‘Molefe moet onder eed getuig’

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, Eskom

Die DA gaan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings versoek om Brian Molefe, hoof van Eskom, onder eed te laat getuig oor sy verhouding met die Gupta-familie.

Natasha Mazzone, woordvoerder van die DA, het gesê die party sal die komitee versoek om Molefe as ʼn saak van dringendheid te dwing om voor die komitee te verskyn “sodat hy die waarheid aan Suid-Afrika kan vertel” oor sy verhouding met die Guptas.

“Molefe het gerieflikheidsonthalwe probeer om die verdoemende onthullings in die openbare beskermer se staatskaping-verslag tydens mediakonferensies weg te verduidelik en het sodoende geen verpligting op homself geplaas om die volle waarheid en niks anders as die waarheid te vertel nie,” het Natasha Mazzone, woordvoerder van die DA, gesê.

Volgens Mazzone het Molefe die land mislei toe hy gesê het hy het nie die geleentheid gehad om op die staatskaping-verslag te reageer nie. “Die openbare beskermer se kantoor het bevestig hy het vrae ontvang en op skrif daarop gereageer. Indien hy onder eed sy leuen herhaal, sal hy ʼn wet van die parlement oortree en dit is ʼn kriminele oortreding.”

Mazzone het gesê, gegewe die ANC se “nuutgevonde, hoewel lank agterweë, belang om instellings soos die SABC verantwoordbaar te hou”, is sy vol vertroue hulle sal nie ʼn probleem met die versoek hê nie.

“Die parlement moet sy werk doen om verantwoordbaarheid te verseker vir die ongekende vlak van korrupsie wat in die staatskaping-verslag aan die lig gebring is. Die DA sal onverpoosd werk om te verseker dat dit gebeur en vinnig ook.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

ai tog ·

Die graag is: Glo hy aan God? Ek wonder altyd hieroor as mense onder eed getuig. As Jy nie bang is vir God nie Sal Jy mos maklik Kan lieg. Mense met ‘n bewese rekord van lieg, Sal dus nie noodwendig die waarheid praat onder eed nie. Ek weet ‘n poligraaf is nie 100% nie, maar miskien Moet hulle die “onder eed” en poligraaf opklits in die hof. Maybe dink hulle twee keer voor hulle so lieg!!

Jan ·

Lieg onder eed is ‘n misdryf. En onthou – die waarheid agterhaal die leuen tog wel. So as iemand besluit om onder eed te lieg is die risiko net soveel groter

E.K. ·

Jan: lieg onder eed gebeur gereeld in howe deur mense wat hul eie bas wil red. Die feit dat heirdie klomp aan skelmstreke deelgeneem het bewys hul het nie juis veel van ‘n gewete en dus beteken sweer onder eed niks vir diesulkes.

Just Saying ·

Lieg onder eed het nie veel met God te doen nie, alhoewel mens voor god sweer, so help me god. Wie worry oor n god as hy/sy bang is vir hom/haar? Wees bang vir die gereg en die tjoekie.

Koos ·

Die waarheid sal jy altyd onthou,maar as jy vandag lieg, sal jy more vergeet wat jy geliieg het, Daarom praat maar die waarheid en vat jou straf soos n man. Die cowboy huil mos nie voor sy perd nie.

zoom zoom ·

Hulle beskerm mekaar terwille van werk en geld en sal die onder hulle vertrap tov hulle self.

marlene ·

Vat genoeg tissues, wanneer die man in die hoek is, loop sy trane……..

André dT ·

Johannes 8:44 beskryf die Duiwel as die vader van die leun want hy het nie in die waarheid vas gestaan nie. Vandag het hy baie “Kinders” hier tussen ons.

neelsie ·

Hang n groot vraagteken oor die man se geloogwaardigheid.
Vandag se slagspreuk; Geloof, hoop en liefde en die grootste hiervan is geld!

Koos1 ·

Ek dink hy gaan nog lang trane huil, baie erger as dat sy kinders vertel gaan word dat hulle pa korrup is. Ek dink sy kinders gaan vertel word dat hulle pa vir die hele SA gelieg het.

Kan daar nie asseblief een politikus wat betrokke is in hierdie skandaal, opstaan en se: “Ja ek het dit gedoen, ek is jammer, ek sal my pak soos ‘n man vat en ek vra omverskoning.” die een wat dit se sal sy waardigheid behou, maar tans is dit alles ander se skuld en almal lieg om te probeer beter lyk, en al wat hulle regkry is om al hoe slegter te lyk.

Grietjie ·

Eed sal hom g’n beweeg om nie te lieg nie…ek dink nie hy kan die waarheid herken as dit hom aan sy alie byt nie…

Cherokee ·

Waarom sukkel julle so met herken en erken! Julle verstaan nie die verskil nie.

GES ·

Al wat onder eed beteken is dat hy strafregtelik vervolg gaan word as lieg.

corne ·

Wat gaan dit help om onder eed te getuig? Hy lieg net soos die res van sy broers in die regering wat al onder eed getuig het, kyk na Zuma ,staan met sy hand op die Bybel en dan lieg hy oop ……

Manie ·

Hier het ons vir wolf in skaapklere. Huil vreeslik op TV as hy voor stok gebring word. Hy huil nie so baie as hy vir homself daardie groot bonus gee elke jaar. Hy het net mooi niks te doen gehad of gedoen om beurtkrag te verminder by Eskom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.