Molestering by skool: Getal slagoffers styg

Argieffoto

Die getal leerders aan ʼn Gautengse laerskool wat glo daar deur ʼn veiligheidswag seksueel aangerand is, het weereens gestyg.

Daar is teen Maandag vermoed 54 kinders is aangerand. Teen Donderdag, ná ʼn ondersoek deur die polisie en Gautengse departement van onderwys van stapel gestuur is, het die departement gesê altesaam 83 kinders was glo slagoffers. Die departement het intussen gesê die syfer het tot 87 gestyg.

“Dit is teleurstellend om steeds sulke ontstellende inligting te ontvang van ons amptenare wat hard werk om die nodige berading by die skool te doen,” het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die departement het die skoolhoof en bestuurspan van AB Xuma Primary School in Soweto Donderdag met onmiddellike inwerkingtreding afgedank nadat ʼn ondersoek oor seksuele aanrandings vandeesweek van stapel gestuur is.

ʼn Veiligheidswag van die skool is Maandag in hegtenis geneem in verband met die seksuele oortredings. Daar is aanvanklik vermoed 54 kinders is aangerand, maar dit het intussen aan die lig gekom dat altesaam 83 kinders glo slagoffers was.

Die veiligheidswag het Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn en moet op 18 Oktober weer in die hof verskyn.

Lesufi sal Sondag met die ouers en voogde by die skool vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

bosvarkie ·

Samelewing word net sieker en sieker…. Wat word nou van daai kinders….?

Oom Piet ·

Hoe is dit moontlik dat die man soveel kinders kon molesteer en niemand het agter gekom nie.

Ekse ·

Ek sê nog steeds: hoe weet hulle? Kinders ondersoek? In die saal gevra ‘steek hande op’? Die ware getal gaan weer daal as jy my vra.

Adam ·

Hierdie betrokke skool se hoof het gese die kindertjies is aandadig daaraan.Sy wil net haarself beskerm en voel vere vir die kinders.Dis tog so duidelik as daglig!

Robert Stoltz ·

En dan is die regering besig met n heksejag op funksionele, wit-skole. Kyk watter gemors gaan aan by die swart- skole.

Dis hoe dit is ·

Baie tragiese voorval.

Dit laat mens wonder oor die waarheid van Regter Mabel Jansen se gevolgtrekking oor die siening van vrouens /meisies se status in hierdie kultuur.

Die onlangse Kurumanse Bothitong High School insident, waar 30 skooldogters deur onderwysers swanger gemaak is, o.a. onderstreep hierdie kulturele feit.

Die voorkoms van sulke insidente is baie wydverspreid in historiese swart skole.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.