Molefe weer sy pos kwyt

Brian Molefe

Die regering het opdrag gegee dat Brian Molefe se heraanstelling as uitvoerende hoof van Eskom teruggetrek word.

Die regering het met sy aankondiging toegegee dat Molefe skade aan die kragvoorsiener en Suid-Afrika se beeld aangerig het.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê sy het met Eskom se raad vergader en opdrag gegee dat Molefe uit sy pos verwyder word. Dit volg nadat ʼn interministeriële kommissie die omstandighede rakende sy heraanstelling vroeër vandeesmaand ondersoek het.

Brown het gesê sy sal binne 48 uur ʼn waarnemende hoof vir Eskom aanwys. Sy het gesinspeel op die moontlikheid dat Eskom se raad ook die deur gewys kan word oor die debakel rakende Molefe se heraanstelling. Brown het egter gesê sy sal wag tot ná Eskom se jaarlikse algemene vergadering wat oor drie weke plaasvind. Sy het gesê sy sal nie voor dan optree nie, omdat sy nie nog wisselvalligheid in die geldmarkte wil veroorsaak nie.

Brown het gesê dit is nie tans duidelik of Molefe ʼn diensbeëindiging-uitbetaling sal ontvang nie. Sy sal wel die kwessie met die raad bespreek.

Molefe is in November verlede jaar te midde van omstredenheid by die kragvoorsiener weg nadat hy in die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se staatskapingverslag onder verdenking geplaas is. Hy is daarna as ʼn ANC-LP aangestel, maar is twee weke gelede onverwags weer in sy vorige pos by Eskom aangestel. Molefe se verduideliking hiervoor was dat hy foutiewelik op vroeë aftrede geplaas is wat hom geregtig maak op ʼn pensioenbetaling van R30 miljoen. Dié betaling is egter deur Brown geweier.

Die ministeriële komitee het Woensdag gesê daar was ander maniere waarop die administratiewe foute rakende Molefe se kontrak reggemaak kon word eerder as om hom weer aan te stel. “Die besluit wat geneem is, is ʼn jammerte,” het Malusi Gigaba, minister van finansies, gesê.

“Die gebeure van die afgelope drie weke was pynlik op verskeie maniere … Indien die raad die onreëlmatighede rakende die uitvoerende hoof se bedanking of aftrede wou uitsorteer, kon hulle dit administratief gedoen het sonder om daardie besluit te geneem het. Dit het die regering baie skade berokken en vir Eskom self baie reputasieskade veroorsaak. Dit het ook skade aan die raadslede se naam veroorsaak.”

Gigaba het beklemtoon die besluit wat deur die regering geneem is, wil Molefe geensins in ʼn slegte lig stel nie. “Hy is baie bekwaam. Hy het homself met talle van sy vorige verantwoordelikhede bewys. Ons glo hy het steeds ʼn reusebydrae om tot die land te lewer, op watter manier dit ook al mag wees.”

Gigaba het gesê daar is geen besluite geneem of enige planne gemaak om Molefe elders aan te stel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Mielie ·

Bekwaam?…..om korrup te wees ja. Hy behoort nie weer vir enige instelling te werk nie. Guptas ja…..

snoefie ·

kan ons nie asb die selfoon en tablet vervaardigers hof toe neem oor die raakskerm gemors wat letters en woorde na willekeur verandet en ape van ons maak nie?

Vra net. ·

Gaan hy bekwaam genoeg wees as om af te tree? Of gaan dit ook ‘n gemors wees?

Jakobus ·

Genaaaade, en as Gigaaaaba, Moleeefi se goeie kwaliteite so besiiiiing, waaaarom het hulle hom dan nou al weeeer afgedank?

Piet Pompies ·

Hierdie gereelde trekkery tussen kantore is sekerlik nie ‘n problem want die bokse van die vorige trek is seker nog nie uitgepak.
Vriende van ons op die platteland het al so baie getrek, as daar ‘n trek voertuig in die straat verbykom gaan lê die hoenders vanself op die sy en wag dat hulle bene vasgebind kan word.

Leendert ·

Lê die hoenders nie ook nog op die grond met die bene vasgebind nie?

Piet Pompies ·

Ek en my vrou sê dieselfde deng (ding), hier by ons is Pakiestaners en die going rate is R60 per kop, ek sal dit sponsor sonder ‘n bribe…

Johann ·

Gigaba, die groot beeldpoetser, voorryer, agterryer, vriend, altyd positief, sien niks kwaad nie, hoor niks kwaad nie, almal is een groot gelukkige familie nou dat HY MinFin is. Moenie worrie nie, als is reg, die Guptas onder beheer en MinFin was op die raad wat Molefe gefire het.

C+T ·

Brown sinspeel op die Raad wat ook die deur gewys kan word. Wanneer word sy die deur gewys?

Eps ·

Ek hoop sy volgende ontplooing sal in die tronk wees. Hoop Zuma volg ook dieselfde pad.

snoefie ·

kan ons nie asb die selfoon en tablet vervaardigers hof toe neem oor die raakskerm gemors wat letters en woorde na willekeur verandet en ape van ons maak nie?

Pendoring ·

Snoefie, ‘n swak ambagsman blameer altyd sy gereedskap. Leer hoe om jou tablet reg op te stel en te gebruik.

Frederik ·

Ja, Pendoring, ek het ook al gewonder of dit die tabletvervaardiger of Snoefie self is wat ‘n aap van hom/haar maak. So na die kommentaar gekyk, dink ek dat die tabletvervaardiger vir eers uitgeskakel kan word as ‘n moontlike verdagte.

Johann ·

Hoe gaan daai liedjie van Bony M nou weer … Ring, ring ring, of is die nou girl in the ring, tra-la-la-lala. Een groot gelukkige familie.

Shrek ·

Papa Action hou van Aksie as jy jou vir n toffie uithaal sal jy gesuig word. Fire! vir Lynn Brown ook sy was n voorstander van sy héraanstelling

LMF ·

So sê ek ook sal like om te weet wat haar bankbalaans is seker dat die Guptas vir haar ok sorg

Anoniem ·

Hopelik keer hy nie nou weer terug na die Parlement nie! Hoop sy pap val nou op die grond.

marous ·

Die spul laat Dallas soos ‘n kinderkrans piekniek lyk…

Johann ·

En die Kardasians is darem ook nog in die tel, al is dit so ‘n ent weg.

nhk ·

Wel…soos die regering van ministers ….amptenare verander ..moet n mens die ligte helder oordag aan sit net om te kyk wie is waar en wat…..eish

Johann Marx ·

Hy gaan aangestel word as Minister van Finansies, net sodra die huidige string e-posse dit warm maak vir Gigaba….wat dan ‘n ambassadeurs-pos gaan kry in ‘n ander land….sodat hy kan begin huis soek vir Nammawan en sy gevolg….wat gaan vertrek na sy termyn sodat hy uit die tronk bly…..en sy opgegaarde miljarde kan geniet….. Brian gaan dan die ekonomie stimuleer uit sy shebeen-kantoor in Nothwold….en standbeelde oprig vir Nammawan dwarsoor die land.

al ·

Hy het nie ñ sterk persoonlikheid nie – hy lyk of hy opgebottel is van emosie. Indien zums hom in die koue uitskop, kan hy dalk die beans spill op staatskaping. Dalk kan hierdie swak skakel tot voordeel gebruik word as getuie.
Indien hy in die koue beland, sal hy seker nie meer sy luukse lewe en R13milj huis by Hartebeespoortdam kan bekostig nie?

LeRoy ·

Klink soos David Essex se liedjie “Oh what a circus”…

mielie ·

hy het meineed gepleeg toe hy n parlementslid was…. alle geld, toelaes ens wat hy ontvang het moet terug betaal word want dit is bedrog….

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek is al heeltemal deurmekaar met al die misdaad/bedrog gepleeg deur “verantwoordelikes” wat die land bestuur en regeer. Ag, hoe verlang ek trug na vanslewe se tyd toe daar orde in ons land was. Hierdie is nie meer my land nie. Elkeen wat te lig in die broek gevind word om sy werk openlik en eerlik te doen kry die Goue Handdruk van miljoene rande terwyl oumense en kinders vergaan van honger en koue in die winter. Mens kan amper bid en vra WAAR SAL MY HULP VANDAAN KOM?.

SARIE VAN HEERDEN ·

As ek nie my huiswerk kan doen nie kry ek ‘n huisbediende. As ek nie my tuinwerk kan behartig nie, kry ek ‘n tuinwerker. As ek nie meer my motor kan bestuur nie kry ek ‘n gelisensieerde motorbestuurder. Deesdae word mense in belangrike poste aangestel met nie eens matriek nie, maar omdat hul die ‘”possibilities” het om wel die werk MISKIEN te kan doen. Kyk terug na ons vorige kabinetslede en wys vir my net EEN wat sy kwalifikasies onder ‘n boom in die veld gekry het of net standerd tien om President te word. SKANDE/SIES

SARIE VAN HEERDEN ·

KORREKSIE VIR KOMMENTAAR HIERBO. STANDERD 10 moet lees: STANDERD 3.

Niccy ·

Wat van Lynne Brown wat hom weer aangestel het. Hoekom word sy nie ook in die pad gesteek nie? Almal is korrup by Eskom. Soos ook Zuma korrup is. Asseblief mense SA is ‘n regte piesang republiek.

Robert ·

En met wie gaan hulle vervang word? Ek kan nie meer glo daar is eebare kandidate nie. (Let maar op daar is ook geen blanke persone meer in magsposisies nie.) Die hele Eskom raad saam met Lynne Brown word ook deur die Guptas gemanipileer , dit is hoekom hulle hom die geld aangebied het. Op een of ander manier sou hulle gebaat het daarby. Die hele spul behoort afbetaal te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.