Molefe petisioneer na hoogste hof van appèl

Brian Molefe Foto: ANA

Brian Molefe, die voormalige hoof van Eskom, het teen die uitspraak van ʼn volbank regters van die Noord-Gautengse hooggeregshof, dat sy pensionuitbetaling onregmatig was, gepetisioneer.

Die petisie is Dinsdag by die hoogste hof van appèl in Bloemfontein beteken.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het die vakbond reeds sy regspan opdrag gegee om die petisie teen te staan.

“Ons is ongelooflik teleurgesteld in mnr. Molefe se besluit om te petisioneer. Hy het belastingbetalers se geld onregmatig ontvang. Met die besluit het hy weereens ʼn karaktertoets gedop,” het Hermann gesê.

Hermann het gesê Molefe misbruik die regbank om nie die geld, wat hy op ʼn bedrieglike wyse bekom het, terug te betaal nie.

“ʼn Kultuur is besig om in Suid-Afrika te ontwikkel waardeur hooggeplaastes die howe gebruik om verantwoording vry te spring,” het Hermann gesê.

“Ons sal die petisie beslis opponeer en vir ʼn verdere kostebevel teen hom vra,” het Hermann gesê.

Die hooggeregshof in Pretoria het in April Molefe se aansoek om verlof tot appèl met koste van die hand gewys nadat die hof aanvanklik bevind het dat pensioenuitbetalings aan Molefe onregmatig was en dat hy die geld wat hy ontvang het, moet terugbetaal.

Molefe het op 31 Januarie sy aansoek om verlof tot appèl ingedien ten einde die hofbevinding teen hom te laat omkeer. Die bevinding was dat hy die geld wat hy reeds deur ʼn onregmatige pensioenuitbetaling van die kragvoorsiener ontvang het, moet terugbetaal.

Dié hofuitspraak wat op 25 Januarie gelewer is, het beslis dat sy heraanstelling en pensioenuitbetaling van sowat R11 miljoen onregmatig was.

Die hooggeregshof in Pretoria het beslis Molefe is nie geregtig op enige pensioenvoordele van die kragvoorsiener nie en moet daarom die geld terugbetaal wat hy reeds ontvang het van die R30,1 miljoen-pensioenuitbetaling wat aan hom toegeken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Lyk my nie die Zumaikie verstaan sy dae… EN INS GELD… is getel nie? Dom astrante vermetelheid! NIG regskostes PLUS rente ip die uitstaande bedrag van die dag wat hy dit gevat het!

En is hy steeds in een of ander Weermag pos?

willie ·

Wat noem jy dit anders as dik vellig en vraatsugtig verby! Ons belastinggeld!

Oom Kalahari ·

Oneerlikheid moet mos omskep word na eerlikheid. Hy hoop die Comrades gaan ‘n ander uitslag deurgee. Sy terugslag en geld skep kan hy net nie verloor nie en solank hul daar kan bly en veg rol die note in. Soms tot jare geskors (Sekere Regter) maar ontvang volle salaris, bonusse en voordele. Dit gaan te lekker, maar die koek raakal kleiner soos elkeen wil skep. As jy nou in Bloemfontein weer verloor Brian, gaan jy dit aanvaar of weer in trane uitbars? Take the punch and pay back the money.

snoefie ·

elke dag raak meer blankes werkloos. julle gaan … die fan sien strike die dag as dit swart belastingbetalersgeld is wat so vermors word. pay back the money! wat van die persoon wat hom die onregmatige pensioen toegestaan het?

Jerry ·

Molefi is n sprekende voorbeeld van transformasie se regstellende aksie wat gelei het tot korrupte swartbevoorregting. Daar is dus nog baie van sy soort wat in die kas wegkruip

Hendrik ·

Die kolonel sal moet gaan werk as hy die appel verloor. Ek glo onder die BEE , ‘affirmative action’ en raskwotas beleide dat hy maklik werk sal kry.

GM ·

So hartseer, hy kry R30.1 miljoen pensioen, en by sekere ander maatskappye werk ‘n man vir meer as 35 jaar vir dieselfde maatskappy, en sy pensioen staan maar op een punt iets miljoen, waarvan belasting ook nog afgetrek gaan word. En die ‘fat cats’ skep net oral.

Ella ·

@ GM stem saam met jou.
Ek het 22 jaar by een plek gewerk. Met R1500 pm begin. Met R13000 opgehou.
My pensioen geld was soos jy hierbo noem. Ek ys as rentekoers verlaag word.
Werk vir n afgetredene wat nog kan werk is so skaars soos hoendertande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.