Mokonyane vra ANC om amp te heroorweeg

Nomvula Mokonyane. Foto: Elmond jiyane, GCIS

Die ANC het Woensdag bevestig hy het ʼn versoek van Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, ontvang dat die party haar ontplooiing in die sesde Nasionale Vergadering heroorweeg.

Dit kom nadat die ANC vroeër aangekondig het Mokonyane is benoem tot voorsitter van parlementêre komiteevoorsitters. Dié posisie sou haar aansienlike mag oor die begroting vir parlementêre komitees en die wetgewende en oorsigprogram gee, en die benoeming is met gemengde reaksie begroet.

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, sê in ʼn verklaring Mokonyane het intussen die ANC-leierskap ingelig dat weens familieverpligtinge en die feit dat sy tans in rou is, sy nie glo sy sal in staat wees om haar pligte getrou en toegewyd na te kom nie.

Mokonyane se man, Serge Mokonyane, is verlede maand oorlede ná ʼn lang siekbed.

“Die ANC sal binnekort herbesin oor die ontplooiing van ʼn vervanging vir die posisie as voorsitter van parlementêre komiteevoorsitters,” het Magashule gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

PJ ·

Wonder wanner gaan die dame “uit rou” kom ? Sy wil ok nie reageer op die Bosasa beskuldigings want sy het gesè sy rou nog en gaan nie nou reageer.

Boerin ·

Daai selde versoek het te doen met die baie vleis, kaste whisky en bier…Sy
weet haar kierangkies braai binnekort uit daarom die gemaklik kruk van “in rou” wees! Nee wat Nomvula jou dae is getel!

Carel ·

Jong Boerin ek hoop saam met jou maar wil dit eers sien gebeur

JohanL ·

Simpatie aan haar met afsterwe van haar man – sekerlik nie maklik nie.

Hoop egter wel dat na sy gerou het, sy ook sal berou oor haar korrupte dade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.