Molefe-afdanking ʼn stap in die regte rigting

Brian Molefe Foto: ANA

Die vakbond Solidariteit het vandag die terugtrekking van Brian Molefe se heraanstelling as uitvoerende hoof van Eskom verwelkom. Dit volg nadat Solidariteit onlangs ʼn omvattende regsaksie teen die nou voormalige Eskom-baas van stapel gestuur het.

Volgens Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van die energiebedryf by Solidariteit, sal die vakbond egter, ten spyte van Molefe se aanstelling wat teruggetrek is, voortgaan met die hofaksie teen Molefe en die Eskom-raad. “Solidariteit voer in sy hofstukke aan dat die Raad se goedkeuring van Molefe se aanvanklike vroeë aftrede en die daaropvolgende pension-uitbetaling nie regmatig of binne die raamwerk van Eskom se pensioen- en voorsorgfonds geskied het nie,” het Reyneke verduidelik.

Reyneke het voorts gesê dat Solidariteit dus sal voortgaan om die direkteur van openbare vervolging te versoek om Molefe en die Eskom-raad se aksies en besluite te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Adrian ·

Het vandag gehoor op ewn nuus dat die meneer n pos in finansies gaan kry sommer by Gigabe twee groot skelms bymekaar meer om te steel en lekker te konkel vir meer deals met die skelm Guptas

f ·

Hy kry R30 miljoen pensioen na net 1 jaar diens. Hopelik kan hy nou sy seun se studies betaal en hoef sonnyboy nie hierdie jaar weer die UK aan die brand te steek vir gratis onderrig nie.

ManieM ·

Koewieeee, kom ons speel wegkruipertjie. Ek is hier, waar is dit nou weer volgende? Kom ons bespiegel waar gaan hierdie kundigheid nou weer ontplooi word. BM is mos ‘n man van “Action” as daar geld en transaksies ter sprake is.

Scalla ·

Brown het hom so op gehemel, hier is n slang in die gras, die Comrades beskerm mekaar.

Jaco Grobler ·

‘n Stap beteken niks, ons kort tsunamis van verandering in SA.

John ·

‘Stap in die regte rigting’… Sowaar?… of so waar… Kom ons kyk…

snoefie ·

hy het in trane bedank. (toe hy besef het n byenes in eskom is oopgekrap) laatdie man verantwoordelikheid vir sy daad neem en die kontraktermyn aan eskim uit betaal.

LOL ·

Molefe hoort in parlement in Kaapstad. Sy trane kan die waterbeperkings verlig.

Han ·

Brian Molefe lyk altyd asof hy iets sleg ruik. Kan die man tog nie maar sy gesigsuitdrukking positief verander nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.