Mokonyane na Luthuli-huis ontplooi

Nomvula Mokonyane. Foto: Siphelele Dludla/ANA

Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, is na Luthuli-huis ontplooi, het die regerende party aangekondig.

Dit kom nadat Mokonyane die pos van voorsitter van komitees in die parlement van die hand gewys het.

Volgens Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het Mokonyane aan die party gesê weens familieverpligtinge en die feit dat sy tans rou, sal sy nie in staat wees om haar pligte getrou en toegewyd na te kom nie.

“Die ANC sal comrade Nomvula gevolglik na sy hoofkwartier by Luthuli-huis herontplooi.”

Mokonyane word tans van omvattende korrupsie beskuldig voor die Zondo-kommissie.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook vroeër aangekondig dat adj.pres. David Mabuza versoek het dat sy beëdiging as lid van die parlement uitgestel word.

Mabuza het die versoek gerig ná ʼn verslag van die ANC se integriteitskommissie bewerings bevat het dat hy die ANC se aansien en integriteit skade berokken het. Daar word berig dat hy ook moontlik na Luthuli-huis ontplooi kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adam

Ek rou ook, maar om ‘n ander rede nl. dat beide sy en die ANC herverkies is.

Felix

Mag ons ‘n ‘yster’ kry was as minister van omgewingsake aangestel word, iemand wat dit sy/haar erns met die natuur en bewaring is, ‘n persoon wat ook vir die renoster, die leeu en die olifant omgee en wat onetiese praktyke sal uitroei.

Gerhard Bezuidenhout

Skuldige gewetens dit is al . Lethulihuis word n stortingsterrein vir die korruptes, net bra Ace wat nog dikvellig is.

marous

Die mense sal NOOIT verantwoordbaar gehou word vir die plundering van die land nie .

Hans

Seker om ‘n ogie oor haar eie en meelopers se ongeoorloofde paktyke te hou.