Die voormalige Eskom-hoof, Brian Molefe, se aansoek om verlof tot appèl is Woensdag vir die derde keer met ʼn bestraffende kostebevel van die hand gewys.
Dit volg ná Molefe op 1 November ʼn hersieningsaansoek ingedien het. Die hoogste hof van appèl in Bloemfontein het vroeër, op 5 Oktober 2018, Molefe se aansoek waarin hy teen die vroeëre hooggeregshof-uitspraak wou appelleer, met koste van die hand gewys.
Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van die Energiebedryf in Solidariteit, voer aan die feit dat Molefe se appèlaansoeke nog elke keer misluk het, is ʼn bewys dat hy geen kans op sukses het nie.
“Molefe dryf homself in ʼn hoek in ʼn poging om die gereg te omseil, en ʼn mens kan net so lank agter hofprosesse skuil,” het Reyneke gesê.
Die hooggeregshof in Pretoria het in April verlede jaar ook Molefe se aansoek om verlof tot appèl met koste van die hand gewys.
Molefe het op 31 Januarie verlede jaar dié aansoek om verlof tot appèl ingedien ten einde die hofbevinding teen hom te laat omkeer.
Die hof het aanvanklik op 25 Januarie verlede jaar bevind dat pensioenuitbetalings aan Molefe onregmatig was en dat hy die geld wat hy ontvang het, moet terugbetaal. Daar is beslis dat sy heraanstelling en pensioenuitbetaling van sowat R11 miljoen onregmatig was.
Die R11 miljoen is geld wat hy reeds ontvang het van die R30,1 miljoen-pensioenuitbetaling wat aan hom toegeken is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
33 Kommentare
HY hoort laaaaankal agter tralies te wees!As iemand anders die regering R100 sou skuld sluit hulle hom toe!
Hierdie wesens praat van miljoene soos ek van die paar sente in my beursie praat.
Maar waar is die persone wat R30 miljoen aan hom “toegeken” het? Moet hulle nie dieselfde sel deel nie?
PAY BACK THE MONEY! En sommer die rente ook …
PAY BACK THE MONEY …………… IT IS NOT YOURS !!!!!!!!!!!!