Mogoeng verdedig gebed oor ‘duiwelse entstof’

Mogoeng Mogoeng aan die woord. (Foto: Twitter)

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Vrydag ’n gebed van hom verdedig waarin hy vroeër gevra het dat God enige entstof moet vernietig wat bedoel is om mense met die merk van die duiwel te vul.

Mogoeng hou vol dié gebed was binne sy grondwetlike reg. “Indien daar ʼn entstof is wat doelbewus bedoel is om mense skade te berokken, moet dié entstof nooit die lig sien nie,” het die hoofregter vanoggend tydens ’n mediakonferensie gesê.

Hy het wel toegegee dat hoewel hy van mening is dat entstowwe skadelik vir die mens kan wees, hy nié ’n kenner in die gebied is nie.

Moegoeng moes omtrent vure doodslaan nadat hy Donderdag tydens ’n dankseggingsdiens by ’n hospitaal in Tembisa in Gauteng die volgende gebid het: “Indien daar ’n entstof is wat van die duiwel is en bedoel is om die lewens van mense met 666 te vul en hul DNS binne te dring, mag dit in die naam van die Here God met vuur vernietig word.”

Dié gebed het ’n herrie ontketen waarna Mogoeng vanoggend verduidelik het dat die gebed afgelei is van ʼn verklaring wat daarop dui dat ʼn onderneming van plan is om die entstof verpligtend te maak vir reisigers.

“Dit moet vrywillig wees. Jy kan nie ʼn entstof op mense afdwing nie.”

Dr. Imran Keeka, voormalige DA-woordvoerder van gesondheid, sê hoewel dit in Mogoeng se grondwetlike reg as ʼn Suid-Afrikaanse burger is om sy geloofsoortuigings uit te leef, hy liefs nie moet praat oor ʼn onderwerp waarvan hy geen kennis dra nie.

Keeka sê daar is in die loop van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika ʼn voortdurende stryd tussen die feitelike en nie-feitelike.

“As iemand ʼn ander siening het, kan jy dit nie in ʼn samesweringsteorie-groep saamvoeg nie. Die werklikheid is dat ons dié sienings moet nagaan en dit op grond van bewyse moet ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Cherokee ·

Mogoeng is besig om meer en meer respek te verdien. Die logika in sy gebed en sy redenasie wat daartoe gelei het, kan nie bloot weg redeneer word nie.
Imran Keeka se naam klink na die van ‘n Indiër, en terwyl ek woon in die stad waar die grootste sametrekking in die hele wêreld is van Indiërs buite Indië, weet ek vele van hulle is Christene, ‘n massa is Hindoes, en ook baie moslems en ander gelowe. Ek lees raak wat Keeka sê oor reg om geloofsoortuigings uit te leef. Dit laat die vraag oop oor uit watter kamp hy praat.
Ek waardeer Mogoeng se vêrsiendheid. Sy redenasie is nie noodwendig uit die lug gegryp nie. Ons moet wakker wees.

Jr ·

Justice Mogoeng Mogoeng I and my family are totally behind you. This is again a govt forcing religious believers to do what they want you to. But denying you your opinions and your freedom of religion. That is already the work of the Anti- Christ. Just the same as Beloftebos

Persheks Adri ·

Ek stem saam met die regter. Dit moet nie op ons af gedwing word nie en ons moet self kan besluit of ons dit wil hê of nie. Ek soek glad nie die entstof nie hou verby! Dis my grondwetlike reg!

Eiervrug ·

En dit is nou die mense wat die land bestuur…. Angswekkend….

Charles ·

Hy is een van die min ligpunte, ek ondersteun sy siening 100%

Alta ·

Mogoeng spreek slegs sy geloofsoortuigings uit. Elke mens het die reg om dit te doen. Niemand moet gedwing word om die entstof te kry nie, elke mens het die reg om self te besluit daaroor, dit is jou liggaam en geen regering het seggenskap daaroor nie! Het mens dan nie meer n se oor jou eie geloof en liggaam nie? Ek weier ook die entstof, soos dit vir my lyk is dit proefnemings op mense, wat ook al die gevolge daarvan kan wees. Gaan elke individu van ons regering wat gedurig ronreis dan self bereid wees om hierdie entstof te ontvang? Ek wonder, waar is die bewyse daarvoor?

Dirk Mostert ·

Kyk gerus wat jy kry wanneer jy I.D.2020 en Bill Gates google (as dit nie intussen verwyder is nie). Terme soos fopnuus en samesweringsteoriee is juis ontwerp as teenvoeter om beskuldigings van globale gekonkel onder die mat te vee. Factschecker en Wikipedia is nie betroubare bronne nie.
Bravo mnr. Mogoeng!

Charles ·

Ek stem saam Dirk, wat het geword van kritiese denke, vryheid van spraak, ek gaan nie alles vir soetkoek opeet nie.

Leeuwyfie ·

Hoe verfrissend. Ek was nóóit teen inentings nie, maar ek het nie werklik beter geweet nie. So paar jaar terug het ek die griep inenting gekry en was dodelik siek. Daarna het ek meer geleer van die mag agter die farmaseutiese maatskappye en hul redenasies en geldgierigheid. Eergister is nog ‘n anti-inenting kampvegter oorlede, Brandy Vaughan. Een van ‘n hele reeks kampvegters. Dit help nie jy google haar naam nie, google steek dit weg, gebruik duckduckgo as soekenjin.
Mense wat glo dat mense soos ek samesweringsteoretikuste is, het nog nie self die bestanddele in ‘n inenting gaan navors nie. Die vraag is, as jy dit nie sal eet nie, hoekom sal jy toelaat dat dit in jou ingespuit word?
Onthou, sommige dokters het op ‘n tyd gesê dat sigarette goed is vir jou. Dis nie te lank terug nie.

MakersMark ·

Stem 100% saam. Edward Jenner wat die eerste inenting teen pokke gedoen het was ook seker ‘n duiwelaanbidder. Dalk moet almal vir hul ma’s kwaad wees wat hul laat inent het teen kindersiektes, en almal wat in die weermag ingeent is teen geelkoors, meningitis etc. En almal wat hul laat inent het teen seisoenale griep, insluitende myself, ons dra die merk van die Dier…….

FM ·

Amen en amen.

Dankie Hoofregter Mogoeng Mogoeng

Dat U bereid is om ongeag enige teenstand U geloof so duidelik te spreek.

Dat U nie ter wille van gewildheid kompromieë aangaan nie.

Ek stem 100% met U saam. Niemand sal my dwing om dit toe te laat nie en ek hoop dat miljoene na U sal luister en dit verstaan.

Jaco ·

As hy regtig so ‘n “weergebore” Christen is, waarom bly hy dan stil oor regstellende aksie, wat openlike rassisme teenoor wit mense is? Dobbelary, aborsie en pornografie is ook alles wettig in SA. Hoofregter Moegoeng is ook stil daaroor. Ek wonder maar net…

My siening ·

Vir so n man het ek respek maar die ANC hou nie daarvan omdat hulle nie n clue het wat die waarheid is nie.

Estelle ·

Mogoeng jy is waarlik n man na die Vader se hart. Ek salueer jou.

Jaco ·

Indien die Antichris agter dié hele Corona ding sit, dan is dit maar swak beplan. Ek het regtig beter verwag. In die Bybel sê Openbaring 13:3b “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.”
‘n Nuwe wêreldorde onder die Antichris, met mondmaskers, alewige hand sanitizer, geen toneelopvoerings, geen simfoniekonserte, geen kunstefeeste, bitter min toerisme, min internasionale vlugte en verpligte coronatoetse om internasionaal te reis, gaan maar erg vervelig wees. Selfs al sou ek ‘n atheïs wees, verwonder dié dinge van die Antichris my nie.

MakersMark ·

Hoe kan entstof duiwels wees? Of mense inenting wil hê is seker hul keuse. Hoe glo “educated” mense sulke snert ? Wat van pokke, griep, geelkoors, masels, meningitis inentings ? Ook van die duiwel af ? Kyk eerder ‘n episode van Star Trek dis nader aan die waarheid.

Francois Le Cochon ·

Absoluut!! Die liggelowiges sal altyd met ons wees. Soos hulle se^,”a fool born every minute”. Dink maar net aan mense wat alkaliese poeiers koop omdat hulle werklik glo dit maak jou liggaam alkalies.

MakersMark ·

Stem. Ongelukkig lyk dit my sogenaamde “educated” mense glo nog aan kersvader en die paashaas. Geen salf aan te smeer nie.

Karina ·

‘n Gewone griep inspuiting maak my verskriklik siek, die covid inspuiting sal my verseker dood maak. Auto-immune siektes het my imune sisteem plat geslaan. Ek sal nie die inspuiting vat nie, al moet ek uit winkels uit bly. Ek wil my kleindogter sien groodword.

Louis ·

Vir eens stem ek volkome saam met wat hy sê. Wat my betref hoef hy geen verskoning of verduideliking te maak nie.

Dries ·

Ek kan nie verstaan waarom die hoofregter aangeval word nie. Hy praat nie met mense nie. Hy bid en praat met God nie met ons nie. Dit is n persoonlike gesprek en dit betaam ons nie om vir hom voor te skryf waarvoor hy vir God vra nie. Ek bid ook elke aand dat sekere politici net kan verdwyn. Mag ek of mag ek nie

MakersMark ·

Die feit dat hy as ‘n leier en ‘n persoon waarna ander sou opkyk agv sy status en posisie in die “publiek” met “God praat” is niks anders as suggestie van valshede nie hy gebruik sy posisie sowel as sy geloof om die publiek te beinvloed met ‘n spul valshede en bygelowe.

Jaco ·

Almal is moeg vir inperking en al die nonsens en ongemaklikhede wat daarmee gepaard gaan. Nou is daar ‘n entstof wat, as meeste mense dit inkry, corona EN inperking sal laat verdwyn. Dieselfde mense wat so teen inperking is, is egter ook teen die entstof. Wil hulle dan maar vir altyd met die nonsens van inperking saamleef?

MakersMark ·

En Suid Afrika keer terug na die middel eeue. Sameswerings teorieë, duiwel besetenheid, en heksejagtery. Gaan kyk in die CV19 sale in hospitale en kom terug en kyk of jy nog glo dis “die antichris” en Bill Gates wat agter dit sit. Dis ‘n virale infeksie wat sekere mense laat sterf. Inenting is 95% effektief om infeksie teë te werk. Soos wat dit is vir pokke, meningitis, geelkoors en polio. Dis nie die antichrist, die dier of die ridder op die wit perd nie, dis ‘n virus. En dis nie die duiwel wat die entstof ontwerp het nie dis wetenskaplikes. En die entstof sal nie ons DNA of RNA verander dat ons half masjien half mens sal wees nie. Dit sal ons immuunsisteen bewapen met die genetiese kode van die virus sodat ons immuunsisteem vinnig kan reageer sou ons infeksie opdoen en die virus se vermeerdering in ons liggaamselle stopsit. Dink net….dink, ons lewe nie in die 1300’s nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.