Molefe en Motsoeneng ‘finansier’ stryd teen belastingplundery

Brian Molefe. (Foto: ANA)

Brian Molefe en Hlaudi Motsoeneng se kostes aan Solidariteit wat al betaal is, beloop sowat R1,3 miljoen en sal aangewend word om soortgelyke belastingvergrype aan te vat.

Só sê Solidariteit nadat Brian Molefe, voormalige Eskom-hoof, verlede week die uitstaande bedrag van R283 758,96 aan Solidariteit betaal het om die totaal van net minder as R800 000 wat hy aan Solidariteit verskuldig is, finaal terug te betaal. Solidariteit het ook Vrydag, in antwoord op ’n skrywe aan die Eskom-pensioenfonds waarin die fonds gevra is om onmiddellik voort te gaan met die invordering van die uitstaande geld, bevestiging van die fonds ontvang het dat hulle sal voortgaan met ’n verklarende bevel ten einde die skuld aan hulle in te vorder. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het egter nog nie bevestig of hulle voortgaan met die vervolging van Molefe nie.

Die SAUK se voormalige bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, het sy laaste betaling van R20 426,00 in Augustus aan Solidariteit betaal. Dit volg nadat Solidariteit einde 2018 met ’n proses begin het om beslag op sy goedere te lê. Tien regters van die Konstitusionele Hof het eenparig in 2018 bevind dat Hlaudi Motsoeneng die regskoste van die vakbonde Solidariteit en Bemawu, wat die SAUK-8 verteenwoordig het in hul saak in die arbeidshof oor hul onregmatige afdanking, moet betaal. Motsoeneng het na ’n gesloer uiteindelik die totale koste van R460 426,77 aan Solidariteit terugbetaal.

Solidariteit het besluit om die geld wat van Motsoeneng en Molefe verhaal is, aan te wend vir sake wat belasting misbruik aanspreek. “Solidariteit se Regsfonds, tesame met die bydraes gemaak daartoe deur Molefe en Motsoeneng, maak dit moontlik om toekomstige sake van belastingplundery aan te vat en sodoende roekelose mense wat belasting vermors aanspreeklik te hou,” sê Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit Regsdienste

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
PJ

Knap gedaan Afriforum trotse Afriforum lid

GP

Baie goeie idee. Begin om die zondo komissie uit te vind wat kos dit sover en wat help dit tot nou? Waneer gaan iemand vervolg word. Dink dis weer n put vol belasting geld wat gemors word.

Deloris

Knap werk Solidaritei maak goeie voorbeeld van hulle… En tree vinnig op voor dat ander belasting plundelaars hulle geld verdoesel……

Hennie

Vat hulle vas… Die skobbejakke!

Piet

Goeie nuus. Een van ons grootste probleme is groot en diep sakke – geen belasting betaal.
Maak jou seer as jy al jou belasting betyds betaal.
Hierdie eerlikheid is ‘n ou swakte van ons WMC’s.