Molefe wil appelleer; luukse eiendom onder die hamer

Brian Molefe. (Foto: ANA)

Brian Molefe, voormalige Eskom-bestuurshoof, se regspan het aansoek om verlof tot appèl gedoen teen die hofbeslissing dat hy nagenoeg R10 miljoen aan Eskom se pensioen-en-voorsorgfonds (EPPF) moet terugbetaal.

Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër die maand beveel dat Molefe R9 985 540,64 moet terugbetaal nadat die verhoor in Maart plaasgevind het.

Daar is in 2018 bevind dat Molefe persoonlik betrokke was by die onwettige toekenning van pensioengeld ten bedrae van R30 miljoen, waarvan R10 miljoen daarvan aan hom persoonlik uitbetaal is.

Die EPPF het gesê hy sal Molefe se aansoek teenstaan. “Die EPPF glo dat daar geen meriete is in Molefe se appèlaansoek nie, en dat dit ’n poging is om die implementering van die hofbevel te vertraag,” het Shafeeq Abrahams, hoofbeampte van die fonds, gesê.

Luukse eiendom op openbare veiling aangebied

Dit het intussen aan die lig gekom dat Molefe se luukse eiendom in die Legend Golf & Safari Resort naby Mookgophong in Limpopo, vroeër vanjaar op ’n openbare veiling aangebied is ná ’n hofbevel.

Die eiendom van 4 746 m² sou luidens ’n kennisgewing in die Staatskoerant op 22 April opgeveil geword het na ’n hofbevel wat Standard Bank in November bekom het.

Volgens die kennisgewing het die agterstallige tariewe en belasting op 31 Januarie R483 633,72 beloop terwyl die agterstallige heffings op 1 Maart reeds R142 630,36 beloop het.

Die huis het vyf slaapkamers en vyf badkamers, aldus ’n balju‑kennisgewing.

Dit is nie duidelik of die huis wat volgens mediaberigte R8,5 miljoen werd is, wel toe opgeveil is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wondermaarnet ·

Vekoop maar wat jul kan voor hy dit self verkoop en die geld op ander se name sit om dit weg te steek.

Heinrich ·

Net so, en kyk maar onder die rusbank se kussings ook…

Witbaard ·

Ek sal ook graag wil weet wat die nuwe kader- eienaar daarvoor betaal het.

marius ·

Het hy nie ‘n korporaal geword na sy goue handdruk nie ?

Jr ·

Van die Zuma akademie – goed opgelei. Het n distinction in Taktieke om n hof te vertraag 101

SjN ·

Hoekom so lank wag, was dit nie n hofbevel dat die tranetrekker dit moes terug betaal het nie, speel weereens vir tyd.

Di ·

“PAY BACK THE MONEY” – Trane kom vir jou te laat. Daar is TE VEEL ANC SKELMS in hierdie land.

domheks ·

Nog ‘n kader deur CR se opleiding om te lieg en bedrieg! maw KADERONTPLOOING. En CR het almal ‘gekeur’
Skandalige cANCer! Nou is CR so hoog heilig!

Johann ·

Tipies. Kry finansiering om saam die super rykes in weelde te leef en die beeld te hê, maar betaal bloot nie! Eie aan the people karakter. Verstaan net nie hoe hy honderde duisende rande agter raak voor hy aangevat word nie? Of het dit te doen met sy van en selfaangewese mags posisie?

goodCOP ·

Jy kom uit ʼn shack so jy kan weer terug keer. So val die kaders een na die ander. Die wiel draai stadig maar seker

Nie Verbaas ·

Hoop hulle vernietig die skelm gemors tot niks. Van troontjie tot asblik.

JohanR ·

Surprise surprise hy wil appelleer. Is dit met belastingbetalers se geld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.