Mogoeng verdedig gebed oor ‘duiwelse entstof’

Mogoeng Mogoeng aan die woord. (Foto: Twitter)

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Vrydag ’n gebed van hom verdedig waarin hy vroeër gevra het dat God enige entstof moet vernietig wat bedoel is om mense met die merk van die duiwel te vul.

Mogoeng hou vol dié gebed was binne sy grondwetlike reg. “Indien daar ʼn entstof is wat doelbewus bedoel is om mense skade te berokken, moet dié entstof nooit die lig sien nie,” het die hoofregter vanoggend tydens ’n mediakonferensie gesê.

Hy het wel toegegee dat hoewel hy van mening is dat entstowwe skadelik vir die mens kan wees, hy nié ’n kenner in die gebied is nie.

Moegoeng moes omtrent vure doodslaan nadat hy Donderdag tydens ’n dankseggingsdiens by ’n hospitaal in Tembisa in Gauteng die volgende gebid het: “Indien daar ’n entstof is wat van die duiwel is en bedoel is om die lewens van mense met 666 te vul en hul DNS binne te dring, mag dit in die naam van die Here God met vuur vernietig word.”

Dié gebed het ’n herrie ontketen waarna Mogoeng vanoggend verduidelik het dat die gebed afgelei is van ʼn verklaring wat daarop dui dat ʼn onderneming van plan is om die entstof verpligtend te maak vir reisigers.

“Dit moet vrywillig wees. Jy kan nie ʼn entstof op mense afdwing nie.”

Dr. Imran Keeka, voormalige DA-woordvoerder van gesondheid, sê hoewel dit in Mogoeng se grondwetlike reg as ʼn Suid-Afrikaanse burger is om sy geloofsoortuigings uit te leef, hy liefs nie moet praat oor ʼn onderwerp waarvan hy geen kennis dra nie.

Keeka sê daar is in die loop van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika ʼn voortdurende stryd tussen die feitelike en nie-feitelike.

“As iemand ʼn ander siening het, kan jy dit nie in ʼn samesweringsteorie-groep saamvoeg nie. Die werklikheid is dat ons dié sienings moet nagaan en dit op grond van bewyse moet ondersoek.”

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Ten minste is hy nie bang om sy geloof te wys nie

Cherokee

Mogoeng is besig om meer en meer respek te verdien. Die logika in sy gebed en sy redenasie wat daartoe gelei het, kan nie bloot weg redeneer word nie. Imran Keeka se naam klink na die van ‘n Indiër, en terwyl ek woon in die stad waar die grootste sametrekking in die hele wêreld is van Indiërs buite Indië, weet ek vele van hulle is Christene, ‘n massa is Hindoes, en ook baie moslems en ander gelowe. Ek lees raak wat Keeka sê oor reg om geloofsoortuigings uit te leef. Dit laat die vraag oop oor uit watter kamp hy… Lees meer »

Jeff

Justice Mogoeng Mogoeng I and my family are totally behind you. This is again a govt forcing religious believers to do what they want you to. But denying you your opinions and your freedom of religion. That is already the work of the Anti- Christ. Just the same as Beloftebos

Persheks Adri

Ek stem saam met die regter. Dit moet nie op ons af gedwing word nie en ons moet self kan besluit of ons dit wil hê of nie. Ek soek glad nie die entstof nie hou verby! Dis my grondwetlike reg!

Eiervrug

En dit is nou die mense wat die land bestuur…. Angswekkend….