Molefe hof toe oor afdanking

Brian Molefe

Brian Molefe, wat verlede week uit sy pos as uitvoerende hoof van Eskom afgedank is, sleep nou sy voormalige werkgewer en minister van openbare ondernemings, Lynne Brown, hof toe.

Molefe sal Maandag ʼn dringende aansoek by die arbeidshof indien. In hierdie aansoek, waarin Eskom en Brown as respondente gelys is, voer Molefe aan sy afdanking was onwettig en moet dus ter syde gestel word.

Brown, as die Eskom-aandeelhouer se verteenwoordiger, het verlede week ʼn opdrag van die ANC uitgevoer om Molefe se heraanstelling as uitvoerende hoof van Eskom terug te trek. Die kragvoorsiener se raad het Molefe Vrydag amptelik afgedank.

Molefe is in November verlede jaar te midde van omstredenheid by die kragvoorsiener weg nadat hy in die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se staatskapingverslag onder verdenking geplaas is. Hy is daarna as ʼn ANC-LP aangestel, maar is in Mei onverwags weer in sy vorige pos by Eskom aangestel. Molefe se verduideliking hiervoor was dat hy foutiewelik op vroeë aftrede geplaas is wat hom geregtig maak op ʼn pensioenbetaling van R30 miljoen. Dié betaling is egter deur Brown geweier.

Brown het aan ʼn parlementêre komitee gesê sy was maande lank onder die indruk dat Molefe verlede jaar bedank het, maar het in April uitgevind hy het eintlik gevra om op vroeë aftrede geplaas te word.

Molefe het deurentyd enige verbintenisse met die invloedryke Gupta-familie ontken. Die familie, wat goeie vriende met pres. Jacob Zuma is, word daarvan beskuldig dat hulle hul invloed gebruik om verskeie staatsinstansies, insluitend Eskom, se bedrywighede te beheer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann Marx ·

Dis seker die beste tyd ooit in die geskiedenis van Suid Afrika om in ‘n regsberoep te staan? Daar is nie nou meer EEN enkele nuusberig waarin die “nuuswaardiges” NIE hof toe hardloop met hulle argumente nie? Wie betaal al hierdie regksostes?

J. van Rensburg ·

Sou dié “MENEER” nou onder die indruk verkeer dat hy – as “Gupta-begunstigde” kan maak en breek soos hy lus kry? Dieselfde Molefe wat ‘n paar jaar terug – toe hy nog hoof van Transnet was – aan die oud-spories gesê het: “Julle is op NIKS geregtig nie, want julle het onder apartheid voordeel getrek…” terwyl hy vergeet dat ongeveer 40% van hierdie oud-spories swart en Kleurlinge is. Hy het nog nooit ‘n graafvol kole in ‘n vuurkas gegooi nie; nooit bewegende onderdele gesmeer nie; nooit ‘n meter spoorlyn gelê nie; nooit in die guurste weerstoestande vir 30 minute rangeerwerk gedoen nie, maar dis die “MENEER” wat ‘n eregraad in Ingenieurswese van ‘n Skotse universiteit ontvang het… sou hulle dalk verwag het dat hy ‘n kinderdriewiel uitmekaar moes haal en weer aanmekaqar sit om te wys hy weet hoe die ding werk? Nee, hy is bekaf omdat hy nie daardie R30-m bonus kan kollekteer nie…. Foeitog – hoe gaan hy nou by die Saxonwold-Sjebien vir sy “tshwala” (of Johnnie Walker Blou) betaal????? Gwarrrr!

jaco ·

so molefe, wat lid is van die ANC, sleep vir Eskom, wat deur die ANC-regering beheer word en vir Minister Brown, wat lid van die ANC is, hof toe, terwyl die hof ook beheer word deur die ANC regering. So basies sleep die ANC vir die ANC hof toe. lekker absurd…

Nel ·

“…en ‘n huis wat teen homself verdeeld is val…” Luk11:17

Justice ·

Hoe oud is die knaap dat hy nou al op pensioen wil gaan? Daar is geen pensioenfonds wat in elk geval die groei van R30m kan regverdig / waarborg oor so `n kort periode nie ongeag sy reuse salaris by Eskom. Miskien kan hy aan die hof verduidelik wat sy vakansiewerk behels het waarvoor hy onder valse voorwendsels by die Parlement ingesweer is en R100k per maand betaal is as `n salaris ( let wel – nie verdien het nie) . Hy is seker `n probleem met daardie pensioen uitbetaling ook.

LMF ·

O genugtig ons land is n grap. Ja gaan gryp mekaar in die hof en ek sê ondersoek soma Brown se connection met gumpazzzzz ook

Cherokee ·

Nou het ek genoeg gehoor van die Guptas. Ek weet nie wie hulle is nie maar ek het hul aanbod finaal afgekeur. Sal hulle nou laat weet ek stel nie belang in hul voorstel nie en is tevrede met die posisie wat ek beklee.

Boetman ·

Ek is jammer ek plaas dit hier, MM julle sal julle hoofberigte vinniger moet aanvul en vervang. Daar is berigte wat al tot @ 2 weke nog op jul voorblad opkom. Die lesers soek vars en opgedateerde nuus. Netwerk 24 is hier ñ bietjie voor, maar ek geniet julle.

Janie Monsieur ·

Dagsê Boetman,
Dankie vir jou kommentaar, ons waardeer die terugvoer! Ons is jammer om te hoor oor die probleme wat jy ondervind, en ons sal graag wil help.

Indien jy ons App gebruik om die nuus te lees, is daar wel ‘n probleem waarvan ons reeds bewus is. Ons het tegniese probleme ondervind hierdie naweek, wat veroorsaak het dat ou berigte weer te voorskyn gekom het. Ons vra om verskoning hiervoor. Ons tegniese span het wel hard gewerk om die probleem op te los, en alles blyk nou weer normaal te funksioneer. Indien jy nie die App gebruik het nie, stuur asseblief ‘n e-pos aan [email protected] en verduidelik jou probleem. Ons tegniese span sal dit dan daar sien en dadelik aandag daaraan kan gee. Ons hoop dit sal sommer vinnig die probleem oplos, en dan kan jy weer lekker vars nuus saam lees!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Johan. H. ·

Hy sal klou soos stoelgang aan n wolkombers,. Hoop hy betaal sy eie regskostes. Wonder waar die parasiet nou ontplooie gaan word,,

Jaycee ·

Wat is besig om in SA aan te gaan? Wat se soort demokrasie het ons? Die land word nie meer deur die uitvoerende gesag regeer nie maar almal, selfs diegene wat deel is van die regerende party, hardloop hof toe om beslissings te bevestig. Lyk my niemand kan meer ‘n besluit neem wat nie uiteindelik op een of ander manier in die hof betwis sal word nie.

Bietjie bietjie ·

Dis net oë verblindery
Besig om aandag af te lei
Daar is vir hom gesê om so en so te maak hoor jy of …

Stem ·

Ek stem saamet jou. Maar eintlik is dit nie ‘n grap nie,grappe is lagwekkend,hierdie anc regering is ‘n tragedie.

Hennie ·

Molefe se aanstelling was ook onwettig. Hy moet maar vir hom ‘n kamer gaan huur by Zuma se Dubai paleis.

Mielie ·

En hy gaan wen. Dis n beplande klug. Eskom sal onvoorbereid en sonder bewyse opdaag. Ai ek haat dit as mense dink ons is stupid. Nee wag hulle gee nie om oor wat ons dink nie hulle is daar om te skep. Ons raak nou al so gewoond aan korrupsie soos misdaad. Ons kan niks daar omtrent doen nie.

Rasper ·

Dis mos n piesang land, almal dink ons is paw paws. Lynn Brown dink sy is slim en weet wat sy doen, sy moet die regskostes betaal, sy kry mos goeie pay, maar is sy haar loon werd. nee o nee n duisendmaal nee. So baklei almal om hul goeie goud wer posisies te behou, want waar ander kry hul sulke geld vir niks doen nie. Almal dink hul is slim en redeneer so uitstekend….maar ai so
D O M

Frik ·

Arrogansie verby. Sit en huil op tv en bedank en dan wil hy nou R30m hê. Meer as 80% van mense wat 40jaar en langer gewerk het kry maar net gemiddeld R3m as pensioen. Skandalig ANC terwyl 27% werkloos is en mense nog nooit so armoedig was soos nou nie

m ·

Hoeveel keer gaan hierdie knaap aangestel en dan weer afgedank word. Dis ook net in hierdie sirkus land wat so iets gebeur. Mens kan nie help om te lag oor alles nie…..

Leon van Rensburg ·

Ek is nou amper so deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartieboksie.

Eers onbetaalde verlof nou pensioen, wat is volgende siekverlof?

Rynhardt ·

Brian Molefe is ontsteld oor sy afdanking, want as jy R30miljoen ryk is, wil jy nog meer he! Is SA nie vir 23jaar n boewe-staat nie? Korruptes word oornag ryk.Lynne Brown moes ook lankal afgedank gewees het, want sy weet baie van Eskom se ongerymdhede af.Nou kry sy dit terug deurdat die skatryk, omstrede Molefe haar hof toe sleep!

SARIE VAN HEERDENS ·

Deesdae word daar links en regs gedagvaar en moet die regering bontstaan om al sy boetes te betaal vir sake wat hy verloor. Wie betaal vir al hierdie grappies? Waar kom al die geld vandaan? Jy lees nie meer van R1,000 hier en R10,000 daar nie. Bedrae word deesdae genoem wat ek nie eens kan SKRYF nie, ala Zuma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.