Die vakbond Solidariteit se saak oor die terugbetaling van die onregmatige pensioen wat Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, ontvang het, word van 29 November tot 1 Desember in die Noord-Gautengse hooggeregshof aangehoor.
Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het Molefe se aanvanklike vroeë aftrede en die daaropvolgende pensioenuitbetaling nie regmatig of binne die raamwerk van Eskom se pensioen- en voorsorgfonds plaasgevind nie.
“Ons eis dat Molefe alle pensioenuitbetalings en -voordele wat aan hom toegestaan is terugbetaal,” het Van der Bijl gesê.
Van der Bijl verduidelik voorts dat Solidariteit Molefe en die Eskom-raadslede as respondente tot die saak gevoeg het, sodat hulle in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou kan word vir die vakbond se regskoste.
Dit sal n openbaring wees om die hof se uitspraak in die “Kolonel” se saak te hoor.
Ek het lanklaas iemand gesien wat sy naam so krater maak soos die man. En dan het hy die vermoee om dit telkens te herhaal. Ek kan nie sien wie so n persoon as n bestuurder wil he.
Dit is hoe hul somme werk, 18 maande diens, R30 m pensioen, voorheen 30 jaar diens, R1,8 m pensioen, dis hoekom ons rommel status geniet.
Ons wag in absolute spanning
Wonder of hy ooit sy regmatige belasting op die pesioen betaal het.
Gaan ‘n interessante saak wees. Wag vir die uitslag.
Vir 30 Miljoen moet jy n enorme bydrae he om dit in 18 maande te bekom… O ja ook vergeet hy is Ere Kolonel in die Weermag, met Salaris! En Madaljes… en n 30 miljoen medalje seker ook…