Mogoeng verdedig Pistorius- en Dewani-uitsprake

Mogoeng Mogoeng. Foto: GCIS

Mogoeng Mogoeng. Foto: GCIS

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het twee regters se onlangse uitsprake in hoëprofiel-sake verdedig, het eNCA berig.

Regters Thokozile Masipa en Jeanette Traverso het onder skoot gekom en selfs doodsdreigemente ontvang nadat hulle onderskeidelik vir Oscar Pistorius en Shrien Dewani onskuldig bevind het aan moord. “Ek dink dit was boos, ek dink regters moet gekritiseer word, ons verwag dat hulle krities oor ons moet wees, maar ek dink daar is ‘n lyn wat ons nie moet oorsteek nie. Ons moet nie persoonlik raak nie,” het Mogoeng aan die uitsaaier gesê.

“Dit lok ons emosies uit en ons verwag ‘n bepaalde uitkoms en niks anders nie. Maar selfs wanneer ‘n behoorlike ontleding van die feite en die wet ‘n landdros of ‘n regter tot ‘n gevolgtrekking lei wat anders is as dit wat ons verwag het, dan begin ons vuilspel vermoed. Ons begin vermoed dat daar iets fout is met die regter,” het hy gesê.

Mogoeng het ook regterpresident John Hlophe verdedig wat binnekort met ʼn junior regter trou. Volgens Mogoeng twyfel hy dat Hlophe sy nuwe vrou voorkeurbehandeling sal gee. “Ek dink nie enige van ons moet poog om in te meng met ware liefde nie, maar ek kan my nie indink dat enige normale regter sy of haar gade niks sal laat doen of die geleentheid sal ontken om haarself te ontwikkel deur nie werk aan haar toe te ken nie,” het Mogoeng aan die uitsaaier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.