Mokonyane na Luthuli-huis ontplooi

Nomvula Mokonyane. Foto: Siphelele Dludla/ANA

Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, is na Luthuli-huis ontplooi, het die regerende party aangekondig.

Dit kom nadat Mokonyane die pos van voorsitter van komitees in die parlement van die hand gewys het.

Volgens Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het Mokonyane aan die party gesê weens familieverpligtinge en die feit dat sy tans rou, sal sy nie in staat wees om haar pligte getrou en toegewyd na te kom nie.

“Die ANC sal comrade Nomvula gevolglik na sy hoofkwartier by Luthuli-huis herontplooi.”

Mokonyane word tans van omvattende korrupsie beskuldig voor die Zondo-kommissie.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook vroeër aangekondig dat adj.pres. David Mabuza versoek het dat sy beëdiging as lid van die parlement uitgestel word.

Mabuza het die versoek gerig ná ʼn verslag van die ANC se integriteitskommissie bewerings bevat het dat hy die ANC se aansien en integriteit skade berokken het. Daar word berig dat hy ook moontlik na Luthuli-huis ontplooi kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adam ·

Ek rou ook, maar om ‘n ander rede nl. dat beide sy en die ANC herverkies is.

Eva ·

Ek rou saam met jou. Hoop alles wat draagbaar is, is vasgeskroef.n

Felix ·

Mag ons ‘n ‘yster’ kry was as minister van omgewingsake aangestel word, iemand wat dit sy/haar erns met die natuur en bewaring is, ‘n persoon wat ook vir die renoster, die leeu en die olifant omgee en wat onetiese praktyke sal uitroei.

Eva ·

Ehhhh kamerade, julle is waningelig. Sy gaan net nie NOU (saam met Dia ander) ingehuldig word nie. Sy en kômryd Davies Mabunda sal op n layered stadium op n luisterryke funksie ingehuldig word en volle bêkpy met rente kry. Wat het die ondersoek na haar bedrywighede in die munisipaliteit ontbloot? Ek dink dan nou nepotisme, korrupsie, tenderbedrog…. Watersake????

Gerhard Bezuidenhout ·

Skuldige gewetens dit is al . Lethulihuis word n stortingsterrein vir die korruptes, net bra Ace wat nog dikvellig is.

Kallie ·

Die ANC bly steeds ‘n nes vir korruptes. Nou kan die pro-Zuma groep werk aan hul strategie om die ander Zuma in beheer te kry.

marous ·

Die mense sal NOOIT verantwoordbaar gehou word vir die plundering van die land nie .

Hans ·

Seker om ‘n ogie oor haar eie en meelopers se ongeoorloofde paktyke te hou.

Henry ·

Hoe skyf jy probleme rond. Van een portfolio na ‘n ander. Raak ontslae van die probleme. So eenvoudig soos dit.

Bring jou handsak braai toe ·

In charge van die braaipakkies by
Loot-hulle-huis.

Chrisn ·

Moet eintlik ontplooi word na ‘n tronk en sleutels ver weggooi.

Dries du Toit ·

Ace se korrupte maatjies almal bymekaar in een huis. Ramaphosa bewerk sy eie ondergang. Zuma se invloed is groot in daai huis van korrupte amptenare

HOBBO ·

Hierdie is om Lethuli huis te versterk sodat Ace genoeg stemme het om CR later van tyd te herroep!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.