Molefe wil hof toe oor Prasa-besluit

Foto: Flickr/GovernmentZA

Foto: Flickr/GovernmentZA

Popo Molefe het Sondag aangedui dat hy ʼn dringende hofaansoek sal indien om Dipuo Peters, minister van vervoer, se besluit om Prasa se direksie te ontbind ter syde te stel.

Peters het Woensdag onverwags die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se direksie ontbind. Molefe was die voorsitter van die direksie. Molefe beskuldig die minister daarvan dat sy die raad ontbind het om ʼn ondersoek na verkwistende en onreëlmatige besteding van sowat R14 miljard te keer.

“Die minister se optrede meng in met die voortdurende ondersoeke by Prasa en is moontlik ʼn poging om die suksesvolle uitkoms van die ondersoeke te belemmer. Die verwydering van relevante direkteure bedreig die grondwetlike beginsel van wetlikheid, die bedrywighede in Prasa, die waardes van deursigtigheid en die voortgesette lewensvatbaarheid en finalisering van die Prasa-ondersoek.”

Peters het die direksie ontbind enkele dae nadat sy gedwing is om Collins Letsaolo, voormalige waarnemende groephoof van Prasa, af te dank ná bekgevegte tussen hom en die raad. Daar is onder meer berig dat Letsaolo homself ʼn verhoging van 350% gegee het.

Molefe sal na verwagting Dinsdagoggend die aansoek indien. Daar is reeds verlede jaar berig oor spanning tussen hom en Peters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jos ·

Sal nie verbaas wees as die jz kader ministers inmeng in die instansies nie. Kyk maar na SASSA en SAUK. Dit is sy wat Collins Letsaolo aangestel het. Die korrupsie sal nooit end kry nie solank daar jz kader ministers in beheer is nie.

John ·

En… wil Prasa maar net aangaan op dieselfde trant? Mijarde gemors en pensioentrekkers gaan dood van ellende, maar watwo! Die enigste minister onder die spul. Ons hoop die aansoek tref die speke… en die gemors stop.

AL ·

So word kosbare belastinggeld gesteel, wat die arm mense in SA kon bemagtig. Maar die wittes word uitgeskel as ‘ryk’ en dis kamstig onskuld dat miljoene mense arm en swaarkry!
ANC politiek op sy vuilste!

Janee ·

Ek hoop vir ‘n voordelige uitkoms vir jou Mnr Molefe en dat dié wat korrup is met die binnekant van ‘n tronk kennis gaan maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.