jacobus ·

Los die regter uit. Hy het die reg tot geloof, opinie en repliek. Welgedaan regter. As daar ‘n persoon is wat glo dat daar ‘n gedefinieerde lyn moet wees tussen persoon en geloof dat moet daardie persoon herinner word aan die amptenary wat nie die verskil tussen die fiskus en persoonlike finansies herken nie .

Robert ·

Ek vind dit arrogant dat die komissies sy reg van vryheid van spraak so vertrap, waar kan mens hulle aankla daarvan?

Johanna ·

Die hoofregter moet verskoning vra
Maar Malema mag net sê wat hy will.
Bv dat hy die SAP uit hulle huise gaan jag-maak.
SAP.moorde het toegeneem na daardie uitspraak van hom.

annie ·

Die New Age en trawante wil regeer en regter Mogoeng uit die weg hè. Onder hulle is ANC-kaders wat juis nie ‘n onafhanklike siening duld nie. Kyk maar wie hom gaan opvolg en hoe gebalanseerd sy/haar opinie sal wees. Interessant dat Zuma ‘n paar goeie aanstelling gemaak het, maar nou tot sy skok onder hul hand deurloop. Mogoeng en mense van sy kaliber word skaars ook onder kerklikes.

Louw ·

As hy net gebly by hy is n Christen was dit heerwaarskynlik nie n probleem nie, maar toe begin hy subjektiewe staaltjies vertel. Wonder of hy weet minder as 2% Israeliete is Christen? Israel gebruik net die Christen geskiedenis as hulle Disneyworld om miljoene besoekers te lok.

Estelle ·

Ek dink dis algemene kennis dat Israel nie Christene is nie. Hul bly egter God se volk. Ons God, die Vader van Abram Isaken Jakob. Die Bybel se God self het hul oe gesluit sodat die heidense volke (wat ons is), ingeent kan word in die olyfboom. God se opdrag in die bybel is dat ons moet bid vir vrede in Israel. Dankie regter, jy het meer ruggraat as meeste ander wat hulself Christene noem. Ek bid elke dag vir jou!!

Sarel ·

Die Regter word gemerlk o.rede hy sy geruienis lewer van sy Christenskap. Alle Respek.vir die man
Snaaks dat hulle die geagte Hoofregter asnvat maar ander Regter( sal.nie nazm noem.nie) kom telkens skotvry?

Ben ·

Let wel dat net Christen Israeliete nog deel van God se volk is waarvan daar maar min is deesdae. Daar is blykbaar meer Christene in Sirie deesdae as in Israel. Die Ortodokse jode is tot vandag nog Christene se vyand soos die Jode wat Jesus gekruisig het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.