‘Mokonyane moet die trekpas kry’

Nomvula Mokonyane. Foto: Elmond jiyane, GCIS

Die DA sal strafregtelike aanklagte teen Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, aanhangig maak ná Angelo Agrizzi, voormalige Bosasa-hoofbedryfsbeampte, se verdoemende bewerings teen haar voor die Zondo-kommissie.

Natasha Mazzone, adjunkvoorsitter van die DA se federale raad, sê “dit is duidelik” uit Agrizzi se getuienis dat Mokonyane ’n sentrale rol gespeel het in die ondersteuning en bevordering van staatskaping “en dat sy nie vertrou kan word om in die beste belang van die mense te dien nie”.

Die kommissie het Maandag getuienis van Agrizzi aangehoor waarin hy Mokonyane daarvan beskuldig dat sy omkoopgeld van die maatskappy ontvang het om die toekenning van tenders aan Bosasa te verseker. Agrizzi beweer Mokonyane het meer as R50 000 per maand tussen 2002 en 2016 by Bosasa ontvang.

Agrizzi het verder beweer dat omkoopgeld glo aan haar betaal is op versoek van Bosasa-baas, Gavin Watson. Volgens Agrizzi het Watson geglo dat Mokonyane genoeg politieke invloed het om die maatskappy te bevoordeel.

Agrizzi het ook beweer Mokonyane het as destydse hoof van die verkiesingsveldtog gedurende die ANC se 2016-verkiesingsveldtog, kontantbydraes aanvaar vir die regerende party se Siyanqoba-saamtrek by Ellispark in Julie 2016.

Dennis Bloem, nasionale woordvoerder van Cope, het sedert dié getuienis aan die lig gekom het ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om Mokonyane die trekpas te gee. Volgens Bloem kom Agrizzi se getuienis egter nie as ’n skok nie.

“Die opvallende spandabelrigheid en haar buitensporige duur lewenstyl is sigbaar vir almal om te sien. Dit het eintlik ’n norm en ’n kompetisie onder leiers in die party van korrupsie, die ANC, geword om met materiële bates en duur alkohol te spog,” het Bloem Maandag gesê.

“Ons eis dat pres. Cyril Ramaphosa die regte ding doen deur Nomvula Mokonyane dadelik uit die kabinet te verwyder. Sy is ’n onverdedigbare skande en verleentheid. Hy moet ook nie durf om weer, soos hy gewoonlik doen, te praat oor die sogenaamde eenheid van die party van korrupsie nie.”

Mokonyane se prokureurs het intussen ’n klagte aan die Zondo-kommissie gerig oor die optrede van die media wat die inhoud van Agrizzi se beëdigde verklaring, waarin hy Mokonyane beskuldig het, vroegtydig gepubliseer het. Die minister se regsverteenwoordigers voer aan hul kliënt se reg op prosedurele regverdigheid is geskend en dat die media die rol en funksie van die kommissie oorgeneem het en dit Mokonyane benadeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Judge Dredd ·

En wat gaan die DA as bewyse gebruik? – Agrizzi se hoor-se ?

Petro ·

Kalmeer DA… Ons is almal geskok en mislik oor wat sy skynbaar alles aangevang het.. Maar een ou wat maar self korrup is se getuienis is nie genoeg nie. Dit moet alles bewys word. Maar CR kan haar solank skors….

Deon ·

Hoop net sy het die ekstra inkomste in haar belastingopgawe verklaar.

Peter Holmes ·

Dis mos die een wat gese het: As die Rand val dan tel ons hom weer op. !!!!

ne ·

Sy gaan ‘n kits verlanking kry noudat die R50,000 per maand nie meer daar is nie!

Foxi ·

Ek soek juis iemand om my raad te kom gee HOE om lekker te leef.

leser ·

nou waar gaan “stir-all” tyd kry om haar te skors, hyt nouself weggehardloop om tyd te wen, nog altyd n lafaard, skelm

HP ·

“… `n onverdedigbare skande en verleentheid.” Dennis Bloem het dit mooi opgesom. Dit geld egter nie net vir haar nie maar die hele korrupte spul (lees: regering).

JL ·

Daar sal niks gebeur nie. Sy sal seker weer ń ander pos in die ANC kry.

Thinus Eraamus ·

Die ANC is nou baie amper amptelik african national corruption..

Hennie ·

JL hetdit reg. Sy sal niks oorkom en “ontplooi” word in een of ander ANC pos of heel waarskynlik ‘n diplomaat word.

DeVill ·

Gaap!

Sy gaan niks oorkom nie. Ons verskoning van ‘n president gaan ook niks doen ten opsigte van die saak nie.

Eendag as Mokonyane te sterwe kom sal sy Mama Mokonyane, Mother of the Nation genoem word.

Rina Kotze ·

Gaap,

Ek stem saam, al die kommissies is net om tyd te mors en daar is geen arrestasies, geen afdankings niks! Net die voormalige minister van Finansies wat ruggraat gehad het om sy fout te erken en self te bedank, en die ander voormalige minister van Finansies, wat onder druk en weens ander aanklagte en skandes teen hom, wat self bedank het!

Die res ry nog heerlik soustrein!

Wanneer gaan ons belastingbetalers begin wakker skrik en eis dat sommer die hele regering bedank??? Hopelik skrik ons wakker by die stembus vanjaar??? Ek hoop regtig so!

Suid-Afrika is nie meer my land nie. Dis ‘n flippen sirkus man!
Ek soek net die hoofnar, lyk my daar ‘n paar wat kwalifiseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.