Molefe sê hy sal betaal

Brian Molefe. (Foto: ANA)

Brian Molefe, voormalige Eskom-hoof, se prokureurs het Vrydag ’n skrywe aan Solidariteit gerig waarin hulle 30 dae uitstel vra vir die terugbetaling van die R700 000 wat Molefe aan die organisasie verskuldig is.

Dit volg nadat Solidariteit die balju opdrag gegee het om voort te gaan om op Molefe se eiendom beslag te lê.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, voer aan dat 30 dae onnodig lank is om die geld terug te betaal en dat Solidariteit in ’n skrywe aan Molefe gekommunikeer het dat hy slegs sewe dae het om die geld oor te betaal.

Intussen het die Eskom-pensioenfonds ook aan Solidariteit gesê dat hulle Molefe tot 22 Augustus 2019 kans gee om die sowat R10 miljoen wat aan die fonds verskuldig is, terug te betaal. Die fonds het ook aan Solidariteit gesê dat indien hulle nie die geld ontvang nie, hulle aggressiewe (“vigorous”) regstappe sal instel om die geld van Molefe te verhaal.

“Vir Solidariteit gaan dit suiwer oor verantwoordbaarheid. Geld kan nie deur belastingplunderaars geplunder word en dan stap hulle skotvry daarvan weg nie,” het Hermann gesê. “Ons vertrou dat die druk wat ons op mnr. Molefe geplaas het, ’n waarskuwing vir ander belastingplunderaars is. Hulle sal verantwoordbaar gehou word vir hul onregmatige aksies en hulle sal nie langer agter hofprosesse kan wegkruip nie.”

Solidariteit het ook aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geskryf om hulle te noop om wel met die vervolging van Molefe voort te gaan. Indien hulle in gebreke bly om dit te doen, sal Solidariteit advokaat Gerrie Nel van AfriForum se privaat vervolgingseenheid inspan om “belastingplunderaars soos Molefe” aan die pen te laat ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jz ·

hoop hulle ondersoek waar die R 700,000 so maklik gekry kan word waar vandaan dit kom.

Frikkie Fereira ·

Onthou dit was harde werk om Eskom te kry waar hy vandag is. Brian het 2015/2016 amper R10 miljoen in salaris en bonusse “verdien”. Behalwe vir hierdie groot salaris het hy ook later meer as R4 miljoen se aandele gekry vir sy harde werk.

Lolla ·

Hy het seker ‘n 30 dae belegging daarom vra hy vir 30 dae, maar ek dink hy het niks meer van die geld oor nie/

Chris du preez ·

Hy wil eers wag dat daai 10miljoen hierdie nog rente loop en dit dan gebruik om afriforum met eskom se geld te betaal.

Deloris ·

Hy moet maar afkyk en van sy Baie eiendomme verkoop wat miljoene gekos het…

lewies ·

Mnr. Brian Molefe was ‘n werknemer van die staat wat direk verandwoordelik was vir sy aanstelling in hierdie pos. Die staat was in hierdie geval die werkgewer, wat moes vasstel of die individu die verantwoordbaarheid besit om in hierdie belangrike pos aangestel te kan word.

Bogenoemde persoonseienskap vorm deel van ‘n individu se werkswaardes en is vandag ‘n meetbare entiteit. Watter moeite het die staat as werkgewer gedoen om vas te stel of Molefe die aangewese persoon is om in die pos aangestel te word.? Volgens die uitkoms van hierdie hele Escom -fiasko is die basiese beginsel van evaluering nie nagekom nie. Die onverantwoordelikheid en traak-my-nie-agtige houding van ‘n werkgewer is ook van toepassing op alle ander mislukte aanstellings waar belastinggeld vermors word. Die ANC se metode van aanstelling en die nie wetenskaplikheid waarmee hulle die prosesse hanteer, maak hulle self stuldig aan dieselfde oortreding. nl. die gebrek aan verantwoordbaarheid. Weet hulle dat daar wetenskaplike Inventarisse is om die pasbaarheid van ‘n persoon in ‘n spesifieke pos te evalueer? Dit lyk vir my of hulle raaiwerk doen.

Sterkte met die reuse en menslik gesproke onmoontlike taak waarmee julle tekampe het. “GEREGTIGHEID SAL SEEVIER” dis net ‘n kwessie van tyd.

Adri ·

Die wetenskaplike meetprosedures is mos nou weer kolonialisties metodes, onthou jy? Hulle gebruik ander norme in die oorweging van ‘n aanstelling: is hy ‘n kader, ‘n struggle-held, ‘n AenSee-lid, ens. Ongelukkig is ons regstelsel ewe ver van die bewese, wetenskaplike metodes van aanstellings af en kan jy geen ondersteuning uit daardie oord verwag nie. Verantwoordbaarheid verval dus omdat dit nie strook met hulle norme nie.

Mariaan ·

Dankie Solidariteit vir jul harde werk! Sonder julle sal ons volkie nog eers verlore wees.

Arno ·

Hkm het hy 30 dae nodig? Hy het baie meer as net 10 mil in die bank. Almal vergeet hy het n 30 mil “Golden Handshake” gekry. Hy moet tronk toe soos enige ander persoon wat aan bedrog skuldig is. Maak van hom solank n voorbeeld. Hy moet meer as net die 10 terug betaal. Wat van al sy tjommies wat almal miljoene saam met hom gevat het? Se maar net

Rubber ·

Hoop oom Molefe kan betaal voor die krag finaal afgaan. Grootste rooftog nog. 440 biljoen rand en steeds is den einde niet.

George ·

\Wonder maar net hoeveel rente het al daardie gelde al vir hom in die sak gebring?

aj ·

Sy bates is lankal landuit geskuif na Dubai ensovoorts. Dink julle hy is dom?

Hy gaan bankrot pleit … en dan aanbied om R50 per maand terug te betaal … oor ‘n 150 jaar.periode!
…. ha … ha ….

Gert van Wierdapark ·

Ou kroko-diltraan moet BEHOORLIK ondersoek word deur Solidariteit! Ook vir sy tyd by Transnet!! Finish en Klaar

Cherokee ·

aj, jou ..ha..ha.. sê genoeg. Ek het dae gelede, nie in ‘n forum maar in ‘n werklike situasie vir iemand ge’ha..ha.. omdat hulle sulke ouvrou stories glo.

lewies ·

Adri, Jy is reg dit is die realiteite waarmee ons gekonfronteer word. Moeilik om te aanvaar dat tyd nie eers meer aan ons kant is nie, veral as ons die blootstelling aan eerste wereldse kennis sien plaasvind (skole en Universiteite). Miskien is ek naief, maar as dit ‘n kwessie is dat hierdie blootstelling die teenoorgestelde uitwerking op die psige het en tot raserny aanleiding gee, het ons baie grooot probleme.

Niklaas ·

Knap gedaan Solidariteit. Vraag is net of hy speel vir tyd of net die stof wil laat afsak en ook hoop dat sy belofte geglo sal word en die skuld betalings telkens net verder uitgestel sal word tot als hopelik vergeet word ! Ek wil eers sien voor ek glo…

stoney ·

Ek wil graag weet wie het die berekening gedoen vir die uitbetaling en wie het dit gemagtig? Sulke groot bedrae behoort ge-oudit te word voor betaling. Dis só maklik om 2 nulle aan te las!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.