Molefe glo fisiek weerhou van Eskom-kantoor

Brian Molefe. Foto:leadershipplatform. com

Die Congress of the People (Cope) het gedreig om Brian Molefe, omstrede voormalige hoof van Eskom, wat vanoggend sy pos hervat fisiek te keer om Megawatt Park in Johannesburg binne te gaan.

Dié nuus van sy terugkeer is deur Khulani Qoma, Eskom se woordvoerder, bevestig. “Hy kom definitief Maandag terug; ons kan hom nie weghou oor die staatskapingverslag nie. Daar is self erken dit was nie volledig nie,” het Qoma gesê.

Dit is ook bevestig dat Molefe as lid van die parlement bedank het. Hy is in November 2016 weg by Eskom ná hy met die omstrede Gupta-familie verbind is in die staatskapingverslag. Daar word spesifiek melding gemaak van die Guptas se maatskappy, Tegeta Exploration and Resources, wat een van Eskom se steenkoolverskaffers is.

Dennis Bloem, woordvoerder van Cope, het gesê sy party is vasbeslote om pres. Jacob Zuma, die Guptas, Molefe en “enige ander Miekie Muis” te wys hulle sal nie toelaat dat Suid-Afrika in ʼn piesangrepubliek verander word nie.

“Molefe sal nie toegelaat word om enige hek by Megawatt Park binne te gaan nie, ons mense gaan alle ingange versper,” het Bloem gesê.

“Dit is totaal onaanvaarbaar dat die regering ons mense met so ʼn gebrek aan respek behandel. Cope wil met fisieke aksie demonstreer dat ons genoeg gehad het van hierdie blatante korrupsie.”

Molefe se terugkeer oorvleuel met die afwesigheid van Matshela Koko, waarnemende hoof van Eskom, wat ingestem het om verlof te neem. Aantygings van nepotisme word teen Koko ondersoek nadat sy stiefdogter, wat hoof was van Impulse International, glo ʼn R1 miljard-kontrak by Eskom gekry het.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Vrydag gesê sy keur die besluit goed dat Molefe weer as hoof terugkeer om die res van sy kontrak uit te dien.

Brown moet glo later Maandag by Luthuli-huis in Johannesburg aanmeld waar daar glo aan haar gesê gaan word dat sy die besluit om hom weer aan te stel ter syde moet stel of die raad van Eskom moet ontbind.

Molefe sal na bewering Dinsdag sy eerste openbare verskyning as hoof van Eskom maak by die opening van African Utility Week in Kaapstad.

Lees alle vorige berigte oor Brian Molefe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Stoffel ·

Die berig se bewoording klink nie reg vir my, en ek nou nie juis op die kol met afrikaans nie. Die opskrif lees “Molefe glo fisiek weerhou van Eskom-kantoor” wat klink soos hy was toe weerhou toe hy daar aangekom het, maar in die berig self staan daar net dat Cope beplan om dit te doen ? Of sit ek nou die emmer erg mis ?

Anoniem ·

Mooi so! Teken ook asb OUTA se petisie teen Eskom:

“Eskom has requested an exemption from transparency requirements in the revised Multi-Year Price Determination (MYPD) – the process which will set electricity prices from April 2018. We believe Eskom is attempting to deflect attention from maladministration or probable corruption and are therefore presenting our reasons on why full transparency is vital, to the National Energy Regulator (NERSA) on 18 May 2017.”

http://www.outa.co.za/eskom-campaign/eskom-secrecy/

marous ·

Vat so ! Molefe ,Lynne Brown , Quomo en Koko moet maar self probeer om vir Lekota nat te spuit by Megawatt Park se hekke …. en die gevolge dra.

Michael ·

Ek het gewonder wanneer die mense gaan optree net jammer die wiele moes eers uitval wanneer is dit nr 1 se beurt ?

Piet Pille ·

Stoffel, ja ek is ook nie heeltemal seker oor die tydsbereking wat in die verslag genoem word. Is hy of gaan hy weerhou word. Taamlik misleiedend of lees ek dit nie reg?

EB ·

Hierdie regering moet n les geleer word. Ons moet ophou om toe te laat dat hulle ons so laag skat.

snoefie ·

Lynne brown, quomo en koko kon ores Zuma en ander ander Brian molefe aanhangers, molefe het WILLENS EN WETENS VRYWILLIGLIK BEDANK. DAAROM MOET HY EERDER VERPLIG WORD OM DIE RES VAN SY KONTRAK TYD WAT HY AGV SY EIE TOEDOEN NIE GEEER HET NIE, TE BETAAL. koko kon ook nie wag om baantjies vir boeties uit te deel nie. transparency kan oral en altyd wees as tender oop is vir die opposisie om dmv stemproses die tenders toe te ken.

jaco ·

dis mooi van COPE, maar hulle het weens allerhande leierskapsgevegte EEN parlementslid oor, so hulle gaan nie veel uitrig nie.

Koebaai ·

Siek land siek mense siek regering, siek hoofde van groot instellings, alles in die land is SIEK, alles gaan oor GREED, oor GELD, oor OMKOPERY~! Die VROTSTE bestuurders en CEO’s word met miljoene beloon, moenie HLAUDI vergeet nie . waar in jou lewe kwalifiseer jy vir ‘n R30 miljoen pensioen uitbetaling as jy beswaarlik 18 maande gewerk het? Goeie hemel mense, ons almal kan somme maak, mense wat 30 jaar werk kry nie eers naby aan daardie uitbetaling nie. Julle raak belaglik om hierdie CONNECTED ones so te beloon vir VROT werk, dis nou nie asof Molefe die CEO van die jaar was en ESKOM tot hoër hoogtes gelei het nie . maar wat help dit ons praat, ons belastingbetalers wie se geld GEMORS word, het geen se nie . so foeter maar aan tot alles teen die grond is .. Ons sal maar so saggies wegglip na ‘n land waar my KLEUR my nie ‘n teiken maak van MOORDENAARS en regeringsamptenare nie!

John ·

Molefe is nie lus om in parlement se sit en sy mond te hou nie. Sy ’tissues’ is ook al op… ver weg van sy geliefde sjebeentjie in Jo’ies. Hy verlang na die geldlaaitjie in sy lessenaar en sy foontjie se permanente lyn na die paleis… En die induna stem saam. Waar in die wereld bedank mens sommer so die eendag en val die volgende dag pens en pootjies in ‘n vorige job en pos weer die ou wat jou stoel warm gehou het? Hoeveel beloop laasgenoemde se aftree-pakket? Koop kerse mense ons gaan betaal… Wie is die Lynn Brown nou eintlik… dis nou voor sy in die pot botter beland het? Ons prez weet darem net hoe om moeilikheid op ons land se betaalstate in te ‘cut and paste’…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.