Mokonyane sal ‘op regte tyd’ oor Watson vertel

Nomvula Monkonyane en Papa Leshabane by Gavin Watson se gedenkdiens. (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

Nomvula Mokonyane, ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het Vrydag uitgevaar teen die regerende party wat sy meen hul rug gedraai het op Gavin Watson, die baas van die voormalige Bosasa, wat vroeër vandeesweek in ʼn motorongeluk dood is.

Mokonyane het by Watson se gedenkdiens in Roodepoort, Johannesburg, gepraat. Sy het gesê sy sal nog al die besonderhede van haar bewering blootlê wanneer die tyd reg is.

“My tyd sal kom. Ek sal vertel wat Gavin gedoen het en nie wat [voormalige Bosasa‑bedryfshoof Angelo] Agrizzi sê nie. Daardie tyd sal kom en ek sal my storie vertel. Ek het vir Watson die vryheidsvegter leer ken en ek het myself nooit van hom gedistansieer nie en sal dit ook nooit doen nie,” het sy gesê onder luide toejuiging van die roubeklaers by die Little Falls-kerk.

Watson is Maandag in ʼn padongeluk naby die OR Tambo Internasionale Lughawe dood.

Sy familie en talle Bosasa-werknemers was vandag by die kerk om hulde te bring aan die sakeman wat hulle as “ons leier” geloof het. Hulle het Watson geloof en aangevoer hy word nou deur die media gekruisig op dieselfde manier wat Jesus geviktimiseer is.

Limpho Hani, weduwee van SAKP-leier Chris Hani, het ook die diens bygewoon.

Mokonyane het uitgevaar teen mense in die ANC wat “hul rûe op Watson gedraai het” en nie meer met hom geassosieer wou word nie. Sy het gesê Watson het hierdie mense in hul tyd van nood gehelp.

“Jy [Watson] het na hulle gekyk nadat hulle uit ballingskap teruggekeer het, jy het vir hulle huise gebou en hulle en hul kinders onderrig. Vandag wil hulle nie met jou geassosieer word nie. Sommige van hulle het groter as jy geraak, ryker as jy geraak. Sommige van hulle bly in huise groter as joune en ry groter motors,” het sy gesê.

“Dankie dat jy die ANC ondersteun het toe dit nie mode was om dit te doen nie. Dankie dat jy na die weerloses in Kagiso, in die Noord-Kaap en in Limpopo omgesien het. Dankie.”

Mokonyane het verder gesê die Watsons ondersteun geregtigheid en is lief vir Suid-Afrika.

Gavin Watson se familie by die gedenkdiens. (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

“As jy my vra hoekom was ek gereeld by Bosasa se kantoor, sal ek vir julle sê dit is omdat Bosasa vriendelik teenoor die ANC was. Dit is ʼn familie wat nooit van Nomvula af weggedraai het nie. Hulle het nooit hul rug gedraai op Surge Mokonyane, die terroris wat met Winnie Madikizela-Mandela geassosieer het toe dit nie gewild was om dit te doen nie. Ons storie sal vertel word.”

Sy het bygevoeg Gavin was nie ʼn kapitalis nie en was lief vir die lewe.

Agrizzi het beweer Watson was die baasbrein agter Bosasa se twyfelagtige kontrakte ter waarde van miljarde rande met die regering. Hy het aan die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê hy is opdrag gegee om omkoopgeld en -geskenke vir oudpres. Jacob Zuma te reël, moes ʼn Louis Vuitton-sak vol banknote aan SAL-voorsitter Dudu Myeni besorg, en moes groot bestellings van kos en drank vir Mokonyane betaal.

Watson sal volgende week in Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

SjN ·

Sy het gereeld besoek afgelê om haar pond vleis te kry, soort soek soort.

peet ·

Net as jy dink jy het alles gehoor!
Die Ou daarbo laat nie van Hom ‘n bespotting maak nie. Pasop!

Erwee ·

Daar is nie ‘n “Ou” daarbo nie, Peet!!! Ek glo ons woord keuses en aanspreek-vorm is net so belangrik soos ons bedoeling

PJ ·

Jesus Christus wou Peet sê… Ne Peet? Stem saam met Erwee…

Cherokee ·

peet, van nou af sal ek àl jou kommentare minag soos jy die Koning van die konings minag in jou skrywe. Miskien nie so bedoel nie, maar indien wel, volg op met ‘n verskoning aan die Grootste ooit.

Basjan ·

KP, sy kan nou enige “STORIE” oor Watson opdis. Hy is mos “DOOD(?)” en kan mos nie bevestig of dit waar of onwaar is nie?

Johan ·

Die Ace-element in die ANC sal korrupte mense ten alle koste verdedig. Maak nie saak wat hierdie mense gedoen het nie. Miskien omdat hulle self ook die korrupte soustrein gery het?

Elize ·

Oh my word!!!! Moet ASSEBLIEF nie Watson se situasie met Jesus sn probeer vergelyk nie. Dit is verby siek man.
Kyk om jul rond, is dit wat julle sien, waarvoor hy gestaan het? Ons eens pragtige land lyk soos n varkhok.

Peet ·

Erwee, vra nederig om verskoning vir my minagting!! Onvoorwaardelik.

Helene Heyns ·

Peet ek respekteer n man wat op so n ordentlike wyse om verskoning kan vra.

Johanna Botha ·

GW het vriendelik omgegaan met die anc en gelde geskenk aan die anc vir gunsies en gawes wat tenders betref ….wink wink !

Pottie ·

Jip en dan het hy met die bybel onder die arm geloop die anc is soos n klomp parasiete die land is klaar mense skrik wakker

Pottie ·

Stem broer net jammer ons gaan nooit wakker skrik nie praat dit kan ons goed doen maar saam staan glad nie

Gert van Wierdapark ·

Die voormalige waterlose mini-ster hou seker ook van die storie van Robin Hood! Sy sou egter nie een van die ontvangers van hulp van Robin gewees het nie! Inteendeel, ek dink sy sou seker “deurgeloop” het!!! He-he-he! ³

JR ·

En hulle sê hy het vir die arm mense gesorg nog leuns want hy het nooit n sent vir helpendehand of vir give of givers of vir enige ouetehuis of vir restremde mensies gegee nie net omkoop geld vir tenders hoe siek dit maak my naar

LHS ·

Oo n vryheidsvegter sê sy, nou maak alles heeltemal sin. Met staatsgeld is die ANC die hele tyd gefinansier en lede verryk.

James ·

Jip nou uitgespoeg.
Nog gaan uitgespoeg word.
Wonder of hulle dit besef en dan hoort hulle nerens nie.

Ja nee ·

Jammies, stem saam. Hulle almal se een enkele dryf was LIEFDE VIR GELD!

Gaitsigubib ·

As Zuma sneuwel sal almal ook huil en vertel watter groot vegter vir die struggle was hy gewees? Sy onvermoe, onbevoegdheid, arrogansie, korrupsie, rassistiese liedjies wat hy so graag gesing het, alles heel vergete! Dis eienskappe wat n goeie anc leier moet he!

Grobler Steyn ·

Oor n jaar word strate na die vreeslose vryheidsvegter vernoem jy moet net doodgaan om heilig te raak

Oljetter ·

Gavin Watson sal seker vir die volgende week die heiligste oorlede mens op aarde wees. Aan jou vriende (en jou dade) sal jy geken word.

Anna ·

Daar hoor ons nou die waarheid. Dit is nie korrupsie of omkopery nie. Dit is sorg vir jou mense. Die soustrein sal nooit uitgeroei word nie want dit word nie as verkeerd beskou nie

Karen ·

Elohim laat nie met Hom spot nie niemand kan vergelyk word met Jesus …..
Heel verbaas hy is nie beloon met staats begrafnis ? So ‘n goeie man….gelukkig is almal beter dan botter wan hul heengaan Nooit slegte mens en altyd dadelik in die hemel aangeneem….

Johan ·

Hulle sê dat daar altyd twee keer in jou lewe goed vsn jou gepraat word : as jy gebore word weer ‘n as jy doodgaan.
Die Geskiedenis sal mnr Watson beoordeel….. Sodra ál die feite vorendag gekom het.

Grompie ·

Daar is nooit n regte tyd vir die verkeerde praat maar oor jouself.

Arno Scheepers ·

Ja sy is baie lief vir hom, sy korruptheid het haar skatryk gemaak.
Hy was korrup….met die Bybel onder die blad.

Seemonster ·

En daar bevestig sy wat ons weet – dat sy in die bed met die staatskapers is . . . .

Hennie ·

En hoe weet Mokonyane, was hulle almal kaders van Zuma? Sy sien verseker net die geld wat ontvang was, en gladnie hoe dit verkeerd gekanaliseer was nie, sy verstaan nie. Shame!

Sê maar net ·

Die lot ‘Stelers’ het só arrogant geword dat hulle hulleself in die openbaar ontmasker en glo dit was alles vir ‘n verdienstelike saak. Skaam julle!!

Bo blink ·

Om korrupsie en tenderskandale as iets edel te probeer voorhou deur dié twyfelagtige karakter wat nou die voorste roubeklaer en ‘praise singer’ is, is seker die toppunt van skynheiligheid. Dink die mense dat hulle ‘n ‘waarheid’ kan fabriseer deur lank genoeg te lieg?

Niklaas ·

Hierdie man was n meester strateeg en puik akteur. Sy maandelikse omset t.o.v. omkoop gelde was glo enorm. Die waarheid sal hopelik nog uitkom betreffende sy dood , so toevallig net voor hy moes getuig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.