Molefe betaal skuld ‘stuk-stuk’ af

Brian Molefe. (Foto: ANA)

Solidariteit se regspan het Maandag weer ʼn dringende opdrag aan die balju gegee om voort te gaan met die beslaglegging op voormalige Eskom-hoof Brian Molefe se eiendom om uitstaande regskoste van nog sowat R200 000 in te vorder.

Molefe het verlede maand nog sowat R600 000 aan regskoste geskuld wat hy ingevolge ʼn hofbevel aan die organisasie verskuldig is.

“Mnr. Molefe se tyd raak min. Tot dusver het hy dit nog reggekry om die balju op ʼn afstand te hou deur die betaling so stuk-stuk te doen, terwyl hy eintlik maar net tyd koop. Indien hy versuim om die uitstaande geld aan Solidariteit te betaal, staan die balju weer voor sy deur en sal hy gedwing word om van sy eiendom afstand te doen om ons regskoste te betaal,” het Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig Molefe het voorheen probeer om die kostebevel teen hom in die Konstitusionele Hof ter syde te laat stel. Sy aansoek het egter misluk.

Die voormalige Eskom-hoof skuld ook sowat R10 miljoen aan die Eskom-pensioenfonds.

Volgens Van der Bijl het Solidariteit egter nog niks verneem van die “aggressiewe” regstappe wat die fonds kwansuis sou instel om die skuld van Molefe te verhaal nie en het vandeesweek ʼn skrywe aan die fonds gerig om terugvoer oor dié stappe te kry.

“Molefe sukkel om R200 000 bymekaar te skraap, wat nog te sê van die miljoene wat hy aan die Eskom-pensioenfonds verskuldig is. Ons wag ook steeds op bevestiging van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) oor of die NVG met die vervolging van Molefe sal voortgaan.

“Geregtigheid gaan hom egter inhaal,” het Van der Bijl gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Maljan ·

Van DER Bijl droom drome. Hy betaal so stuk stuk om die balju van sy deur af te hou tot sy meesters se reddingsboei vir hom in werking tree. Geregtigheid wil mos n witvel in SA dra?

Chris Ws ·

Molefe hoort agter tralies.Wat maak hy nog op vrye voet?Adv.Gerrie Nel moet nou optree want dis duidelik die NVG staan hande in die sakke en “monitor” die situasie.

Jaco ·

Alles moet eerder van hom weggevat word sodat hy buite die tronk kan sukkel om ‘n bestaan te maak. Nie langer ‘n las vir die belasting betaler nie.

JK ·

Wat van die geld wat hy by Transnet van die pensioene gevat het.
Ons sukkel nog steeds

Arno Scheepers ·

Hoekom stuk stuk, Hy het dit mos nie stuk stuk gekry nie?

Gert van Wierdapark ·

Hy besluit seker maar net oor watter rekening elders hy moet gebruik!!

aj ·

Wens Molefe kies ook die Watson uitweg!

Daar is nóg ‘n hele paar “ongelukke” wat kaders soek om mee te gebeur!

Kokkie ·

Moenie toelaat dat hierdie Molefe-hoender
met julle kat-en- muis speel nie . Toe hy die geld ontvang het, het hy dit nie stuk-stuk geneem nie. O nee, hy het met albei hande gegryp. Nou probeer hy Ramaphosa se ‘long game’ speel. Moenie met hom speel nie. Hy moet hoes, en nie wanneer nie……….NOU!

JohanL ·

Kokkie, alhoewel ek 100% met jou saamstem, dink ek nie dit sit in die regstelsel se broek om Molefe of te dwing om alles nou te betaal of om hom tronk toe te stuur nie.

Dit maak mens suur, want daai man het waar hy gegaan het, baie geld gekry vir min werk. Transnet, Eskom, ens.

Michael P ·

Hierdie nuwe vroutjie wat aangestel is as hoof van die NVG was veronderstel om alles reg te ruk Daar gaan nog steeds. niks aan nie of is sy nou ook net n kader met n baie groot salaris elke maand.

Robert ·

Michael P: gaan lees bietjie hoekom die hoof van die NVG sukkel, sy is nie ‘n kader vir die geld nie

maplotter ·

Ongelukkig kan sy nie oornag 600 korrup vry en vaardige aanklaers uitkrap nie.

Lou ·

Gee hom gas totdat elke sent terug betaal is aan almal vir wie hy skuld. Eskom, Solidariteit ens.
En as hy nie kan nie dan moet hy toegeluit word vir korrupsie. Of dalk moet hy sommer in elk geval toegesluit word want korrupsie is mos nog’n misdaad of is dit nou ‘n nasionale tydverdryf soos rugby kyk en bier drink?

JohanR ·

Het hy sy R30M ook stuk-stuk gekry? Eskom het dit sommer chop-chop in sy rekening inbetaal. Doen ‘n EFT ou Brian vir die begrag wat jy skuld, en kry klaar. Kan die publiek van Suid Afrika iewers gaan kyk, en met hulle eie oe sien dat die geld immers inbetaal is?

Theoman ·

Als is net een groot klug in hierdie land. mense soos molefe het geen verantwoordelikheid nie. inteendeel dit sluit die hele bleddie regering in ook. Kan iemand net vir my se is Rampspoedigephosa nog in beheer ons hoor boggerall van hom.

Gert van Wierdapark ·

As hy nie kan betaal nie, moet hy 2 jaar op ‘n krokodilplaas gaan werk, waar hy die hartsnare van die ou GROTES sal kan roer met sy bewoe stories by Eskom! Dan sal hy sien wat WARE krokodiltrane is!! He-he-he!

humor ·

Ha ha, mosterd na die maal. Na die party sukkel hy nou om die lee brankbottels verkoop te kry om stuk R200, 00 bymekaar te kry. H y word bankrot verklaar en daar gaan hy. So se die hedendaagse regstelsel.

Leon ·

Maak soos in die Bybel. Verkoop hom en sy gesin as slawe totdat sy skuld afbetaal is.

marous ·

Die balju is ‘n beampte van die hof en nie ‘n skuld invorderaar of voel verskrikker nie . Laat hom die lasbrief uitvoer en gaan dan voort volgens wetgewing .

Antionette Boshoff ·

Hy moet weer vir ons ñ bietjie huil, miskien kry hulle hom jammer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.