‘Molesteerder’ het haar laat modelleer, getuig leerder

ʼn Tienjarige meisie van die AB Xuma Primary School in Soweto het Maandag voor die hooggeregshof in sitting in Palm Ridge getuig die skoolveiligheidsbeampte Johannes Molefe, wat van die verkragting en molestering van tientalle leerders beskuldig word, het haar voor hom laat paradeer voor hy haar en nog ʼn meisie na bewering betas het.

Die gr. 4-leerder het aan die hof gesê die modellering en daaropvolgende beweerde molestering het op verskillende dae tydens hul middagetepouse gebeur.

Drie aanklagte van verkragting en 11 van seksuele aanranding staar Molefe in die gesig

Drie aanklagte van verkragting en 11 van seksuele aanranding staar Molefe in die gesig weens dade wat hy na bewering in 2017 gepleeg het.

Die tienjarige het gesê sy het haar onderwyseres van die voorval vertel, wat op haar beurt vir die skoolhoof, Maria Mthimkhulu, daarvan gesê het. Die leerder het getuig die skoolhoof het die onderwysers gevra om al die kinders wat beweer het Molefe het hulle gemolesteer, in die rekenaarlokaal bymekaar te kry.

Die verdedigingsprokureur, Lumka Xoxo, het op teenstrydighede in die kind se getuienis gewys en gesê haar vriendin het vroeër getuig sy het nie gesien dat Molefe aan haar bors vat nie en dat die voorval binne-in die waghuisie gebeur het, nie daaragter nie.

Xoxo het dit aan die tienjarige gestel dat die beskuldigde, na wie die leerders as “Mkhulu” verwys het, die aantygings ontken dat hy haar betas het. “Ek sê Mkhulu jok,” het sy teruggekap. “Hy kan die hele skool vra.”

Die verhoor duur voort. Die volgende getuie sal na verwagting in camera getuig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Neels ·

Mooi so dogter moet nie dat n prokureur of iemand oor jou loop nie. Staan op jou regte , die molesteerders en hulle regsverteen woordigers wil altyd die klaer diskrediteer. Staan op jou woord van eer moet jou nie laat intimideer nie

Alida ·

Hy is reeds skuldig kry net klaar. Hy mag nie buite rondloop nie

Alida ·

Hy is reeds skuldig kry net klaar. Hy mag nie buite rondloop nie

Sieg ·

Dit is sieklik hang die ding. Sny eers alles af ontman die siek ding.

Frikkie Geld en huis ·

Die kommentators darem. Hul het reeds die man skuldig bevind.
Daar was aanvanklik 140 dogters wat gekla het dat die beskuldigde hulle verkrag of betas het, maar nou is daar net 11 oor. Waar is die ander 129 ?? Hulle leer lieg van kindsbeen af en ondersteun mekaar in die leuens.

Philip ·

Waar daar ‘n rokie is daar ‘n vuurtjie. Haal om uit die samelewing hy is niks werd nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.